Omsendbrief 32/2019

Omsendbrief 32/2019

Administratief
September 16, 2019


Geagte ouers
Lief & Leed

Dit is met leedwese wat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers:

  • Mnr Marthinus Christie, vader van Duhan (gr 11) en Tian Christie (gr 12) is na ‘n lang siekbed oorlede.
  • Mnr. JP Maree (vader van Eduan (gr. 10) en Marellee Maree (gr. 9) het die stryd teen kanker verloor

Ons dra hierdie twee gesinne op aan ons Hemelse Vader en vra dat Hy vir hulle vertroosting sal gee met hulle groot verlies.

Sagtebal
Vriendskaplik: PNHS v/s Benoni High, 11 September 2019, tuis
Skool PN BH PN BHt PN BH PN BH
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 8 1 5 1 25 0 5 5
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 2 - 2 - 5 -
Verloor 5 - 4 - 5 - 2 -
Gelyk 1 - 2 - 0 - 1 -
Skool PN BH PN BH PN BH PN BH
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 8 1 9 1 4 14 6 8
Uitslae tot dusver                
Gewen 5 - 7 - 4 - 5 -
Verloor 1 - 1 - 4 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Seuns Gauteng-Noord Uitspele, 13 September 2019, Crafford Park
Skool PN Hs PN Hs PN Ak PN Son
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 5 7 2 8 13 4 3 1
Uitslae tot dusver                
Gewen 5 - 7 - 5 - 6 -
Verloor 2 - 2 - 4 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -

HS=Homespun / Ak =Akasia / Son=Sonitus

  • 0/14 speler van die wedstryd: Owen Kuhn
  • 0/15 kolwers van die wedstryd: Adriaan de Wet en Michael Murry en veldwerker van die wedstryd: Ryan Cilliers.
  • 0/16 Spelers van die wedstryd: Wynand Roos en Martin Groenewald.
  • 1ste span: Speler van die wedstryd: Morné Jacobs.
  • Al 4 ons seuns spanne dring deur tot die semi-finales op 5 Oktober 2019
Dogters Gauteng-Noord Uitspele, 14 September 2019, Crafford Park
Skool PN   PN   PN   PN Ov
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag             5 12
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 2 - 2 - 5 -
Verloor 5 - 4 - 5 - 3 -
Gelyk 1 - 2 - 0 - 1 -
  • 0/19 Speler van die Wedstryd: Laurika Cronje
Krieket:

9 Sept:

PNHS 2 v/s H/S Wonderboom 2, weg. Wonderboom 2 kolf eerste en behaal 106 / 10 in 16 beurte. Marcel de Lange neem 4 paaltjies vir 28 lopies in sy 4 beurte. Dehan Martin neem 3 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 2 volg op met 107 / 3 in 14 beurte. Kevin Smith vaar die beste met die kolf en slaan 65 lopies van 41 balle (ontvang ‘n silwer balkie). PNHS 2 wen met 7 paaltjies. Dit was ons 2de span se vierde ligawedstryd waarvan hulle drie wen en een verloor. Dehan Martin wen die trofee vir Beste Bouler, Kevin Smith wen die trofee vir Beste Kolwer en Willem de Beer wen die trofee vir Beste Veldwerker.

10 Sept:

PNHS 0/14 A v/s H/S Wilgers 0/14 A, weg. PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 168 / 4 in hul toegelate 20 beurte. Uitstekende kolfwerk van Jadon Gordon met 48 lopies van 30 balle (Ontvang ‘n brons balkie), Dean du Toit met 40 lopies van 47 balle (ontvang ‘n brons balkie) en Andrew Durdle met 51 lopies van 33 balle (ontvang ‘n silwer balkie). Wilgers 0/14 A volg op met 156 lopies in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Dehan Smith met 2 paaltjies vir 27 lopies en Dean du Toit met 1 paaltjie vir 23 lopies. PNHS wen met 13 lopies. Dit was ons 0/14 A span se vyfde ligawedstryd, waarvan hulle vyf wen. Andrew Durdle ontvang die trofee vir Beste Kolwer, Dehan Smit trofee vir Beste Bouler en Marco j.v Rensburg ontvang die trfee vir Beste Veldwerker.

