Artikels

Subscribe

Omsendbrief 6/2023

Administratief
February 13, 2023

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. André Vorster. Ons bid vir vertroosting en dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader.


Lees meer


Omsendbrief 4/2023

Administratief
January 30, 2023

Neem asseblief kennis van die tussenverkiesing. Volgens regulasies kan ‘n ouer net op ‘n beheerliggaam dien vir so lank sy / haar kind ‘n ingeskrewe leerder by die skool is. Dit laat ons met twee vakante poste op die beheerliggaam met Mr. H Bronkhorst en Dr. L Scholtz wie se kinders in 2022 gematrikuleer het...


Lees meer


Omsendbrief 3/2023

Administratief
January 23, 2023

Ons beheerliggaam het tydens die begroting fondse geallokeer ten einde elke leerder van H/S Pretoria-Noord hiervoor te registreer. H/S Pretoria-Noord sal vir 2023 weer deel van SOS se Wolkskool wees. Wolkskool het reeds 25 vakgebiede oor al die grade om hand aan hand met die departementele sillabus ondersteunende aanlyn- onderrig te voorsien. Vind asseblief volledige inligting hoe om gebruik te maak van die Wolkskool op die aanhangsel.


Lees meer


Omsendbrief 2/2023

Administratief
January 16, 2023

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser. Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.


Lees meer


Omsendbrief 35/2022

Administratief
November 22, 2022

Dankie vir ons ouers wat bygewoon het. Skoolgelde vir 2023 is goedgekeur vir R 21 670-00 per leerder per jaar en kan ook vanaf Januarie 2023 in elf paaiemente van R 1970-00 per leerder per maand betaal word. R 500-00 afslag sal gegee word aan ouers wat voor of op 28 Februarie 2023 vol betaal het.


Lees meer


Omsendbrief 34/2022

Administratief
October 31, 2022

‘n Geleentheid vir u om u kind se 2022 skoojaar verewig vas te vang in die skool se fotoblad van plus minus 80 kleur glansbladsye met foto’s van al ons skoolaktiwiteite met gepaardgaande berigte. Die blad is van koffietafel gehalte en kos slegs R 100-00 per eksemplaar. Bestellings met betaling sluit op 30 Oktober 2022. Leerders bestel en betaal die blaaie in hul voogklasse.


Lees meer


Omsendbrief 33/2022

Administratief
October 24, 2022

Ondersteun asseblief ons Gasvryheidstudies fondsinsameling. Dit sal die vorm van ‘n “Drive Thru” aanneem vanaf 17H00 op Vrydag, 28 Oktober 2022. Bestellings kan geplaas word by Elaine du Plessis by 078 549 0162 per whatsapp en sluit op 26 Oktober 2022.


Lees meer


Omsendbrief 32/2022

Administratief
October 17, 2022

‘n Geleentheid vir u om u kind se 2022 skoojaar verewig vas te vang in die skool se fotoblad van plus minus 80 kleur glansbladsye met foto’s van al ons skoolaktiwiteite met gepaardgaande berigte. Die blad is van koffietafel gehalte en kos slegs R 100-00 per eksemplaar. Bestellings met betaling sluit op 30 Oktober 2022. Leerders bestel en betaal die blaaie in hul voogklasse.


Lees meer


Omsendbrief 31/2022

Administratief
September 26, 2022

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2023 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 25 Oktober 2022 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van kworum. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 11 Oktober 2022.


Lees meer


Omsendbrief 29/2022

Administratief
September 12, 2022

Geluk aan die volgende 0/15 seuns wat deurdring na die volgende rondte Gauteng-Noord proewe: Keaan van Wyk, Anthony Smith, Donovan Wallendorf, Jaco jv Vuuren, Tristan Tingtinger, James Ashby, Jayden Neethling, Wian van Heerden, Nathan Oosthuizen, Arno schreuder. Geluk aan die volgende 0/19 seuns wat deurdring na die volgende rondte Gauteng-Noord proewe: Schalk Fourie, Ishmael Manamela, Dylan erasmus, lean de Jager, Owen Kűhn, Divan Niemand, Zain Vorster, Tinashe Chikari, Andrew Durdle, Paul Köhls, Lourens du Plessis en Eben Schreuder.


Lees meer