Rugby

Rugby

In die eerste kwartaal neem ons deel aan die PUK 16 reeks saam met al die ander wintersporte en het ons in die reeks vanaf 2014 tot 2016 met die beker weggestap vir beste rugbyskool in die PUK 16 reeks.


Organiseerder: Wimpie Greyling Hoofafrigter: Werner Venter Afrigters: Nico Venter, Werner Venter, Divan Venter, Douglas Botes, Thomas Pieterse, Jaco Oosthuizen, Mick Helena, Dirk Nortje, Wimpie Greyling, Quinton Bye, Frik Van Vuuren

Rugby by PNHS word hoofsaaklik in die eerste en tweede kwartaal gespeel. In die tweede kwartaal neem ons deel aan die Virsekerbeker Noordvaal-reeks waar ons O/14 rugbyspan vanjaar die naaswenners was van die Stadsbeker en ons O/16 rugbyspan dan vanjaar as die stadsbeker kampioene uit die stryd uit getree het.

Die O/16 en eerstespan het vanjaar gedurende die Aprilvakansie ‘n rugbytoer na die Natalse suidkus meegemaak waar hulle onder ander deur lede van die Sharks se rugbyakademie afgerig is. Daar word beplan om in 2019 weer ‘n soortgelyke rugbytoer te onderneem.

In 2019 sal ons dan ook met ‘n senior en O/16 span aan die 7’s liga in die derde kwartaal deelneem en ons sien baie uit daarna.

Rugby by H/S Pretoria-Noord beleef elke jaar mooi hoogtepunte en ons wil graag baie meer seuns aanmoedig om te kom rugby speel al het hy nog nooit rugby gespeel nie, is dit nooit te laat om te begin nie!


Personeel


Mnr. D. Botes

Mnr. Nico. Venter


Gallery



Terug