Omsendbrief 24/2023

Omsendbrief 24/2023

Administratief
July 24, 2023


OB: 24 / 2023

Geagte ouers
Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende studente wat by ons aangesluit het vir hul waarnemingstydperk: Mej. C Smith van UNISA by Wiskunde en Mej. L Potgieter van Tukkies by Natuurwetenskap.

Rugby: Blou Bulle Finaal, 22 Julie 2023, Midstream College
Skool PN JV PN Won PN MC PN   PN  
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 12 12 36 19 5 46        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 4 - 3 - 2 - 3 -
Verloor 4 - 5 - 6 - 5 - 3 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 0 - 1 -

JV = John Vorster / Won = Wonderboom / MC = Midstream College

Ons 0/15 A span het nou deurgedring na die eerste rondte uitspele van die Noord-Vaal beker en sal eerskomende Saterdag op Potchefstroom te staan kom teen Luiperds se nommer 1 span: Potchefstroom Gimnasium.

Sagtebal: All Day Rally, 22 Julie 2023, tuis.

D 0/14A v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/14A verloor 6 – 10.
D 0/14A v/s Oos Moot verloor 3 – 7.

D 0/15A v/s Oos Moot wen 7 – 4.
D/015A v/s Overkruin verloor 6 – 7.

D 0/15B v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/15B verloor 2 – 10.
D 0/15B v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/14C wen 12 – 3.

D 0/16A v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/16A wen 14 – 6.
D0/16A v/s Gerrit Maritz 2 – 2 gelykop.

D 0/19A v/s Oos Moot verloor 2 – 6.
D 0/19A v/s Centurion wen 7 – 1.

D 0/19B v/s Midstream 0/19B verloor 4 – 9.
D 0/19B v/s Eldoraigne 0/19B verloor 1 – 8.
D 0/19B v/s Midstream 0/19C 6 - 6 gelykop.

S 0/14A v/s Homespun wen 6 – 5.
S 0/14A v/s Akasia wen 15 – 2.

S 0/15A v/s Homespun 0/14A wen 9 – 0.
S 0/15A v/s Homespun 0/15A verloor 3 – 4.

S 0/16A v/s Gerrit Maritz wen 6 – 2.
S 0/16A v/s PNHS 0/19B wen 7 – 3.

S 0/19A v/s Homespun 2 – 2 gelykop.
S 0/19A v/s Gerrit Maritz wen 9 – 2.

S 0/19B v/s PNHS 0/16A verloor 3 – 7.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig

Ons Noorderlig hou weer ‘n saai geleentheid gedurende die Leef vir Christus week en produkte vir ons gesinne in nood kan tydens voogklasse ingehandig word:
Graad 8: Koffie, suiker en langlewe melk.
Graad 9: Aanmaak koeldrank en pasta.
Graad 10: Rys, sop en lekkernye.
Graad 11: Broodjiesmeer en ontbytgrane.
Graad 12: Toiletware en lekkernye.

Graad 9 Junior Aanleg Toetse

Graad 9 ouers moet asseblief daarop let dat die Junior Aanleg Toetse verslae hierdie week uitgedeel word. Bestudeer en bewaar asseblief u kind se toetsing om u te help tydens vakkeuses vir graad 10.


Program vir die week
Maandag, 24 Julie:
  • Leef vir Christus week met David Grobler (leerders) en Lemuel Weideman (personeel).
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • PN-Raad verkiesing: nominasies.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
  • Akademie Voorsittersvergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 25 Julie:
  • Leef vir Christus week met Ivor Swartz (leerders) en Nolan van Zyl (personeel).
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • PN-Raad verkiesing: nominasies.
  • Graad 12, Sleutel 2 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 11, Sleutel 1 en 6 Addissionele Wiskunde uur, 14H15 – 15H15.
  • Gholf liga 1: PNHS 1 v/s Montana en Zwartkop, 14H00, Akasia.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 26 Julie:
  • Leef vir Christus week met Lemuel Weideman (leerders) en Ivor Swartz (personeel).
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies sluit om 14H00.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H00.
  • Revue optrede: Kaleidoskoop in staatsteater. Vertrek om 13H00.
  • Landloop liga 1, Sutherland, 14H30.
  • Sagtebal: 0/19 A seuns v/s Red Scorpions (vriendskaplik), 15H00, tuis.
  • Sagtebal: 0/19 A dogters v/s Hawks (vriendskaplik), 15H00, tuis.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Donderdag, 27 Julie:
  • Leef vir Christus week met Nolan van Zyl (leerders) en David Grobler (personeel).
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Rapporte uit.
  • Graad 12, Sleutel 3 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 11, Sleutel 2 en 5 Addissionele Wiskunde uur, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: Eerste Span oorhandigings, 18H00, saal.
  • Krieket Akademie vergadering, 18H00, K 66.
Vrydag, 28 Julie:
  • Leef vir Christus week met Bernice West (leerders) en Tiaan de Jager (personeel).
  • Leef vir Christus week afsluiting: Praise En Worship, Maroelaboom, 18H00 – 20H00.
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • PN-Raad verkiesing: Vetovergadering.
  • PNNK Talentaand oudisies, 14H30 – 18H00, saal.
  • Sagtebal: Seuns 0/15, 0/16 en 0/19 v/s Sonitus en PEPS Motaong 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters 0/14A, 0/15A, 0/16A en 0/19A v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters 0/14B, 0/15B, 0/16B en 0/19B v/s Montana, 14H30, tuis.
Saterdag, 29 Julie:
  • Noord-Vaal rugby: PNHS 0/15A v/s Potchefstroom Gimnasium, 09H00, Potchefstroom Gimnasium.
  • Toneel: Dagkamp 08H00 – 17H00, saal.
  • Gasvryheidstudies: koekbak kompetisie 06H30 – 13H00, restaurant.
Maandag, 31 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend aan skool.
  • PN-Raad verkiesing: Appélle na Beheerliggaam voorsitter.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Oueraand, 18H00, saal.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug