Omsendbrief 31/2019

Omsendbrief 31/2019

Administratief
September 09, 2019


Geagte ouers
Sagtebal
Liga 8: Seuns v/s Homespun, 30 Augustus 2019, weg
Skool PN Hs PN Hs PN Hs PN Hs
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 3 4 2 7 2 6 9 4
Uitslae tot dusver                
Gewen 3 - 5 - 4 - 5 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Hs PN   PN   PN  
Seuns 0/14A 0/14B 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 16 3            
Uitslae tot dusver                
Gewen 4 - 5 - 4 - 5 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN   PN HS PN   PN  
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag 16 3            
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 3 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 3 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Sagtebal: Liga 6: Dogters v/s H/S Oos Moot, tuis, 31 Augustus 2019
Skool PN OM PN OM PN OM PN OM
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 0 16 2 11 2 15 0 13
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 1 - 1 - 4 -
Verloor 5 - 4 - 4 - 2 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Sagtebal: Liga 7: Dogters v/s H/S Hartebeespoort, weg, 6 September 2019
Skool PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt
Dogters 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 8 8 1 1 0 21 12 5
Uitslae tot dusver                
Gewen 1 - 1 - 1 - 5 -
Verloor 5 - 4 - 5 - 2 -
Gelyk 1 - 2 - 0 - 0 -
Liga 9: Seuns v/s Hartebeespoort, weg, 6 September 2019,
Skool PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt
Seuns 0/14A 0/14B 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag     6 4 0 14 2 3
Uitslae tot dusver                
Gewen 4 - 6 - 4 - 5 -
Verloor 1 - 1 - 3 - 3 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN   PN Hpt PN   PN  
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag     3 8        
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 3 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 4 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Krieket:

2 Sept:

PNHS 2 v/s H/S Wagpos 2, weg. Wagpos 2 kolf eerste en behaal 124 / 8 in hul toegelate 20 beurte. Morné Jacobs vaar uitstekend met die bal en neem 3 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie). Jared Davis neem 2 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte. PNHS 2 volg op met 125 / 5 in 13 beurte. Goeie kolfwerk van Jared Davis met 48 lopies van 26 balle (ontvang ‘n brons balkie), Morné Jacobs met 32 lopies van 26 balle (ontvang ‘n brons balkie). PNHS 2 wen met 5 paaltjies. Dit was ons 2de span se derde ligawedstryd waarvan hulle twee wen en een verloor. Morné Jacobs 00 wen die trofee vir Beste Bouler, Jared Davis wen die trofee vir Beste Kolwer en Dawie Swart wen die trofee vir Beste Veldwerker.

5 Sept:

PNHS 0/15 A v/s H/S Uitsig 0/15 A, tuis. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 194 / 2. Goeie kolfwerk van Ruan Ball 32 van 19 balle (ontvang ‘n brons balkie), Ludwig Erasmus 54 nun van 44 balle (ontvang ‘n silwer balkie en Zain Vorster met 88 nun van 43 balle (ontvang ‘n silwer balkie). H/S Uitsig volg op met 54 / 10. Goeie boulwerk van Ruan Ball met 4 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte (ontvang ‘n brons balkie), Ryan Cilliers met 1 paaltjie vir 20 lopies in 3 beurte, Melvin Swart met 2 paaltjies vir 3 lopies in 2 beurte en Nathan du Plessis met 2 paaltjies vir 11 lopies in 2 beurte. PNHS 0/15 A wen met 8 paaltjies. Dit was ons 0/15 A span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle drie wen en een verloor. Zain Vorster wen die trofee vir Beste Kolwer, Ruan Ball wen die trofee vir Beste Bouler en Bothma Oosthuizen en die trofee vir Beste Veldwerker.

Netbal: Fast Five: L/S Concordia, 7 September2019

PNHS 0/15 A dring deur na die Gauteng uitspele:

  • PNHS 0/15 A v/s Menlopark 0/15 A verloor 6 – 18.
  • PNHS 0/15 A v/s Dinamika 0/15 A verloor 14 – 29.
  • PNHS 0/15 A v/s H/S Monument 0/15 A verloor 11 – 20.
Landloop
  • Baie geluk aan ons dogters landloop wat die B Afdeling vir 2019 wen. Ons junior dogters het 5de geeindig en senior dogters wen die B-Afdeling.
  • Ons seuns eindig 2de in die B-Afdeling vir 2019. Ons junior seuns wen die B-Afdeling en ons senior seuns eindig 2de.
Atletiek: Vriendskaplike Byeenkoms, H/S Oos Moot, 5 September 2019

Baie geluk aan ons atlete wat pragtig presteer:

1ste plekke:

Kyle Engelbrecht (Hs:1121 ABSA punte) en Jarred Enslin (100M: 894 ABSA punte).

