Omsendbrief 23/2019

Omsendbrief 23/2019

Administratief
July 15, 2019


Geagte ouers
Wintersport
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Semi-Finales, 13 Julie 2019, H/S Overkruin
  PN MC PN Won PN   PN   PN OV
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 14 20 16 30         15 17
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 4 - - - - - 4 -
Verloor 3 - 2 - - - - - 3 -
Gelyk 0 - 1 - - - - - 0 -

MC = Midstream College / Won = Wonderboom / Ov = Overkruin

  • Ons 0/14, 0/15 en 1ste spanne eindig hiermee as die Blou Bulle nommer 3 spanne, wat Blou Bulle sal verteenwoordig in die Noord-Vaal Virseker Beker, en sal in alle waarskynlikheid teen Limpopo se nommer 1 spanne (H/S Pietersburg) te staan kom oor 2 weke.
Krieket: Grootvlei Toernooi, 15 – 18 Julie 2019
  • Ons skryf ‘n junior en senior span in vir die toernooi.
  • Ons junior span bestaan hoofsaaklik uit 0/14 spelers en kon nie daarin slaag om ‘n wedstryd teen ander skole se 0/15 spanne te wen nie. Hulle speel teen: H/S Zwartkop, H/S EG Jansen en H/S Secunda. Die seuns gee goed rekenskap van hulself en daar is pragtige individuele prestasies: Jaydon Gordon slaan 44 lopies van 68 balle teen H/S Zwartkop (brons kolfie), Zain Vorster slaan 39 lopies van 58 balle teen EG Jansen (brons kolfie) en ook 93 lopies van 123 balle teen H/S Secunda (Silwer kolfie). Die volgende juniors ontvang pryse: Beste kolwer: Zain Vorster, Beste Bouler: Leonard McGeer en Beste Speler: Ryan Cilliers. Alhoewel Ryan by ons senior span diens gedoen het is hy nog 0/15 en word hy daarom as junior speler beoordeel: Ryan teken die tweede meeste lopies aan in die senior span naamlik 59, neem een paaltjie en doen ook uitstekende veldwerk met 4 vangskote wat benut word.
  • Ons senior span vaar uitstekend. Hulle speel teen: H/S Secunda, H/S John Vorster (Heidelberg) en H/S Overkruin. Hulle wen al drie wedstryde met gemak. Wen H/S Secunda met 46 lopies, H/S John Vorster met 6 paaltjies en H/S Overkruin met 88 lopies. Pragtige individuele prestasies: Adrian Durdle 33 lopies van 45 balle teen H/S Secunda (brons kolfie), Ryan Cilliers 31 lopies van 59 balle teen H/S Overkruin (brons kolfie), Jarrod Davis 38 lopies van 37 balle teen H/S Overkruin (brons kolfie) en Ludwig Erasmus 30 lopies van 61 balle teen H/S Overkruin. Morne Jacobs neem 4 paaltjies vir 24 lopies in 8 beurte teen H/S Secunda (brons paaltjie) asook 4 paaltjies vir 37 lopies in 8 beurte teen H/S John Vorster (brons paaltjie), Henk Fick neem 3 paaltjies vir 4 lopies in 4 beurte teen H/S John Vorster (brons paaltjie) en Tristan Cloete neem 6 paaltjies vir 33 lopies in 9 beurte, wat ‘n vierkuns insluit, teen H/S Overkruin (trofee, bal en goue paaltjie). Die volgende spelers ontvang pryse: Beste Kolwer: Jarrod Davis, Beste Bouler: Morne Jacobs en Beste Senior Speler: Henk Fick: neem 7 paaltjies in die toernooi vir 64 lopies in 16 beurte, dit gee hom ‘n ekonomie van 4 lopies per beurt en ‘n slagtempo van 1 paaltjie vir elke 9,1 balle. Hy teken 52 lopies aan wat algeheel die derde hoogste in die senior span was.
  • Baie dankie aan al ons ouers vir hulle getroue ondersteuning, al ons borge vir die toernooi. Barcello’s Wonderboom Junction wat heerlike middagetes verskaf het en Abi Allen vir akkurate en noukeurige tellinghou!
Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Beheerliggaam: Konsep Toelatingsbeleid

