Omsendbrief 18/2023

Omsendbrief 18/2023

Administratief
May 22, 2023


OB: 18 / 2023

Geagte ouers
Tennis

17 Mei:

Seuns 0/15 v/s Die Wilgers 0/15 A. PNHS wen met 50 potte teenoor 17. Geluk aan Rohan Louw (11-0), Charl Otto (8-3) en Riaan Roos (9-2) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons een wen en vier verloor.

19 Mei:

Seuns 1ste span v/s Southdowns 1. Southdowns gee punte. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons een wen en drie verloor.

Skaak liga 2: PNHS v/s Akasia, 19 Mei.
  • PNHS 0/15 A wen met 4⅟₂ potte teenoor 1⅟₂. Tweede liga wedstryd waarvan ons beide wen.
  • PNHS 0/17 A speel gelykop met 3 potte teenoor 3. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons een wen en een gelykop speel.
Netbal
Liga 3: PNHS v/s Overkruin, 15 Mei 2023, tuis
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 4 9 5 26 9 9 15 18    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 0 - 1 -
Verloor 2 - 2 - 1 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 1 - 0 -
  • 0/14 en 0/16 se wedstryde is halftyd gestaak weens reën. Unie beslissing is dat wedstryde as afgehandel beskou word.
Skool PN Ov PN Ov PN Ov PN   PN Ov
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B     2de 2de
Dogters 9 16 3 15            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - - - 0 -
Verloor 2 - 3 - 2 - - - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - 0 -
  • 0/15 B se wedstryd is halftyd gestaak weens reën. Uniebeslissing is dat wedstryd as afgehandel beskou word.
Liga 4: PNHS v/s Prestige College, 17 Mei 2023, weg
Skool PN Pres PN Pres PN Pres PN Pres PN Pres
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 16 37 28 7 33 16 12 12 26 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 2 - 0 - 1 -
Verloor 3 - 2 - 1 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 2 - 0 -
Skool PN Pres PN Pres PN Pres PN   PN Pres
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B     2de 2de
Dogters 7 17 9 10 6 11     10 14
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - - - 0 -
Verloor 3 - 4 - 3 - - - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - 0 -
Skool PN Pres PN Pres PN MC PN      
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 1 4                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - - - - - - -
Verloor 2 - 1 - - - - - - -
Gelyk 0 - 0 - - - - - - -
Liga 5: PNHS v/s Wonderboom, 19 Mei 2023, weg
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 11 187 11 26 32 18 21 18 26 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 3 - 1 - 1 -
Verloor 4 - 3 - 1 - 2 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 2 - 0 -
Skool PN Won PN Won PN Won PN   PN Won
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B     2de 2de
Dogters 8 23 3 21 9 21     16 27
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - - - 0 -
Verloor 4 - 5 - 4 - - - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - 0 -
Skool PN Won PN   PN   PN   PN  
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 1 37                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - - - - - - -
Verloor 3 - 1 - - - - - - -
Gelyk 0 - 0 - - - - - - -
Rugby: Pretoria Stadsbeker vir groot skole, Liga 4: PNHS v/s Centurion (tuis), 19 Mei 2023
Skool PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 19 29 3 26 53 0 12 0 35 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 2 - 3 - 2 - 2 -
Verloor 1 - 2 - 1 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -

Geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die tweede rondte Blou Bulle proewe:

  • 0/16: Ettiene de Bruyn en Junior Bokwa
  • 0/18: Lanzo Treeby
Seuns hokkie

15 Mei:

PNHS 1 v/s Peacanwood College 1 (weg). PNHS 1 wen 10-0. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons 2 wen en 1 gelykop speel.

Hokkie: Liga 2: PNHS v/s Hatfield Christian School, 20 Mei, TUT
Skool PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
  0 4 1 1 0 2 1 1 2 6
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 1 - 1 - 2 -
Gelyk 1 - 2 - 0 - 1 - 0 -
Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Micaylee Aila Richter wat derde eindig in haar kategorie tydens die Noord-Gauteng Distrik Akrobaat Kampioenskappe op 9 Mei 2023. Sy verower Gauteng-Noord kleure en kwalifiseer vir die ASSA nasionale kampioenskappe in Junie.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:

  • Danielle Louw (8E) vir verantwoordelikheid.
  • Mia Rynners (8E) vir lojaliteit.
  • Ané Reis (8E) vir lojaliteit
  • Chanzelle van Rooyen (8E) vir lojaliteit.
  • Jessica Serwe (8E) vir lojaliteit.
  • Anelska van Dyk (8E) vir lojaliteit.
  • Jayden Roux (8E) vir lojaliteit.
  • Riley Venter (8E) vir verantwoordelikheid.
  • Mishca breytenbach (8B) vir lojaliteit.
  • Raynard Bosman (8F) vir lojaliteit.
  • Lanzo Treeby (11B) vir lojaliteit.
  • Jaco Venter (11E) vir lojaliteit.
Krieket
  • Geagte krieketouers, neem kennis van ons 0/15 en 1ste span kriekettoer vanaf 3 tot 7 Julie na H/S Ben Vorster in Tzaneen. Toerkoste beloop R 3500-00 per speler. Dit is ‘n opwindende geleentheid vir spelers om hul vaardighede te ontwikkel en te deel in ‘n lewenservaring van ‘n leeftyd. Ouers kan solank die toergelde begin afbetaal sodat alle gelde teen 1 Julie afgehandel sal wees. Indien daar enige navrae is kan u skakel met ons krieketorganiseerder, Mnr. Pretorius, by die skool.
  • Krieket oefentye vir 0/14 en 0/15 is Dinsdae en Woensdae vanaf 16H00 – 17H30.
  • Krieket oefentye vir seniors is Maandae en Donderdae vanaf 16H00 – 17H30.
Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 15 Junie 2023 – 14 Julie 2023 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 15 Junie 2023 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 19 Junie 2023 tot Donderdag 22 Junie 2023 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.


Program vir die week
Maandag, 22 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Netbal: Liga 6: PNHS v/s Sutherland, 14H30, weg.
Dinsdag, 23 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • Graad 8 – 9 Afrikaanse Olimpiade inskrywings sluit.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Graad 11 Wiskunde: Sleutel 1 en 6 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Woensdag, 24 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Interne Vasvrae, 14H15, K 18 – K 24.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Netbal liga 7: PNHS v/s Centurion, 14H30, tuis.
  • Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 25 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 11 Wiskunde: Sleutel 2 en 5 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
Vrydag, 26 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Netbal liga 8: PNHS v/s Cornwallhill, uitgereënde wedstryde,14H30, weg.
Saterdag, 27 Mei:
  • Gasvryheidstudies, Graad 10 Ontbyt, 06H45.
  • Hokkie liga 3: PNHS v/s Akasia, 09H00, TUT.
  • Rugby vriendskaplik, PNHS v/s Wagpos, 09H00, weg.
Maandag, 29 Mei:
  • Graad 10-12 Junie eksamen.
  • Graad 8 – 9, dag 2.
  • Detensie graad 8 en 9, 14H15 – 16H15.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug