Omsendbrief 19/2019

Omsendbrief 19/2019

Administratief
May 27, 2019


Geagte ouers
Wintersport
Wintersport: Hokkie
  • Baie geluk aan ons hokkie met ‘n uitstekende seisoen. Ons skool eindig in geheel 3de in groep 3. Southdowns wat laaste geeindig het sal promosie relugasie speel teen H/S Overkruin wat die wenners van groep 4 was. H/S Sutherland wat eerste in groep 3 geeindig het sal promosie relugasie speel teen die skool wat laaste geeindig het in groep 2.
  • Besonder geluk aan ons 0/15, 0/16 en 2de spanne wat almal as ligawenners uit die stryd getree het. 0/15 en 0/16 sal nou verder aan die Tshwane uitspele deelneem.
Seuns Hokkie: Liga 4
  PNHS1 GM1 PNHS2 Langenh1            
Hokkie 1ste 1ste 2de 1ste            
Seuns 1 0 0 4            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4   1              
Verloor 0   3              
Gelyk 0   0              
Netbal: Diamand Liga: Liga 7: PNHS v/s Cornwallhill, 22 Mei 2019, tuis
  PN Corn PN Corn PN Corn PN Corn PN Corn
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 12 13 8 30 13 24 29 1 35 26
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 3 - 3 - 3 - 2 -
Verloor 3 - 4 - 4 - 4 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN Corn PN Corn PN Corn        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 17 9 25 18 10 17        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 4 - 3 -        
Verloor 4 - 3 - 4 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Corn PN Corn            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 21 7 22 2            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 6 -            
Verloor 2 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Netbal: Diamand Liga: Liga 8: PNHS v/s Wonderboom, 24 Mei 2019, tuis
  PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Netbal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/17A 0/17A 1ste 1ste
Dogters 27 8 22 21 21 14 13 23 37 28
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 4 - 4 - 3 - 3 -
Verloor 3 - 4 - 4 - 5 - 4 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 1 -
  PN Won PN Won PN Won        
Netbal 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Dogters 15 7 17 18 17 11        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 4 - 4 -        
Verloor 4 - 4 - 4 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
  PN Won PN Won            
Netbal 0/14C 0/14C 0/15C 0/15C            
Dogters 36 5 30 4            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 6 - 7 -            
Verloor 2 - 1 -            
Gelyk 0 - 0 -            
Rugby: Virseker Beker vir Groot Skole: Liga 3: PNHS v/s HTS John Vorster, 24 Mei 2019, weg
  PN JV PN JV PN JV PN JV PN JV
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 22 5 7 7 0 59 24 7 13 12
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 1 - 0 - 3 - 2 -
Verloor 1 - 1 - 3 - 0 - 1 -
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0 - 0 -
  PN Won PN Ov PN Ov PN Ov PN Ov
  0/14B 0/14B                
Rugby 10 24                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

Spelers van die wedstryd v/s Wonderboom:

  • 0/14 = Lucien Groenewald
  • 0/15 = Corné Coetzee
  • 0/16 = Nathan Stock
  • 2de = Duncan van Wyk
  • 1ste = Tinus Jacobs

Speler van die week: Duncan van Wyk

Baie geluk aan die volgende spelers wat deurgedring het na die volgende rondte van die Blou Bul Craven-week proewe:

Karabetswe Mpete en Uvian van der Colff

Tennis

17 Mei:

PNHS Seuns 1ste v/s Wilgers 1 weg. PNHS wen met 62 potte teenoor 5. Geluk aan Arno van den Heever (11-0), Anrich de Lange (9-2), André de Jager (11-0) en Francois Coetzee (11- 0), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se derde ligawedstryd, waarvan hulle drie wen.

PNHS 2 v/s Hillview 1. Hillview onttrek en stuur punte.

24 Mei:

PNHS Seuns 1ste v/s Hatfield Christian School 1, tuis. PNHS wen met 42 potte teenoor 18. Geluk aan Arno van den Heever (6-5), Anrich de Lange (8-3) en Francois Coetzee (9-2), wat hulle wedstryde wen. Dit was ons Seuns 1ste span se vierde ligawedstryd, waarvan hulle vier wen.

PNHS 2 v/s Tuine 1. PNHS verloor met 18 potte teenoor 59. Dit was ons 2de span se tweede ligawedstryd waarvan hulle een wen en een verloor.

Landloop

Baie geluk aan die volgende atlete wat opgeneem is in die Gauteng-Noord klub landloop span wat op 1 Junie 2019 aan die Interprovinsiale Landloop Kampioenskappe in Middelburg gaan deelneem: Carel Greyling, Xander Bronkhorst, Willie van Rooyen, Dylan McMaster, Marcolaine Kirsch, Chantal van Aardt, Izelle Ehlers, Carla Smith, Carla Bronkhorst, Joelien Greyling, Abigail Grobler, Natasha Sekisi, Megan Kilfoil en Kaylee Jordaan.

Krieket: PNHS v/s Zwartkop (vriendskaplik), 25 Mei 2019, tuis

Beide skole stel ‘n span saam bestaande uit vier 0/14, vier 0/15 en vier senior spelers. Zwartkop behaal 288 / 10 in 45 beurte. Goeie boulwerk deur: Dehan Martin 22 lopies vir 3 paaltjies in 5 beurte (brons paaltjie) en Ludwig Erasmus paaltjiewagter neem 5 paaltjies (brons paaltjie). PNHS volg op met 211 / 10. Goeie kolfwerk deur: Ludwig Erasmus 34 lopies (brons kolfie) en Zain Vorster 35 lopies (brons kolfie). Zwartkop wen met 77 lopies.

Skaak: Arnold Classic Toernooi, 17 & 18 Mei 2019, Sandton

Baie geluk aan ons junior skaakspan wat tydens hierdie toernooi ‘n derde plek en brons medaljes verower, hulle is: André Lamusse, Brian Felgate, Hannes Bothma, Sumarie Koen, Timmy Hulsman en Zander Seymour.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Janeco Coetzee wat Gauteng-Noord kleure verwerf in Lewensredding en ook aangewys word as die 0/14 Victor Ludorum.

Akademie: Graad 8 ASAT-toetse en Graad 9 JAT-toetse

Neem asseblief kennis dat die uitslae van hierdie toetse, gedurende die week aan leerders uitgedeel sal word. Maak asseblief seker dat u dit ontvang en hou dit asseblief om u behulpsaam te wees indien u graad 8-kind leerprobleme ondervind en u graad 9-kind vakke moet kies in die derde kwartaal.

Gedrag: Waarde gedrewe leerders:

Geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

Graad 8:

Christiaan Taljaard (Lojaliteit).

Graad 8 inskrywings 2020.

Na indringende gesprekke tussen die Hoof van die Gauteng Onderwys Departement en FEDSAS op Vrydag, 10 Mei 2019 is die aanlyn registrasie proses uitgestel tot Maandag, 20 Mei 2019.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 uitgestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 20 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 22 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 22 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 20 Mei 2019 tot Donderdag 23 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder

  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)

  • Laaste laerskoolrapport van u kind

  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Program vir die week

Maandag, 27 Mei:

  • Eksamen graad 8 – 12 begin

Dinsdag, 28 Mei:

  • Eksamen graad 8 – 12

Woensdag, 29 Mei:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Seuns Hokkie: Liga 5: PNHS 1 v/s Akasia 1, 15H00, weg

Donderdag, 30 Mei:

  • Eksamen graad 8 – 12.

Vrydag, 31 Mei:

  • Eksamen graad 8 – 12.
  • Hokkie Tshwane uitspele 0/15 om 13H00 en 0/16 om 14H00, TUT.
  • Rugby: Stadsbeker Liga 4: PNHS v/s Midstream College, 15H00, tuis.

Saterdag, 1 Junie:

  • Netbal: Tshwane Uitspele 0/14 – 0/18, 09H00, Curro Hazeldean.

Aflaai aanhangsel

Terug