Omsendbrief 4/2023

Omsendbrief 4/2023


Administratief
January 30, 2023


OB: 4 / 2023

Geagte ouers
Atletiek: Eldoraigne byeenkoms, 27 Januarie 2023

Ons atlete vaar skitterend by die byeenkoms. Dankie vir almal se deelname en ondersteuning!

Uitslae:

Skool Punte Totaal
H/S Eldoraigne 1135
Helpmekaar College 1050
H/S Pretoria-Noord 872
H/S Vorentoe 872
H/S Sutherland 831

1ste Plekke: (17 1ste Plekke)

Shon-dre Scheun: (400m, 800m, 1500m), Junior Bokwa: (800m, 1500m), Schalk Fourie: (800m, 1500m), Simoné de Koker: (3000m), John de Klerk: (Hoogspring, Gewigstoot), Guillaume du Toit: (Verspring), Keaan van Wyk: (Gewigstoot), Elmari Fourie: (Skyfwerp), Dehan Joubert: (Skyfwerp), Kristy Fowler: (Spiesgooi), MC Swanepoel: (Spiesgooi) en Aflos: 0/14 Seuns

2de Plekke: (25 2de Plekke)

Guillaume du Toit: (100m), Leana Bezuidenhout: (200m), Rubin Nel: (200m, 400m), Schalk Fourie: (400m, Spiesgooi), Andrew Durdle: (400m Hekkies), Erika Jonker: (Hoogspring), Rudi Candiotes: (Hoogspring), Jemma Els: (Hoogspring), John de Klerk: (Verspring), Kyle Engelbrecht: (Verspring), Rina Mamabolo: (Driesprong), Jacinda de Lange: (Driesprong), Lucille Zengel: (Gewigstoot), MC Swanepoel: (Gewigstoot), Henco van der Merwe: (Gewigstoot), Wilné Kriel: (Gewigstoot), Keaan van Wyk: (Skyfwerp, Spiesgooi), Salomé Venter: (Skyfwerp), Carel Candiotes: (Spiesgooi), Jasmine Riley: (Spiesgooi), Deoné Meintjes: (Spiesgooi), Taryn Hayes: (Spiesgooi),

3de Plekke: (25 3de Plekke)

Rohan Louw: (100m), Ezmarelda Vivier: (800m, 1500m), Breeden Fourie: (1500m), Carla Ackerman: (3000m), Arthur Dobson: (110m Hekkies), Carel Greyling: (110m Hekkies, Verspring), Wickus Janse van Rensburg: (Hoogspring), Chanel Labuschagne: (Hoogspring), Kyle Engelbrecht: (Hoogspring), Rina Mamabolo: (Verspring), Jacinda de Lange: (Verspring), Marinda Fraser: (Gewigstoot), Dehan Joubert: (Gewigstoot), Deoné Meintjes: (Gewigstoot), Salomé Venter: (Gewigstoot), Luchen Groenewald: (Gewigstoot), Mia Rynners: (Skyfwerp), Adriaan Coetzee: (Skyfwerp), Wilné Kriel: (Skyfwerp), Adriaan Coetzee: (Spiesgooi), Chrishelle Nieuwoudt: (Spiesgooi) en Aflos: 0/14 Dogters en 0/17 Dogters

Leierskap: VLR-verkiesing

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Verteenwoordigende Leierraad van PNHS vir 2023:

8A - Jovan Pretorius - Inge van Eeden
8B - Barco Lombard - Corlia du Plooy
8C - Ruan Schoonraad - Anje Maritz
8D - Allan Ribeiro - Amorey Wallendorf
8E - Michael de Villiers - Mia Rynners
8F - Coenie Taljaard - Milienke Britz
9A - Henrico van Tonder - Marlia Botha
9B - Dehan Joubert - Anneke le Roux
9C - Caleb Plaatjies - Karli Nel
9D - MC Kritzinger - Cheyenne Pieterse
9E - Ivander Coetzee - Mikayla Smith
9F - Rohan Louw - Monique Vinson
10A - Duncan Paulsen - Dima Khoza
10B - Etienne Botha - Beate Haarhoff
10C - Kaelo Mohammed - Jeanilie de Villiers
10D - Lex Bowles - Xanthé Joubert
10E - Rubin Nel - Vicky Schoeman
10F - Migael Snyman - Dané Louw
11A - Luzuku Matlala - Bea-Mae Lombard
11B - Brendon McFerrier - Qiana Hermann
11C - Chase van der Linde - Dominique Watt
11D - Julian Campbell - Nika van der Westhuizen
11E - Armand Bosman - Nadia Prinsloo
12A - Ulrich Gouws - Anré Aylward
12B - Wian Rynners - Cathleen Roets
12C - Guillaume du Toit - Annika Strydom
12D - Melvin Swart - Jessica van Vuuren
12E - Kassie van Vuuren - Morgan Wilkinson