12 Sept:

PNHS 0/15 A v/s H/S Wilgers 0/15 A, weg. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 209 / 4 in hul 20 beurte. Goeie kolfwerk van Ruan Ball met 89 van 49 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Bothma Oosthuizen met 45 van 28 balle (ontvang ‘n brons balkie). Wilgers 0/15 A volg op met 151 / 9 in hul toegelate 20 beurte. Goeie boulwerk van Carel Greyling met 3 paaltjies vir 25 lopies in 20 beurte. PNHS 0/15 A wen met 58 lopies. Dit was ons 0/15 A span se vyfde ligawedstryd, waarvan hulle vier wen en een verloor. Ruan Ball wen die trofee vir Beste Kolwer, Carel Greyling wen die trofee vir Beste Bouler en Ruan Ball wen ook die trofee vir Beste Veldwerker.

14 Sept:

PNHS 1 v/s Laudium Krieket Klub 1, tuis. Laudium 1 kolf eerste en behaal 344 / 10 in 48 beurte. Goeie boulwerk van Tristan Cloete met 4 paaltjies vir 62 lopies in 9 beurte (ontvang ‘n brons balkie), Ruan Ball neem ‘n briljante uithardloop en ook 2 vangskote (ontvang ‘n brons balkie) en Arie Dekker neem vier vangskote agter die penne (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 1 volg op met 323 / 10. Goeie kolfwerk van Jarrod Davis met 76 lopies van 65 balle (ontvang ‘n silwer balkie), Jan Jones met 82 van 89 balle (ontvang ‘n silwer balkie) en Henk Fick met 67 van 45 balle (ontvang ‘n silwer balkie). PNHS 1 verloor met 23 lopies. Dit was ons 1ste span se derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor. Geluk aan Jan Jones wat die trofee vir beste kolwer verower, Tristan Cloete wat die trofee vir beste bouler verower en Ruan Ball wat die trofee vir beste veldwerker verower.

Atletiek: Vriendskaplike Byeenkoms, H/S Eldoraigne, 13 September 2019

Baie geluk aan ons atlete wat pragtig presteer:

1ste plekke:

Kyle Engelbrecht (Hs:1010 ABSA punte en Vs 1076 ABSA punte) Dylan McMaster (800M: 927 ABSA punte) Chrissie de Beer (Sg: 865 ABSA punte en Gs: 836 ABSA punte) Jarred Enslin (100M: 862 ABSA punte). Amberlee Sutherland (Gs: 732 ABSA punte en Sw) Dané McNay (Vs en 400MH)

2de plekke:

Annika Strydom (100M: 783 ABSA punte) Dylan McMaster (400M: 785 ABSA punte) Jeanne Wernick (Sw)

3de plekke:

Annika Strydom (400M) Willie van Rooyen (3000M) Jemma Els (Hs: 717 ABSA punte) Thuto Modise (Hs: 725 ABSA punte) Amberlee Sutherland (Sg)

Ander mooi prestasies:

Sunéle Naude (100M: 700 ABSA punte), Louwtjie Jacobs (100M: 731 ABSA punte en 200M 784 ABSA punte, Annika Strydom (200M: 751 ABSA punte, Dylan McMaster (200M: 751 ABSA punte en Leander Esterhuizen (HS: 739 ABSA punte en Vs: 734 ABSA punte).

Gedrag

Geluk aan: Zander Labuschagne (9A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang. Tasha Marais (11E) wat ‘n waardebalkie vir Respek ontvang.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Program vir die week

Maandag, 16 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Overkruin 2, 14H30, weg.

Dinsdag, 17 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/14 v/s Uitsig, 14H30, weg.
  • Kuns Uitstalling, 14H00 – 15H30, K 82.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantdag, 14H00 - 18H00, restaurant.

Woensdag, 18 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: Proewe Seuns en Dogters, 14H30, Crafford Park.
  • Finansiële Komitee Begrotingsvergadering, 17H15, Konferensiekamer.

Donderdag, 19 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.

Vrydag, 20 Sept:

  • Skool sluit. Program:
  • Saal en Voogperiode 07H20 – 09H15,
  • Pouse 09H15 – 09H35,
  • Eksamen Sessie 09H45 – 10H55,
  • skool kom uit om 11H00.
  • Graad 12 Afskeid, 19H00, De Harte.

23 - 26 Sept:

  • IGO Lenteskool, 08H00 – 12H00, K9

Aflaai aanhangsel

Terug