Omsendbrief 12/2023

Omsendbrief 12/2023


Administratief
April 12, 2023


OB: 12 / 2023

Geagte ouers

Baie welkom terug vir die 2de kwartaal, ons bid vir u en u kind ‘n gesëende nuwe kwartaal toe.

Lief en Leed

Baie geluk aan Mej. Delport (nou Mev. Fourie) wat gedurende die vakansie in die huwelik getree het.

Baie welkom aan nuwe personeel wat by ons aansluit:

  • Mnr. L Lottering se oorplasing vanaf H/S Akasia is gefinaliseer. Hy vervang Mev. G Prins as Departementshoof Lewensorientering. Dankie aan Mnr. R. Steyn wat die Eerste Kwartaal vir ons by LO sport ingestaan het en ook aan Mev. N. de Lange wat vir ons as Departementshoof waargeneem het.
  • Nuwe studente wat vir hulle waarneming by ons aansluit: Mnr. D. Dunsterville (Afrikaans), Mej. B Bosch (Engels), Mej. R Coetzer (Lewenswetenskap) en Mej. A. Fourie (EBW).
Gholf: Voorsittersbeker

23 Maart:

PNHS 1 wen Curro Hazeldean 3 – 1 op Silver Lakes. Baie geluk aan Mathew Kilfoil, Regardt du Preez en Jean Swart wat hul wedstryde wen.

Wintersport: Toere en Toernooie

0/14 en 0/15 Rugby na H/S Ben Vorster - week:

0/14

Verloor teen H/S Ben Vorster 7 – 56
Verloor teen H/S Dinamika 7 – 27
Wen teen HTS Sasolburg 41 – 10

0/15

Verloor teen H/S Ben Vorster 7 – 57
Verloor teen H/S Dinamika 12 – 22
Wen teen HTS Sasolburg 44 – 0

Die volgende spelers word gekies vir ‘n toerspan na Argentinië gedurende Desember:

0/14: Jayden Roux, Matthew Roselt, Marco Botha, Troy Bester, Fourie Brandon en Hardus Naude.
0/15: Henry Dearlove, MC Swanepoel, Wian van Heerden, GP Engelbrecht en Malan Bezuidenhout.

0/16 Rugby na Bethlehem

0/16:

Wen H/s Goudveld 12 – 10.
Wen VKB 10 – 7
Verloor teen H/S Witteberg 20 – 42.

1ste span Rugby na Glenwood week

1ste:

Wen Sharks Ontwikkellingspan 71 – 12
Verloor teen H/S dinamika 12 – 32
Verloor teen HTS Hans Moore 14 – 33

Netbal 0/15 in Mini Wêreldbeker Toernooi

0/15:

Wen teen Yeshiva 10 -9.
Gelykop teen Poelano 10 – 10.
Verloor teen H/S Kemptonpark 6 – 34.

Netbal: Gauteng-proewe

Rina Mamabolo (0/17) en Marang Mothupi (0/18) dring deur na die volgende rondte proewe op 22 April 2023.

Waarde-balkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat kwalifiseer vir waarde-balkies:

  • Martinique Kruger (8A) vir lojaliteit.
  • Corlia du Preez (8B) vir respek.
  • Ruan Schoonraad (8C) vir lojaliteit.
  • Jayden de Villiers (8E) vir lojaliteit.
  • Michael de Villiers (8E) vir lojaliteit.
  • Janus Smith (8E) vir lojaliteit.
  • Cyril Aarloo (8E) vir lojaliteit.
  • Amy-Lee Botha (8E) vir lojaliteit.
PNHS Karnaval 2023, 5 / 6 Mei

Vrydag, 5 Mei:

  • Kunstenaars: Droomsindroom, Refentse en Jo Black
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage
  • Mallemeule, kosstalletjies en Moedersmark.
  • Volwassenes en hoërskoolleerders: R150-00 per persoon.
  • Voorskool en laerskoolleerders: Gratis (met die aankoop van twee volwasse toegangskaartjies)
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Vrydagaand, Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Karnavalkaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie.
  • Gelukkige trekking kaartjies: R10-00 per kaartjie.
  • Kaartjies sal van 12 April 2023 te koop wees.
  • Groot pryse vir leerders wat die meeste kaartjies en kompetisieboekies verkoop.

Saterdag, 6 Mei:

  • Skaapbraai, mandjiedans en “donkie derby”
  • Seremoniemeester: Ruben Delmage.
  • Mallemeule, stalletjies en moedersdagmark.
  • Kaartjies vir skaapbraai is R 250-00, betalings aan PNHS ONDERSTEUNERS, FNB, taknommer: 250655, rekeningnommer: 63020235750, verwysing: naam en skaapbraai, stuur bewys van betaling aan: [email protected]
  • Mallemeulepakette: R250-00 per pakket vir Saterdagaand, word verkry by skool met bewys van gepaardgaande skaapbraaikaartjie. Toegang tot terrein is beperk tot persone in besit van Skaapbraaikaartjie, geen kinders sonder ouer toesig nie.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.


Program vir die week
Woensdag, 12 April:
  • Skool heropen
  • Graad 8 – 12, dag 3.
Donderdag, 13 April:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Leier Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Vrydag, 14 April:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Tennis: Seuns: PNHS 1 v/s Waterkloof 5, 14H30, tuis.
Saterdag, 15 April:
  • Wintersport: PUK 16 Semi-Finaal by H/S Oosterland. Busse vertrek om 04H15 en terug om en by 17H00.
Maandag, 17 April:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Rugby Akademievergadering, 18H00, konferensiekamer.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / “Noorderlig” vergadering, 18H00, restaurant

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug