Omsendbrief 28/2020

Omsendbrief 28/2020

Administratief
August 20, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 3 tot 13 Augustus

Baie welkom terug aan ons graad 8 en 9 leerders wat hierdie week weer terug is by die skool, dit is lekker om te rapporteer dat al ons grade nou weer terug is by die skool. Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 95% vir graad 12, 90% vir graad 11, 88% vir graad 10, 84% vir graad 9 en 88% vir graad 8. Ons skoolbesoek lyk goed en alhoewel ons versoek dat leerders wat simptome toon eerder by die huis moet bly, is dit noodsaaklik dat gesonde leerders wel skool toe kom. U sou besef het dat aanlyn-onderrig onder geen omstandighede ‘n plaasvervanger vir ‘n onderwyser in ‘n klas kan wees nie. Dit is werklik in u kind se beste belang om by die skool te wees.

Graad 9 JAT-toetsing

Graad 9 ouers moet kennis neem dat die Junior Aanleg Toetse se uitslae uitgedeel is aan ons graad 9 leerders. Maak asseblief seker dat u dit by u kind kry en maak gebruik daarvan wanneer vakkeuses vir graad 10 eersdaags gedoen moet word.

Akademie: Kwartaal 1: VOO Fase Top 10 Presteerders

Baie geluk aan ons top presteerders vir die Eerste Kwartaal:

Graad 10 Graad 11
1. Hesmari Scholtz (89,1%) 1. Alexa Farrel (88,4%)
2. Monika Vos (85,6%) 2. Lindie Horn (87,1%)
3. Kaitlin van Lille (84,1%) 3. Alisha Wilkins (85,6%)
4. Xander Bronkhorst (83,4%) 4. Leandri Grobbelaar (83,3%)
5. Keana van der Walt (83,3%) 5. Ester Bothma (82,1%)
6. Kevin Ashby (81,6%) 6. Lee-Ann von Stade (81,0%)
7. Marissa Martin (80,4%) 7. Carla Taljaard (80,9%)
8. Simoné van Rooyen (79,6%) 8. Henrike Human (80,7%)
9. Geneveve Cronjé (79%) 9. Leandi Duursema (80,3%)
10. Marellee Maree (78,6%) 10. Kaylee de Kock (78,7%)
  10. Joelien Greyling (78,7%)
Graad 12:
1. Marco Botha (93,7%)
2. Renata de Beer (90,4%)
3. Lize Britz (90,3%)
4. Louné Scholtz (88,1%)
5. Narissa Maritz (87,7%)
6. Chené van Deventer (87,6%)
7. Jeandre van der Nest (86,6%)
8. Izelke Smal (86,0%)
9. Dylan McMaster (85,4%)
10. Wilma de Beer (84,9%)
Graad 12 Afskeid

Geagte ouers ons het bly hoop dat ons teen 18 September 2020 wel sou kon voortgaan met ons beplande matriekafskeid, veral met die moontlikheid van ‘n afskaal na vlak 2 regulasies toe. Gegewe die president se afkondiging verlede naweek dat regulasies oor sosiale byeenkomste van slegs 50 persone wat onveranderd gebly het, en minder as ‘n maand oor, is ons egter geforseer om ons beplande matriekafskeid vir 18 September 2020 te kanselleer. Dit bly egter vir die bestuur van die skool en die beheerliggaam ‘n behoefte van die hart om ordentlik van ons matrikulante afskeid te neem en ons is tans besig om alternatiewe te ondersoek. Ons hoop om vir u teen volgende week terugvoer te gee oor hierdie alternatiewe.

Program vir die week

Saterdag, 22 Aug:

  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin stiptelik om 08H00 tot 09H15:
  • Graad 12: Lewenswetenskappe.

Maandag, 24 Aug:

  • Graad 8 – 12, dag 1 groep A.
  • PN Raad-verkiesing: kontrole van stembriewe

Dinsdag, 25 Aug:

  • Graad 8 - 12, dag 1, groep B.
  • PN Raad-verkiesing: kontrole van stembriewe.

Woensdag, 26 Aug:

  • Graad 8 – 12, dag 2 groep A.
  • PN Raad-verkiesing: Groep A stem.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, personeelkamer.

Donderdag, 27 Aug:

  • Graad 8 - 12, dag 2, groep B.
  • PN Raad-verkiesing: Groep B stem.
  • PN Raad verkiesing: Tel van stemme.

Vrydag, 28 Aug:

  • Graad 8- 12, dag 3, groep A.
  • PN Raad-verkiesing kontrole van stemme.

Aflaai aanhangsel

Terug