2de plekke:

Kyle Engelbrecht (Vs: 1079 ABSA punte), Ryan Cilliers (Sg: 708 ABSA punte) en Nekeishe Rademeyer (Sg).

3de plekke:

Erika Engelbrecht (400M), Dylan McMaster (400M: 754 ABSA punte, 800M: 734 ABSA punte), Divan Labuschagne (110MH: 722 ABSA punte) en Danica Grobler (300MH).

Ander mooi prestasies:

Jarred Enslin (200M: 841 ABSA punte), Dylan McMaster (200M: 708 ABSA punte) en Brandon Lemmer (Sw: 715 ABSA punte).

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons ‘n verskuiwing moes maak van datums as gevolg van ons merietefunksie wat geskuif het. Ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2020 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 22 Oktober 2019 om 18H00 in die skoolsaal. Ons nooi al ons ouers uit om hierdie baie belangrike vergadering by te woon en u insette te kom lewer. Volgens nuwe regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 22 Oktober 2019 is nie sal die vergadering op Maandag, 11 November 2019 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor vanaf Maandag, 7 Oktober 2019 vir insae.

PNHS Jaarlikse Gholfdag: 15 Oktober 2019

Neem asseblief kennis van ons skool se jaarlikse gholfdag wat gaan plaasvind op Dinsdag 15 Oktober 2019. Hierdie jaar word dit vir die eerste keer aangebied by die Four Seasons gholfklub op Brits, dit beloof om sommer ‘n lekker bosveld ervaring te wees! Dit sal weer ‘n besondere dag wees, wat u nie moet misloop nie. Ons reëlings vorder reeds fluks.

  • Die koste van ‘n vierbal beloop R 2400 – 00 en sluit in speelfooie, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkie, halfweghuis en prysuitdelingsfunksie.

Borgskappe vir besighede is ook beskikbaar en wel asvolg:

  • Putjieborg teen R 2500-00, vir uitstalspasie by ‘n putjie.
  • Putjieborg teen R4500 – 00, vir uitstalspasie by ‘n putjie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.
  • Halfweghuisborg teen R 5500 -00, vir uistalspasie by die registrasiepunt en halfweghuis, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes en prysuitdelingsfunksie.
  • Prysuitdelingsfunksie borg teen R 6000 – 00, vir uitstalspasie by die prysuitdeling, spreekbeurt tydens die prysuitdelingsfunksie, speelfooie vir 4 spelers, 2 gholfkarretjies, verwelkomingspakkies, halfweghuis etes, prysuitdelingsfunksie.

Daar is ongelukkig net beperkte plek beskikbaar verseker dat u, u plek so vining as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom. Indien u sou belangstel om te speel kan u gerus skakel met ons koördineerder, Mev A Smith, by 071 6094299 of e-pos by [email protected] of enige van ons Akademie voorsitters. Indien u ‘n besigheid besit en graag betrokke wil raak by die dag in die vorm van borgskappe of ‘n vierbal wil inskryf is u ook welkom om met haar of enige van ons Akademie voorsitters te skakel.

Program vir die week

Maandag, 9 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Wonderboom 2, 14H30, weg.

Dinsdag, 10 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/14 v/s Wilgers, 14H30, weg.
  • Afrikaans: Junior Olimpiade, 14H00, K19.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.

Woensdag, 11 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: Vriendskaplike wedstryde v/s Benoni High, 14H30, tuis.

Donderdag, 12 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Wilgers, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • Fotografieklub, 14H00, K 74.

Vrydag, 13 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Graad 10 & 11 Toerisme & Geskiedenis uitstappie na Apartheids museum en Gold Reef City. Vertrek om 07H30 en terug om en by 16H30.
  • Atletiek: Vriendskaplike byeenkoms, Eldoraigne, 14H30, Busse vertrek om 13H30.
  • Sagtebal: Seuns uitspeelwedstryde, 14H30, Craffordpark. Busse vertrek om 13H30.
  • Skool sluit om 13H30 as gevolg van atletiek en sagtebal.

Saterdag, 14 Sept:

  • Krieket: PNHS 1 v/s Ladium 1, 09H00, tuis.
  • Jukskei: Noord-Vaal Kampioenskap, 09H00, Jukskeipark
  • Sagtebal: Dogters uitspeelwedstryde, 09H00, Craffordpark.

Aflaai aanhangsel

Terug