Omsendbrief 20/2023

Omsendbrief 20/2023

Administratief
June 05, 2023


OB: 20 / 2023

Geagte ouers
Tennis

1 Junie:

Dogters 0/15 v/s Cornwall Hill 0/15 A. PNHS verloor met 27 potte teenoor 39. Geluk aan Jessica Serwa (7-4) wat haar wedstryd wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons drie wen en een verloor.

Netbal
Liga 8: PNHS v/s Overkruin (uitgereënde wedstryde), 31 Mei 2023, tuis
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN Corn PN Corn
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters                 20 23
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 4 - 4 - 2 -
Verloor 6 - 6 - 2 - 2 - 6 -
Gelyk 0 - 0 - 2 - 2 - 0 -
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN   PN Ov
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B     2de 2de
Dogters         1 30     8 32
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 0 - 0 - - - 0 -
Verloor 5 - 8 - 8 - - - 8 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - 0 -
Skool PN Ov PN   PN   PN      
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 2 10                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - - - - - - -
Verloor 7 - 1 - - - - - - -
Gelyk 0 - 0 - - - - - - -
Rugby: Pretoria Stadsbeker vir groot skole, Liga 5: PNHS v/s Midstream College (weg), 3 Junie 2023
Skool PN Mc PN Mc PN Mc PN Mc PN Mc
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 0 34 7 28 17 30 10 13 10 61
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 3 - 2 - 3 -
Verloor 3 - 3 - 3 - 4 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
Hokkie: Liga 4: PNHS v/s Sutherland, 2 Junie, weg
Skool PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
  1 2 3 2 2 4     2 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 2 - 0 - 1 -
Verloor 2 - 0 - 2 - 2 - 2 -
Gelyk 1 - 2 - 0 - 1 - 1 -
Gauteng- Noord Brugbou, 3 Junie 2023, St Albans

Uitslae:
1ste: PNHS met 90,93%
2de: HS Garsfontein met 81,63%
3de: HS Menlopark met 80,93%

Baie geluk aan Ulrich Gouws, Matthew Kilfoil en Carel Greyling wat 21 spanne in die provinsiale rondte uitstof. Hulle brug van 122 gram kon 35,15 kg gedra het.

Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 15 Junie 2023 – 14 Julie 2023 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 15 Junie 2023 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 19 Junie 2023 tot Donderdag 22 Junie 2023 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.

Program vir die week
Maandag, 5 Junie:
  • Graad 10-12 Junie eksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 1.
  • Senior krieketproewe, 14H30.
  • Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Dinsdag, 6 Junie:
  • Graad 10-12 Junie eksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Hokkie liga 5: PNHS v/s Centurion, 14H30, weg.
  • Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Woensdag, 7 Junie:
  • Graad 10-12 Junie eksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Krieketproewe 0/14 en 0/15, 14H30.
  • Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Donderdag, 8 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
  • Gasvryheidstudies, Graad 10 restaurantoggend, 11H00.
  • Kansvatter Redenaars – aanlyn.
  • Sagtebal Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Vrydag, 9 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
Saterdag, 10 Junie:
  • Rugby liga 6: PNHS v/s John Vorster, 9H00, weg.
Maandag, 12 Junie:
  • Graad 8-12 Junie eksamen.
  • Senior krieketproewe, 14H30.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug