Omsendbrief 18/2020

Omsendbrief 18/2020

Administratief
June 15, 2020


Geagte ouers
Heropening van H/S Pretoria-Noord

Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week een terug by die skool baie suksesvol verloop het. Ons skoolbywoning vir die eerste week was bykans 100%, die personeel rapporteer dat daar fluks gewerk word en vordering uitstekend is en ons is vol vertroue dat ons die sillabus sal kan voltooi en ons graad 12’s gereed sal wees vir die rekord- en eindeksamens.

Dankie vir die flink hantering van alle dokumentasie, dit is skoolbywoningspermitte asook gesondheidsvraelyste.

Ons het reeds verlede week ‘n aansoek ingedien by die Hoof van die Onderwys Departement om ons graad 11 leerders teen Maandag, 22 Junie terug te verwelkom by die skool. Ons wag nog op ‘n antwoord, maar is vol vertroue dat ons dit hierdie week sal ontvang. Hou asseblief die omsendskrywes en SMS-boodskappe in hierdie verband fyn dop.

Rapporte

Daar is baie navrae rondom rapporte. Ons rapporte en punte was reeds verlede kwartaal afgehandel. Ons is tans net besig om finale punte kontroles te doen met leerders en aftekening van ons promosiestate by die distrik. Rapporte sal daarom eersdaags uitgereik word. Hou asseblief ons omsendskrywes dop in hierdie verband.

Inskrywing vir graad 8 2021

Ouers neem ook kennis in hierdie verband van die afkondiging dat die aanlyn-aansoek proses slegs 1 maand sal wees, dit is vanaf: 25 Junie 2020 tot 25 Julie 2020. Die proses gaan nog steeds aanlyn wees, maar oor die wyse van inhandiging van dokumentasie by skole na aansoek sal ons nog met u kommunikeer gegewe die COVID 19 regulasies. Wat uiters belangrik is, is dat ouers so vinnig as moontlik aanlyn aansoek doen. Weet ook dat wanneer aansoeke oop gemaak het die afgelope paar jaar was H/S Pretoria-Noord reeds binne die eerste paar uur van dag 1 vol. Indien u ‘n kind het of iemand ken, versprei asseblief hierdie inligting en maak seker u is gereed om eerste in lyn te wees.Ouers ons skool en beheerliggaam het die afgelope paar jaar agteroor gebuig om plek te maak vir alle Afrikaanse ouers in ons omgewing, ten koste van oorvol klasse. Besef dat dit nie verder kan gebeur nie gegewe die huidige omstandighede. Daar sal slegs plek wees vir 200 graad 8 leerders in 2021 by H/S Pretoria-Noord. Ons wil ook verder versoek dat as ons nie u nommer 1 keuse is nie, dat u nie by ons sal aansoek doen nie, want dit weerhou ons om plek te verskaf aan ouers vir wie ons wel die nommer 1 keuse is.

Program vir die week

Maandag, 15 Jun:

  • Graad 12 rotasie: B-groep: vanne M – Z.

Dinsdag, 16 Jun:

  • Vakansiedag: Jeugdag.

Woensdag, 17 Jun:

  • Graad 12 rotasie: A-groep: vanne: A – L.

Donderdag, 18 Jun:

  • Graad 12 rotasie: B-groep: vanne: M – Z.

Vrydag, 19 Jun:

  • Graad 12 rotasie: A-groep: vanne: A – L.

Saterdag, 20 Jun:

  • Graad 12 toetsdag: RTT en IT. Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin 08H00 tot 09H00, in K 73, K74 en saal.

Aflaai aanhangsel

Terug