Neem kennis dat die nuwe Beheerliggaam ‘n nuwe Toelatingsbeleid moes opstel in opdrag van die GDO. Hierdie konsep-toelatingsbeleid was beskikbaar op ons webwerf vir u insae en insette tot 17 Junie 2019. Hierdie konsep-toelatingsbeleid moet nou tydens ‘n algemene ouervergadering aanvaar word deur die ouers voordat dit voorgelê kan word aan die Hoof van die Onderwys Departement. Hierdie algemene ouervergadering vir die aanvaarding van ons toelatingsbeleid sal plaasvind op Maandag, 15 Julie 2019 om 17H30 in die skoolsaal. Indien daar nie ‘n kworum is nie sal ‘n volgende algemene ouervergadering belê word vir 5 Augustus 2019 en ‘n stemming plaasvind met of sonder ‘n kworum.

Akademie Skakeling: Sport sielkundige: Dr. Garrath Rosslee, PNHS, 17 Julie 2019, PNHS

Neem kennis dat hierdie gesogte spreker in sportsielkunde op Woensdag, 17 Julie om 18H00 by H/S Pretoria-Noord in die saal gaan optree. Ons nooi al ons sport leerders en hul ouers uit om gratis na hom te kom luister. Sy boek sal ook na die optrede te koop wees.

Merietefunksie 2019
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig voor of op 6 September 2019. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Program vir die week

Maandag, 15 Julie:

  • Leef vir Christus week: Leerders: “Warior Rick”, 08H00 - 09H00, saal. Personeel: Jaco Strydom, 08H00 – 09H00, restaurant.
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 3), 14H15 -15H00.
  • Rugby: Engelse toerspan v/s 0/16 en 2de spanne, 15H00-17H00, Arugbyveld.
  • Algemene Ouervergadering: Konsep toelatingsbeleid, 17H30, saal.
  • Beheerliggaamvergadering, 18H00, restaurant.

Dinsdag, 16 Julie:

  • Leef vir Christus week: Leerlinge: Jaco Strydom, 08H00 – 09H00, saal. Personeel: Warior Rick, o8H00 – 09H00, restaurant.
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 4), 14H15 -15H00.
  • Gasvryheidstudies: Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Kultuur Akademie vergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.

Woensdag, 17 Julie:

  • “Be That Guy” Ontbyt braai, 05H00 – 07H00, klubhuis.
  • Leef vir Christus week: Leerlinge: Jo Black, 08H00 -09H00, saal. Personeel: Leroux du Toit, 08H00 -09H00, restaurant.
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies sluit om 14H00.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 5), 14H15 -15H00.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Landloop: Liga 1: Boys High, 14H30.
  • Motiveringswerkswinkel: Dr. Garrath Rosslee, 18H00, saal.

Donderdag, 18 Julie:

  • Leef vir Christus week: Leerlinge: Leroux du Toit, 08H00 -09H00, saal. Personeel: Nolan van Zyl, 08H00 -09H00, restaurant.
  • Noorderlig: Saaidag.
  • PN-Raad verkiesing: Bekendmaking van nominasielys.
  • Akademiese uur: graad 12 (Sleutel 6), 14H15 -15H00.

Vrydag, 19 Julie:

  • Leef vir Christus week: Leerlinge: Robbie Wessels en Gerhard Swart, 08H00 - 09H00, saal. Personeel: Lenette de Beer, 08H00 -09H00, restaurant.
  • PN-Raad verkiesing: Vetovergadering, 1ste pouse, personeelkamer.
  • Rapporte uit na ouers.
  • Wetenskap Ekspo: Interne Beoordeling, 14H00, K 14.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Pretoria-Noord “Old Boys”, 14H00, Krieketveld.
  • PNHS Revue: Noorderkruin Kunstefees, H/S Wonderboom.
  • PNHS Koor: Noorderkruin Kunstefees, H/S Wonderboom.
  • Sagtebal: Seuns v/s Sonitus, 14H30, tuis.

Saterdag, 20 Julie:

  • Sagtebal: Seuns v/s Akasia, 09H00, weg.
  • Wintertee: Gasspreker: Frank Opperman, 10H00, saal.

Aflaai aanhangsel

Terug