Omsendbrief 15/2023

Omsendbrief 15/2023

Administratief
May 02, 2023


OB: 15 / 2023

Geagte ouers
Tennis

25 April:

Dogters 0/15 A v/s Crawford College 0/15 A. PNHS wen met 50 potte teenoor 16. Geluk aan Mia Rynners (9-2), Kayla Fourie (11-0) en Yolanda Pretorius (11-0) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

Seuns hokkie

25 April:

PNHS 1 v/s Langenhoven 1 (tuis). PNHS 1 wen met 3-0. Dit was ons eerste ligawedstryd.

Rugby: Pretoria Stadsbeker vir groot skole, Liga 1: PNHS v/s Tuine (Tuis) 26 April 2023
Skool PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 19 5 33 12 20 10 12 31 28 24
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 0 - 1 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
PNHS Karnaval 2023, 5 / 6 Mei

Vrydag, 5 Mei:

  • Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage
  • Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
  • Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
  • Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand, Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Karnavalkaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
  • Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
  • Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
  • Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.

Saterdag, 6 Mei:

  • Skaapbraai, mandjiedans en “donkie derby”
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage.
  • Mallemeule, stalletjies en moedersdagmark.
  • Kaartjies vir skaapbraai is R 250-00, betalings aan PNHS ONDERSTEUNERS, FNB, taknommer: 250655, rekeningnommer: 63020235750, verwysing: naam en skaapbraai, stuur bewys van betaling aan: [email protected]
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Saterdagaand, word verkry by skool met bewys van gepaardgaande skaapbraai kaartjie. Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Skaapbraaikaartjie, geen kinders sonder ouertoesig nie. Spesiale Mallemeulepakette vir Vrydag en Saterdagaand beskikbaar teen R 400-00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.


Program vir die week
Dinsdag, 2 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 2
  • Karnaval: geesweek: Pantoffels vir ou klere en skoene.
  • Graad 11: Sleutel 1 en 6 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 12: Sleutel 3 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Tennis: Dogters 0/15 v/s Woodhill, 14H30, weg.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00, saal.
Woensdag, 3 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Akademiese periode graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Akademie vir Leerder Prestasie (Almal welkom), 18H00, personeelkamer.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00, saal.
Donderdag, 4 Mei:
  • Toetsdag
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 12: Sleutel 4 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Graad 11: Sleutel 2 en 5 Addissionele Wiskunde Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Tennis seuns 0/15 v/s Menlopark 0/15 C, 14H30, tuis.
  • Hokkie seuns 1ste v/s Peacanwood College, 14H30, weg.
  • Rugby liga 2: PNHS v/s Overkruin, 15H00, weg.
  • Moedersdagmark 09H00 – 19H00.
Vrydag, 5 Mei:
  • KARNAVALDAG
  • GROOT FM: SKOOL MET DIE MEESTE GEES, SKOOL BEGIN 06H15.
  • SKOOL SLUIT 11H00.
  • ATKV Redenaars, 12H00, Menlopark.
  • HEKKE OPEN OM 16H15 VIR KONSERT & MALLEMEULE.
  • MOEDERSDAGMARK 09H00 – 23H00.
Saterdag, 6 Mei:
  • Hokkie liga 1: PNHS v/s Wonderboom, 09H00, TUT.
  • Moedersdagmark 09H00, 15H00.
  • ATKV Redenaars, 09H00, Menlopark.
  • KARNAVAL: HEKKE OPEN OM 17H00 VIR MANDJIEDANS, SKAAPBRAAI, DONKEY DERBY & MALLEMEULE.
Maandag, 8 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Netbal: Liga 1: PNHS v/s Cornwallhill College, 14H30, weg.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug