Sterrestelsel Swerwers – PNHS Revue 2019

Sterrestelsel Swerwers – PNHS Revue 2019

Administratief
October 01, 2019


Sterrestelsel Swerwers –PNHS Revue 2019

Gedagtes omsoom met sterre en ʼn melkweg vol hoop. ʼn Dromer en ‘n realis wat op die wolke loop. Sterrestelsel Swerwers is hul kreet, ‘n revue-groep wat PNHS nooit sal vergeet.

PNHS se revue het vanjaar besluit om hulle horisonne te verbreed. Buiten vir die Sterrestelsel Swerwers-tema , het hulle vir die eerste keer aan ‘n melkweg vol kompetisies deelgeneem. Hulle het op verskeie terreine uitgeblink waar hul hoogte prestasies ‘n A++ en medalje wenners is, wat hul by die Kunsvereniging Kunswedstryd ontvang het. Hulle het ook by die Kaleidoskope kompetisie sowel as die Revue Championships na die finale rondte, waar slegs vyf skole gekies word, deurgedring. Hul stap weg met die titel as gunsteling nuweling wat elke Swerwer laat blink van trots.

Tydens hul optrede by die Wonderliggiefees, word die revue-groep toegejuig en aangespoor deur menigte PNHS-leerders sowel as die gemeenskap. Hierdie daad sluit aan by die tema wat dit duidelik maak dat daar vir elke leerder geleenthede by PNHS is en dat ons ten alle tye as ‘n span saam staan.
Die groep sal ook hul televisie debuut op 25 Oktober 2019 maak, waar hul deelneem aan die Dans In Jou Taal kompetisie wat by Carnival City geskied. Hierdie optrede sal lateraan op kanaal 146 uitgesaai word.

Hulle passie en toewyding word bewonder omrede die groep alreeds vroeg in Februarie begin met hul voorbereiding en enduit elke gehoor laat juig met hul ritmiese bewegings, moderne kostuums en fenomenale rekwisiete.

Uiteindelik het die tyd gekom om terug te keer, die Sterrestelsel Swerwers, groet vir die laaste keer. Tussen die sterre het hul gedans en sing – watter reis gaan die toekoms vir die Swerwers bring?


Revue 2019

Aflaai aanhangsel

Terug