Omsendbrief 11/2019

Omsendbrief 11/2019

Administratief
April 02, 2019


Geagte ouers

Baie welkom terug na die vakansie. Dit is ons gebed dat u en u kind ‘n baie geseënde Tweede Kwartaal sal beleef.

Lief en leed:
  • Ons neem afskeid van Mev. Schoonraad wat bedank het om haar eie naskool sentrum te begin.
  • Baie welkom aan nuwe personeel wat by ons aansluit: Mev. G McPherson wat oorgeplaas is van Germiston High om Mev. Schoonraad se pos by Lewenswetenskappe te vul, Mej. R Swart wat by graad 10 Rekeningkunde gaan inskakel en Mev. J Kriel wat vir ons gaan inskakel by graad 11 en 12 Rekeningkunde, beide in die plek van Mej. Muller wat vanaf 1 Mei ‘n pos by H/S Zwartkop aanvaar het.
  • Baie welkom aan studente wat hulle internskappe by ons doen: Mnr. A van der Merwe van die PUKKE by Tegnologie en IGO, Mej. C Nel van TUKKIES by MSW en Mej. J Reynecke van TUKKIES by LO.
Wintersport:
  • Geluk aan die volgende rugby spelers van die Wedstryd v/s Stoffberg op 9 Maart:
    0/14 - Francois Cohen
    0/15 - John Ford
    0/16 - Wynand Roos
    2des - Chris Brand
    1stes - Keano Geldenhuys
    Speler van die Week: Keano Geldenhuys.
  • Geluk aan die volgende netbalspeelsters wat deurgedring het na die Tshwane rondte vir die Gauteng netbalproewe:
    0/16: Sunette Kriel, Juanita Lindeque, Anuk Steyn en Chanzelle Swart.
    0/17: Amberlee Sutherland, Jansie Lindeque en Narissa Maritz
Beheerliggaam Tussenverkiesing, 2 April 2019

Geagte ouers neem asseblief kennis dat daar drie vakante portefeuljes op die Beheerliggaam is vanweë ouers wie se kinders verlede jaar gematrikuleer het. Die tussenverkiesing om hierdie portefeuljes te vul het plaasgevind op 2 April 2019 om 18H00 in die skoolsaal.

Baie dankie aan al ons ouers wat bygewoon het en ook aan al die kandidate wat hulself beskikbaar gestel het vir verkiesing.

Baie geluk aan Mnr. H Bronkhorst, Mev Z Ehlers en Mnr. F Janse van Rensburg wat verkies is tot die Beheerliggaam van H/S Pretoria-Noord.

Baie dankie vir ons uittredende lede: Mnr. F Knowles, Mnr. W Slabbert en Mev. M Booy vir hulle onbaatsigtige diens vir die skool oor die afgelope paar jaar.

PNHS 1 v/s Stofberg 1. PNHS 1 wen met 12 wedstryde teenoor 1. Ons skaakspan het 2 van hulle poelwedstryde gewen en 1 verloor.

Program vir die week

Maandag, 1 April:

  • Skoolvakansiedag.

Dinsdag, 2 April:

  • Personeelvergadering, 14H00, personeelkamer.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 17H00, personeelkamer.
  • Kortlystingsvergadering vir Departementshoof Rekeningkunde en
  • Departementshoof Praktiese vakke.

Woensdag, 3 April:

  • VLR vergadering, 14H00, K1.
  • Hokkie: A-spanne astro oefening, 15H00 – 18H00, TUT.
  • Mnr. en Mej. PNHS kleedrepetisie, 18H00, saal.
  • Kultuur Akademie vergadering, 18H00, personeelkamer.

Donderdag, 4 April:

  • Fotografieklub vergadering, 14H00, K 71.
  • Mnr. en Mej. PNHS, 18H30, saal.

Vrydag, 5 April:

  • Gasvryheidstudies graad 12, besoek aan Capitol Hotelskool, 08H00.
  • Interne Brugbou kompetisie, 14H00, saal.

Saterdag, 6 April:

  • PUK 16: Semi-Finales, 09H00, Delmas.vanaf PNHS. Terug op Woensdag, 20 Maart om en by 19H00.

Aflaai aanhangsel

Terug