Beheerliggaam Tussenverkiesing, 16 Februarie 2023

Neem asseblief kennis van hierdie tussenverkiesing. Volgens regulasies kan ‘n ouer net op ‘n beheerliggaam dien vir so lank sy / haar kind ‘n ingeskrewe leerder by die skool is. Dit laat ons met twee vakante poste op die beheerliggaam met Mr. H Bronkhorst en Dr. L Scholtz wie se kinders in 2022 gematrikuleer het. Die tussenverkiesing vir hierdie doel sal gehou word op Donderdag, 16 Februarie 2023 in die skoolsaal om 18H00. Die nominasievergadering sal plaasvind van 18H00 – 18H30 en die verkiesing vanaf 18H30 – 19H00. Indien die vereiste kworum van 15% stemgeregtigde ouers nie behaal word nie sal ‘n opvolgverkiesing plaasvind twintig dae later op Woensdag, 8 Maart 2023 om 18H00 en die verkiesing sal dan voortgaan met of sonder ‘n kworum.

Toegang by PNHS

Dit het onder ons aandag gekom dat daar verwarring heers rondom toegang tot die skoolterrein. Hier volg die amptelike reëlings:

  • Skoolhekke sal gesluit wees gedurende die skooldag (Departementele regulasies & Veiligheidsbeleid) vanaf 07H20 – 14H15. Daar sal slegs toegang deur die navraetoonbank wees by die Eeufees straat hek.
  • Toegang tot die terrein kan slegs vanaf 14H15 by die Berglaanhek verkkry word. Die skool kom om 14H00 uit en ter wille van die veiligheid van ons leerders kan geen voertuie deur die hek beweeg tussen 14H00 en 14H15 nie.
  • Voertuie mag wel vanaf 14H15 die terrein binnekom, maar moet inteken by Phillip (Departementele regulasies en Veiligheidsbeleid). Toegang tot die terrein moet ongelukkig beheer word om vreemde rondlopers op die terrein te beperk en ook om motordiefstalle op die terrein te verhoed.
  • Ouers van die skool kan wel ‘n toegangsplakker teen R 10-00 by die navraetoonbank of by Phillip aanskaf en indien die plakker sigbaar op die voorruit van u voertuig is sal u nie hoef in te teken nie, omdat Phillip dan duidelik sal kan sien u is ‘n ouer van die skool.

Jammer vir enige ongerief ervaar weens onduidelikheid

Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig
  • Almal word herhinner aan ons Noorderlig vergadering op Maandag, 30 Januarie 2023 om 18H00 in die restaurant.
  • Baie dankie aan almal vir julle deurlopende skenkings om ons koskas volhoubaar te maak. Daar word egter nog dringend toiletware soos spuitgoed, “roll- on en tandepaste benodig.
  • Daar is nou verskeie aktiwiteite en soos julle weet is dit baie warm. Enige skenkings in die vorm van aanmaak koeldrank sal opreg waardeer word.

Ouers wat graag wil deel word van ons Akademie vir leerder Ondersteuning / Noorderlig, word vriendelik uitgenooi na ons vergadering op Maandag, 30 Januarie 2023 om 18H00 in die restaurant.

-Mev. T Breytenbach (Voorsitster Noorderlig-


Program vir die week
Maandag, 30 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 12: Sleutel 3, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Debat: Intern Juniors, K7, 14H30.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 31 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Koor oudisies, 14H15 – 17H00, K 26.
  • Revue oudisies, 16H00 – 18H00, K73.
  • VLR inhuldiging, 18H00, saal.
Woensdag, 1 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Sleutel 4, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Netbal: Ouer Inligtingsaand en braai, 18H00, netbalbane.
Donderdag, 2 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • VLR-vergadering, 14H00, K76.
  • Swem: Liga 3, Sutherland, 14H30.
  • Akademiese Merietefunksie, 18H00, saal.
Vrydag, 3 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Skool sluit om 13H00.
  • Atletiek: Liga 3, 14H00, Tuis byeenkoms:
    H/S Hans Strijdom, H/S Wonderboom, H/S Pretoria-Noord en
    Rand Park High School
    .
Maandag, 6 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Debat: Intern Seniors, K7, 14H30.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, Personeelkamer

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug