Omsendbrief 14/2019

Omsendbrief 14/2019

Administratief
April 23, 2019


Geagte ouers
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 2: PNHS v/s Sutherland, 16 April 2019, weg
  PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth PN Suth
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 0 2 0 1 1 0 0 0 3
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 2 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 0 - 0 - 2 -
Gelyk 1 - 0 - 1 - 1 - 0 -
  PN Suth PN Suth PN Suth        
Hokkie 1ste 1ste 1ste 1ste 1ste 1ste        
Dogters 0 0 0 2 1 4        
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 -        
Verloor 0 - 1 - 1 -        
Gelyk 1 - 0 - 0 -        
Skaak: Liga 3: PNHS v/s Daspoort Secondary, 15 April 2019, tuis
  PN Ak PN Ak PN Ak PN Ak    
Skaak 0/15A 0/15A 0/17A 0/17A 0/19A 0/19A Dogters Dogters    
  3 1 2 1 1 4 2 0    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 1 - 3      
Verloor 1 - 0 - 2 - 0      
Gelyk 0 - 1 - 0 - 0      
Tennis

16 April

PNHS Seuns 0/15 A v/s Wonderboom 0/15A, weg. PNHS wen met 39 potte teenoor 28. Geluk aan: Lourens du Plessis (11-1), Owen Kuhn (11-0) en Charl Botes (6-5) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons seuns 0/15 se eerste ligawedstryd.

Graad 8 inskrywings 2020.

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2020 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2020 sal amptelik open op Maandag, 13 Mei 2019 om 08H00 en sluit op Maandag, 15 Julie 2019 om middernag. Enige aansoek na 15 Julie 2019 word geag as ʼn “laat aansoek” en sal deur die distrikte geplaas waar hulle spasie kan vind.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za en sal ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool het hierdie jaar sy kapasiteit bereik met oor ʼn duisend leerders en der halwe sal ons vir 2020 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is.

Ten einde die proses vir ons werkende ouers te vergemaklik sal ons navrae toonbank ook na ure oop wees vanaf 08H00 – 19h00 vir die inhandiging van inskrywingsvorms of hulp met aanlynaansoeke vanaf Maandag 13 Mei 2019 tot Donderdag 16 Mei 2019. U is egter welkom om op enige ander dag vanaf 13 Mei 2019 – 15 Julie 2019 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected]. Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Pos: Fasiliteitsbestuurder by PNHS

Geagte ouers neem asseblief kennis dat Mnr. Engelbrecht bedank het as Fasiliteitsbestuurder by PNHS. Met hierdie pos wat nou vakant raak, het die Beheerliggaam dit goed gedink om die pos binne ons eie gemeenskap te adverteer per omsendbrief. Hierdie is ‘n beheerliggaamaanstelling en die salarispakket is ‘n insluitende pakket van R 186 582 per jaar. Belangstellendes kan aansoeke rig vir aandag: Die Hoof. Heg asseblief ‘n CV aan. Aansoeke kan elektronies gestuur word aan: [email protected] of per hand ingedien word by ons navraetoonbank. Sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag, 23 April 2019 om 14H00. Posaanvaarding sal wees vir Maandag, 6 Mei 2019 of soos onderhandel.

Karnaval 3 Mei 2019

Soos u weet is ons Karnaval jaarliks ‘n hoogtepunt op ons kalender. Hierdie jaar is geen uitsondering nie en beloof om selfs verlede jaar se rekordgetalle te oortref.

  • Ons gaskunstenaars hierdie jaar is: Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall en Monique Steyn. Om hierdie kunstenaars almal op een aand op ‘n verhoog te hê is ‘n belewenis wat nie gemis kan word nie. Kaartjies vir hierdie konsert is reeds vrygestel en kos slegs R 100-00 per kaartjie.
  • Daar sal weer ‘n mallemeule wees met spesiale pakette vir Vrydagmiddag en Vrydagaand. Hierdie pakette is by die skool beskikbaar. Pakette vir Vrydag 10H00 – 14H00 is beskikbaar teen R 200-00 en vir Vrydagaand van 17H00 – 22H00 is beskikbaar teen R 250-00.
  • Ons kompetisieboekies is ook vrygestel. Kaartjies kos R 10-00 elk en reuse pryse kan gewen word met die trekking tydens die konsert: 1ste prys R 4000-00, 2de prys R 2500-00, 3de prys R 2000-00, 4de prys R 1000-00 en 5de prys 500-00.
  • Stalletjies vir verkope is ook beskikbaar teen R 1000-00 per stalletjie vir Vrydag. Belangstellendes kan skakel met Mev. A Pieterse by 012 546 6590 of per e-pos by: [email protected]

Ons wil weereens ‘n beroep op u as ouers doen om ons te ondersteun om weer ‘n reuse sukses van hierdie jaar se Karnaval te maak.

Program vir die week

Maandag, 22 April:

  • Skoolvakansiedag: Gesinsdag.

Dinsdag, 23 April:

  • Tennis: Dogters 0/15A v/s Wonderboom 0/15A, 14H30, Pretoria- Noord Klub.
  • Hokkie A-spanne oefen by TUT, 15H00 – 18H00.

Woensdag, 24 April:

  • Toetsreeks begin.
  • Akademiese uur: Graad 12 sleutel 6, 14H15 – 15H15.
  • Netbal: Liga 1 v/s Montana, 14H30, weg.
  • Hokkie: Seuns 1ste v/s Langenhoven, 14H30, weg.
  • Hokkie: Seuns 2 v/s Akasia, 14H30, tuis.
  • Akademie vir Leerder Prestasie vergadering,18H00, personeelkamer.
  • Krieket Akademie, Algemene ouervergadering,18H30, K 2.

Donderdag, 25 April:

  • Tennis: Seuns 0/15 A v/s Afrikaans Hoër Seuns, 14H30, Pretoria- Noord Klub.
  • Skaak liga 4 v/s Pretoria-Wes, 14H30, tuis.
  • Netbal: Liga 2 v/s Centurion, 14H30, weg.
  • Fotografieklub, 14H00, K 74.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.

Vrydag, 26 April:

  • Toetsdag.
  • Tennis: Seuns 2de span v/s The Glen, 14H30, weg.

Aflaai aanhangsel

Terug