Omsendbrief 26/2019

Omsendbrief 26/2019

Administratief
August 05, 2019


Geagte ouers
Gholf

29 Julie:

PNHS 1 v/s Afrikaans Hoër Seuns 6, Akasia gholfbaan. PNHS 1 wen met 4 wedstryde teenoor 0. Geluk aan Ivan Bouwer, Dillan McMaster, Leigh Loots en Matthew Kilfoil wat hulle wedstryde wen. Dit was ons 1ste span se tweede ligawedstryd waarvan hulle 1 wen en 1 gelykop speel.

Sagtebal:
Liga 2: Seuns v/s Akasia, 30 Julie 2019
Skool PN Ak PN Ak PN Ak PN Ak
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag 19 0 16 4 10 8 8 7
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 2 - 2 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN   PN Ak PN   PN  
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag     10 11        
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Liga 3: Seuns v/s Tuine, 2 Augustus 2019
Skool PN   PN T PN T PN T
Seuns 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Uitslag     15 5 6 11 5 9
Uitslae tot dusver                
Gewen 2 - 3 - 2 - 2 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 1 - 1 -
Skool PN   PN T PN   PN  
Seuns 0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B 2de 2de
Uitslag     12 6        
Uitslae tot dusver                
Gewen 0 - 2 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 -
Wintersport
Hokkie: Noord-Vaal Kompetisie, 1 – 2 Augustus

0/15: Speel by Hatfield Christian School:

PNHS 0 v/s Oosterland 3

PNHS 0 v/s Fochville 0

PNHS 0 v/s Die Anker 2

0/16: Speel by H/S Middelburg:

PNHS 0 v/s Kanonkop 5

PNHS 0 v/s Fochville 1

PNHS 1 v/s Delmas 5

Netbal: Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, 23 Junie – 29 Junie, Kaapstad / Johannesburg

Baie geluk aan Kayla Sauer en Narissa Maritz wat opgeneem is in die 0/19 Royal Bafokeng span.

Baie geluk ook aan Oratile Maodi wat opgeneem is in die Royal Bafokeng 0/21 span wat vanaf 4 – 10 Augustus aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by die Universiteit van Johannesburg gaan deelneem.

Jukskei: Suid-Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe, Kroonstad

Baie geluk aan Eric Reynecke wat ‘n derde plek verower en ook ‘n toekenning kry as Speler wat die beste vordering toon, tydens die kampioenskappe.

Kultuur
Revue: 8 Beats Kompetisie, Krugersdorp, 2 Augustus 2019.

Ons revue vertoon uitstekend.

Koor: Tshwane Jeug Kunstefees, 3 Augustus 2019, staatsteater.

Ons koor vertoon uitstekend en kry ‘n staande ovasie van die gehoor.

Gedrag

Geluk aan:

Adriaan de Wet (9A) wat ‘n waardebalkie vir lojaliteit ontvang.

Massyn Muller (8F) wat ‘n waardebalkie vir respek ontvang.

Merietefunksie 2019
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig voor of op 6 September 2019. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie.Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Tender: Rekenaar toerusting

Ons rekenaartoerusting in die een sentrum is opgegradeer. Dit is “Thin clients”(“master with two slaves”) om te koppel aan ‘n “server” / bediener in ‘n lokale area netwerk. Geskik vir 27 kliënterekenaars vanaf ‘n bediener. Geen skerms, sleutelborde of muise nie. Belangstellendes kan ‘n aanbod maak by [email protected]. Vir besigtiging kan ‘n afspraak met Mev. I Kamffer gemaak word by die skool (012 546 6590). Die tender sal sluit op 30 Augustus 2019 om 14H00.

Program vir die week

Maandag, 5 Aug:

  • PN-Raad verkiesing, voogperiode.
  • Lewenswetenskap Olimpiade, graad 10 en 11, 14H00, K 81.
  • Natuur Wetenskap: Olimpiade, graad 8 en 9, 14H00, K81.
  • Sagtebal: 0/16 en 1ste spanne v/s HTS Tuine, 14H30, weg.
  • Gholf: PNHS 1 v/s Oos Moot 2, 14H30, Akasia.

Dinsdag, 6 Aug:

  • Toetsdag.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 6), 14H15 -15H15.
  • Krieket: 0/14 v/s Wagpos, 14H30, weg.
  • Akademie vir Leerder Prestasie: Ouer inligtingsaand graad 9 en 11, 17H30, saal.

Woensdag, 7 Aug:

  • Interne Algemene Vasvrae, 14H00, K.19 – K.24.
  • Akademiese uur: graad 8 -11, 14H15 -15H15.
  • Fisiese Wetenskap Olimpiade graad 10 en 11, 14H00, K 81.
  • Landloop: Liga 5, 14H30, H/S Uitsig.
  • Gholf: PNHS 3 v/s Eldoreigne 3, 14H30, Dienste gholfklub.
  • Skaak: PNHS 0/15 v/s Langenhoven, 14H30, weg.

Donderdag, 8 Aug:

  • Toetsdag.
  • PN Raad: “Rhino Connect”- projek eindig.
  • Bekendmaking van PN Raad.

Vrydag, 9 Aug:

  • Vakansiedag: Vrouedag.
  • PNNK kleedrepetisie, 08H00 – 13H00.
  • Graad 12: Fisiese Wetenskap Lenteskool, 08H00 – 16H00, K 14.

Aflaai aanhangsel

Terug