Omsendbrief 21/2023

Omsendbrief 21/2023

Administratief
June 12, 2023


OB: 21 / 2023

Geagte ouers
Netbal: 0/15 Kay Motsepe Kampioenskappe 2023: Distrik uitspele, 8 Junie 2023, H/S Tuine
Skool PN Tuine PN Pta-Wes PN Hercules        
Netbal 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A        
Dogters 13 12 23 2 20 1        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 3 - - - - -
Verloor 0 - 0 - 2 - - - - -
Gelyk 0 - 0 - 2 - - - - -

Ons 0/15 span kwalifiseer nou vir die Gauteng rondte wat op 16 Junie 2023 by L/S Concordia sal plaasvind

Rugby: Pretoria Stadsbeker vir groot skole, Liga 6: PNHS v/s HTS John Vorster (weg), 10 Junie 2023
Skool PN JV PN JV PN JV PN JV PN JV
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 19 12 7 8 19 22 5 14 14 26
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 3 - 3 - 2 - 3 -
Verloor 3 - 4 - 4 - 5 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  • Ons 0/14 / 0/15 en 0/16 spanne dring deur tot die uitspeel rondte wat op 21 Junie sal plaasvind.
  • Baie geluk aan Junior Bokwa wat opgeneem is in die Noord-Vaal span.
Hokkie: Liga 5: PNHS v/s Centurion, 6 Junie, Sutherland
Skool PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
  0 0 3 0 1 5 2 1 0 3
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 3 - 2 - 1 - 1 -
Verloor 2 - 0 - 3 - 2 - 3 -
Gelyk 2 - 2 - 0 - 1 - 1 -
  • Ons 0/15 span dring deur na die uitspeel rondtes wat op Maandag, 12 Junie by Cornwall Hill College sal plaasvind.
Landloop
  • Baie geluk aan die volgende atlete wat gekies is om aan die AGN Inter-provinsiale toernooi op 22 Julie 2023 in Groblersdal deel te neem: Matthew Roselt, Shon-Dre Scheun, Junior Bokwa, Jessica Steenkamp, Zelda Niemand, Carla Ackerman, Cindy de Koker, Simoné de Koker, Ezmarelda Vivier.
  • Baie geluk aan Ezmarelda Vivier wat gekies is om Gauteng-Noord by die Suid-Afrikaanse 5 km Padwedloop Kampioenskappe te verteenwoordig op 17 Junie in Johannesburg.
Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 15 Junie 2023 – 14 Julie 2023 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 15 Junie 2023 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 19 Junie 2023 tot Donderdag 22 Junie 2023 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Karnaval

Baie geluk aan die volgende klasse wat die meeste kaartjie verkope gehad het:

1ste: Graad 8 E
2de: Graad 12 A
3de: Graad 12 B

Baie geluk aan die volgende leerders wat die meeste individuele kaartjie verkope gehad het:

1ste: Minna Pohlman (12 D)
2de: Anke Muller (12 E)
3de: Erné Malan (12 C)


Program vir die week
Maandag, 12 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
  • Senior krieketproewe, 14H30.
  • Hokkie: 0/15 uitspele, 17H10, Cornwall Hill College.
Dinsdag, 13 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
  • Krieketproewe 0/14 en 0/15, 15H00.
Woensdag, 14 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
Donderdag, 15 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
  • Graad 8 inskrywings 2024 open.
Vrydag, 16 Junie:
  • Skoolvakansie: Jeugdag
Maandag, 19 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug