Omsendbrief 10/2023

Omsendbrief 10/2023


Administratief
March 13, 2023


OB: 10 / 2023

Geagte ouers
Tennis:

8 Maart:

Dogters 1ste span v/s Wilgers 1. PNHS verloor met 23 potte teenoor 45. Geluk aan Denize Smit wat haar wedstryd wen (6-5) Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons vier verloor.

Wintersport: PUK 16: Poelwedstryd 3: H/S Stofberg, 11 Maart 2023 (tuis)
Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 1 1 2 3 4 2 0 2 1 3
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 3 - 2 - 2 - 3 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Oost                
Hokkie 1ste 1ste                
Seuns 2 0                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - - - - - - - - -
Verloor 2 - - - - - - - - -
Gelyk 0 - - - - - - - - -
Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 63 5 66 17 39 0 15 14 20 14
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 3 - 3 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof PN Stof
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 18 6 33 11 45 13 10 10 25 20
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 2 - 1 - 1 - 3 -
Verloor 0 - 1 - 2 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 2 - 0 -
Skool PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 29 2 16 2 4 15        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 2 - 1 - - - - -
Verloor 0 - 1 - 2 - - - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - - - - -
Skool PN Stof                
Skaak 1ste 1ste                
  18 9                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - - - - - - - - -
Verloor 1 - - - - - - - - -
Gelyk 0 - - - - - - - - -
Netbal: Distrik proewe 7 – 9 Maart 2023

Baie geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die Tshwane rondte:

0/14: Ané Reis, Erika Jonker, Anelska van Dyk, Chanel Ströh, Lucille Zengel en Mia Rynners.
0/15: Elmarie Fourie, Elmaré Delport en Marinda Fraser.
0/16: Jonéh Swart
0/17: Wilné Kriel en Rina Mamabolo
0/18: Jacinda de Lange, Taryn Hayes, Marang Mothupi, Mignon de Klerk en Nelmari Driescher

Interne Waterkompetisie, 9 Maart 2023

Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het en bietjie meer geleer het van siviele ingeneurswese.
Baie geluk aan die volgende wenners:

3de: Juané Pretorius, Mariska van Oord en Wilné Kriel.
2de: Beate Haarhoff, André Haarhoff en Leonardo Pretorius.
1ste: Cornell du Toit, Brandon Bowls en Massyn Muller.

Waardebalkies

Baie geluk aan:

  • Zelda Niemand (11D) wat ‘n waardebalkie vir integriteit verower het.
Uiiteken van Leerders

Geagte ouers ons ondervind eindelose probleme met die stroom leerders wat daagliks gedurende skoolure, veral op Vrydae, uitgeteken moet word. Kragonderbrekings maak dit ook vir ons ‘n reuse probleem om leerders uit klasse te gaan haal.

Vergewis u asseblief van die reëls vir uitteken in die huiswerboekie onder “Algemene skoolreëls, paragraaf 3 “Afwesigheid”:

  • Indien ‘n leerling vroeër moet huis toe gaan, moet die skool ten minste ‘n dag voor die tyd per brief daarvan verwittig word sodat die toestemmingsbrief in gereedheid gebring kan word.
  • Die brief moet gedurende voogperiode deur die leerder na die graadhoof geneem word en die uittekentabel in die huiswerkboek op bladsy 168 – 172 moet dan voltooi word.
  • Wanneer die leerder moet uitgaan wys hy / sy die huiswerkboek vir die vakonderwyser en kom self na die navraetoonbank op die gegewe tyd om u te ontmoet.
  • In ‘n uiterste noodgeval waar omstandighede dit onmoontlik maak om vooraf vir die skool kennis te gee, moet die ouer of wettige voog, self-die leerder kom uitteken by navrae. Enige ander persoon wat gestuur word om ‘n leerder by die skool af te haal moet in besit wees van ‘n oorspronklike getekende brief van die ouer wat die skool kan liasseer. Geen e-posse of whatsapp boodskappe sal aanvaar word nie.
Solar-tenders vir Hoërskool Pretoria-Noord
  • Tenders vir ‘n solar-kragoplossing vir Hoërskool Pretoria-Noord open op 13 Maart 2023.
  • Tenderdokumente is beskikbaar by ons navrae-toonbank vanaf 13 Maart 2023.
  • Tenders sluit op 13 April 2023 om 14H00.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Hokkie Astro 2023

U sou reeds op facebook kennis geneem het dat ons Hokkie Akademie ‘n projek van stapel gestuur het om fondse te in vir die bou van ‘n Astro baan. ‘n Donasie van R 800-00 kan geskenk word om ‘n blok 1m² te borg. Alle donateurs se name sal op ‘n bord by die baan aangebring word. U maak u betaling aan: Bank: ABSA / Naam: PTA NRD HOëRSKOOL FNDS / Rek. Nr.: 60650012 / Takkode: 632005 / Verwysing: ASTRO + NAAM + VAN.

0/16 hokkie verkoop weer die lekkerste sosaties ten bate van ons Astro. Kom ondersteun hulle eerskomende Saterdag, 11 Maart 2023, by die NWU 16 wedstryde teen Stofberg.

Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig
  • Groot dank aan Me. A Coetzee vir ‘n ruim skenking van dogters toiletware. Hierdie skenking gaan ‘n groot verskil maak. Dit word opreg waardeer.
  • Die behoefte aan enige higiëne produkte veral seuns en dogters spuitgoed / “roll on” bly deurlopend.
  • Met wintersport voluit aan die gang bly die behoefte vir enige aanmaak koeldrank ook groot.

-Mev. T Breytenbach - Akademie voorsitster


Program vir die week
Maandag, 13 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Netbal: 0/16 en 0/17 Tshwane proewe, 14H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 kelneropleiding, 14H15 – 16H30, restaurant.
  • Tennis: oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
Dinsdag, 14 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Toetsreeks
  • Netbal 0/18 Tshwane proewe 14H00, H/S Erasmus.
  • Tennis: Dogters 0/15A v/s AHMP 0/15D, 14H30, tuis.
  • Graad 12: Sleutel 5 Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 kelneropleiding, 14H15 – 16H30, restaurant.
Woensdag, 15 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Netbal: 0/14 en 0/15 Tshwane proewe, 14H00, H/S Waterkloof.
  • Tennis: Seuns 0/15 A v/s Midstream 0/15 B, 14H30, weg.
  • English Evening, 18H00, personeelkamer.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: uitvoerende Komiteevergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 16 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 kelneropleiding, 14H15 – 16H30, restaurant.
  • Rugby: PNHS B-spanne en 2de span v/s Rietondale High, 14H30, tuis.
Vrydag, 17 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Tennis: Seuns 1ste v/s PBHS 0/15 F, 14H30, weg.
  • Herfsdans, 18H00, saal.
Saterdag, 18 Maart:
  • Revue: dagkamp, 08H00 – 17H00, saal.
Maandag, 20 Maart:
  • Skoolvakansiedag.
Dinsdag, 21 Maart:
  • Menseregtedag
Woensdag, 22 Maart:
  • Graad 8 – 12, dag 1.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug