Omsendbrief 30/2020

Omsendbrief 30/2020

Administratief
September 03, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons verwelkom dr. P Smit by ons by Tegnologie en IGO in die plek van Mnr. J Vorster wat skielik bedank het.
  • Geluk aan Mnr. R Theÿse wat departementeel bevorder is tot Departementshoof by HS Oos Moot. Hy sal nog by ons wees tot 16 Oktober. Ons is tans besig met onderhoude vir ‘n plaasvervanger.
H/S Pretoria-Noord 28 Augustus tot 3 September

Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 88% vir graad 12, 92% vir graad 11, 92% vir graad 10, 89% vir graad 9 en 94% vir graad 8. Ons skoolbesoek is goed, met graad 8 wie se skoolbesoek ook al hoe beter raak.

Geboue en Terrein: Vakature: Terrein assistent

Een van ons terreinwerkers het bedank, indien u bewus is van ‘n geskikte persoon wat werk soek, kan aansoeke ingedien word by Mev. Schantel de Wit by die skool se navraetoonbank of elektronies by [email protected]

  • Aansoeke sluit op Vrydag, 11 September 2020 om 14H00.
  • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 54 825-00 per jaar.
  • Posaanvaarding is 1 Oktober 2020.
Graad 12 Afskeid

Geagte ouers ons is bewus van berigte wat geplaas is in die media rondom graad 12 afskeide, ons is egter nie bewus daarvan dat daar enige ooreenkomste was dat skole nie graad 12 afskeid sal hou nie. Die nuwe datum van ons afskeid het in elke geval ten doel gehad om die fokus op die eksamen te hou. Ons verwag nog heelwat kommentaar en veranderinge rondom hierdie beriggewing en bly hoop dat daar ‘n verdere verslapping in regulasies sal kom. Daarom bly ons reelings soos verlede week deurgegee staan:

  • Ons graad 12 afskeid word geherskeduleer vir 12 Desember 2020, dit sal nou plaasvind by Villa Rosa.
  • Uitnodigings sal eersdaags uitgereik word aan ons graad 12’s.
  • Indien die regulasies rondom sosiale byeenkomste teen 23 November 2020 (twee weke voor die beplande afskeid) nog nie verander het nie sal die afskeid vir 2020 ongelukkig afgestel moet word en sal graad 12’s hulle funksiegelde terug ontvang.

U sal eersdaags ‘n meer gedetaileerde skrywe oor reelings ontvang.

Gholf

Ten midde van COVID regulasies wat onlangs verslap is op gholf wil ons vir Dylan McMaster gelukwens wat aangewys is as Akasia Gholfklub se algehele junior gholf kampioen vir 2020 tydens die klub se gholfkampioenskappe gehou op 22 en 23 Augustus 2020.

Leierskap: PN Raad – verkiesing

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die PN Raad vir 2020 / 2021:

Graad 10:

Xander Bronkhorst, Janeco Coetzee, Lourens du Plessis, Jandré Malan, Freddie Strydom, Lerishia Coetzee, Keilana Mackay, Hesmari Scholtz, Maruché Smith, Simoné van Rooyen en Monika Vos.

Graad 11:

Xavier Barnard, Adrian Durdle, Jarred Enslin, Dejuan Erasmus, Derik Janse van Rensburg, Rico Klopper, Coenie Kruger, Warren Lebyane, Eduan Maree, Wynand Roos, Wian Snyman, Daniel Sweleni, Elkan van Wyk, Nicole Busby, Leandi Duursema, Alexa Farrel, Leandri Grobbelaar, Henrike Human, Marizet Human, Krizél Langenhoven, Juanita Lindeque, Michelle Loock, Anri Louw, Marianca Muller, Ora Phage, Christelle Samons, Anuk Steyn, Chanzélle Swart en Madelet van Loggerenberg.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00 op hierdie stadium sal dit noodgedwonge ‘n virtuele vergadering moet wees. Inligting oor prosedure vir registrasie sal nog deurgegee word. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Karnaval 2020

Ons doen ‘n dringende beroep om alle uitstaande karnavalkaartjies en kompetisieboekies terug te stuur na die skool voor of op 11 September 2020. Ons gaan dieselfde kaartjies en boekies gebruik vir volgende jaar om drukkoste te bespaar. Indien u om een of ander rede dit verloor het vra ons dat u ‘n beëdigde verklaring sal aflê en vir die skool inhandig as bewys of alternatiewelik die gelde daarvoor by die voogonderwyser inbetaal. Kaartjies en boekies nog nie afgehandel teen 13 September 2020 nie sal teen skoolfonds gehef word.

Merietefunksie 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

Program vir die week

Vrydag, 4 Sept:

  • Graad 8- 12, dag 5, groep B.
  • PN Raad: Observasie en diens.
  • PN Raad: dagkamp: 15H00 – 18H00.

Saterdag, 5 Sept:

  • PN Raad: dagkamp: 08H00 - 18H00.

Sondag, 6 Sept:

  • PN Raad: dagkamp: 08H00 – 13H00.
  • PN Raad: Hoofleierverkiesing.

Maandag, 7 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 6 groep A.
  • PN Raad Hoofleiersverkiesing: personeel.

Dinsdag, 8 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 6 groep B.

Woensdag, 9 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 1 groep A.
  • Inhuldiging PN Raad, 18H00, saal, K 61 tot K 63.

Donderdag, 10 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1 groep B.

Aflaai aanhangsel

Terug