Krieket Grootvlei Verslag 2019

Krieket Grootvlei Verslag 2019

Me A. Smith
July 18, 2019


Krieket : Grootvlei toernooi 15 tot 18 Julie 2019

Ons skryf twee spanne in, ‘n junior span wat as gevolg van die laat verandering van die datums vir die toernooi bestaan uit hoofsaaklik 0/14 spelers asook ‘n senior span wat self twee junior spelers in het.

Ons junior span speel teen Zwartkop, EG Jansen en Secunda se 0/15 spanne en kon ongelukkig nie ‘n wedstryd wen nie alhoewel hulle baie goeie rekenskap van hulself gegee het.

Uitblinkers was as volg :

Jayden Gordon ( brons kolf) vir 44 van 68 balle teen Zwartkop Zain Vorster (brons en silwer kolf) vir 39 lopies van 58 balle teen EG Jansen asook 93 lopies van 123 balle teen Secunda.

Junior pryse geborg deur IXU :

Beste kolwer – Zain Vorster

Beste bouler – Leonard McGeer

Beste speler – Alhoewel die speler by die senior span diens doen, word hy beoordeel as ‘n junior speler omdat hy nog 0/15 is. Hy teken die tweede meeste lopies aan by die senior span, 59 lopies, neem een paaltjie en sy veldwerk was deurgaans van uitstekende gehalte met 4 vangskote : Ryan Cilliers.

Ons senior span speel teen Secunda, John Vorster (Heidelberg) en Overkruin. Ons wen al drie die wedstryde met gemak.

Ons wen vir Secunda met 46 lopies Ons wen teen John Vorster Heidelberg met 6 paaltjies en teen Overkruin met 88 lopies.

Die volgende spelers is uitblinkers :

Adrian Durdle – 33 (brons kolf) van 45 balle teen Secunda

Ryan Cilliers – 31 (brons kolf) van 59 balle teen Overkruin

Jarred Davies – 38 (brons kolf) van 37 balle teen Overkruin

Ludwig Erasmus – 30 van (brons kolf) van 61 balle teen Overkruin

Morne Jacobs – 4 paaljies vir 24 lopies (brons) in 8 beurte teen

Secunda asook 4 vir 37 (brons) in 8 beurte teen John Vorster.

Henk Fick – 3 paaljies (brons) vir 4 lopies in 4 beurte teen John Vorster.

Tristan Cloete – 6 paaltjies (goud) vir 33 lopies in 9 beurte teen Overkruin. Hy behaal ook die uitsonderlike prestasie om 4 paaljies te neem met 4 opeenvolgende balle. Vir sy vierkuns oorhandig ons graag ‘n trofee en bal aan hom sowel as die goue balkie.

Senior pryse geborg deur IXU :

Beste Kolwer – Jared Davies

Beste Bouler – Morne Jacobs : 9 vir 91 in 24 beurte, 3,71 lopies per beurt en 10,1 balle per paaltjie.

Beste Senior speler – Henk Fick : 7 vir 64 in 16 beurte, 4 lopies per beurt en 9,1 balle per paaltjie. Hy teken 52 lopies aan wat die derde meeste lopies vir die senior span is.

Ons sê baie dankie aan al die ouers wat ons kom ondersteun het asook al die borge wat die toernooi vir ons moontlik gemaak het. ‘n Spesiale word van dank aan Barcelos Wonderboom Junction wat heerlike middagetes verskaf het en Abi Allen vir haar akkurate en noukeurige tellinghou.

Aflaai aanhangsel

Terug