Noorderlig

Noorderlig

Noorderlig is ‘n omgee groep, ouers sowel as onderwysers, wat fokus op leerder ondersteuning by Hoërskool Pretoria-Noord. Ons nooi enige iemand om betrokke te raak by hierdie inisiatief.


VISIE:

Noorderlig PNHS se visie is om ‘n groep te wees waar leerders se behoeftes raakgesien word, hulle menswaardigheid erken word en ‘n omgewing te skep waar leerders gelukkig kan wees.

MISSIE:

Noorderlig PNHS se missie is die beskerming en opgeffing van leerders in nood. Die kweek en instandhouding van Christelike waardes en morele standaarde. Om ‘n skoolomgewing te vestig waar elke leerder gelukkig kan wees en ondersteun word om sy volle potensiaal te bereik.

PROJEKTE WAT DIE NOORDERLIG JAARLIKS AANPAK:

  1. Maatskaplike werker en Jeugwerkers: Die skool beskik oor ‘n Maatskaplike werker, Me. Carla Samons en Jeugwerkers, Mnr. Willem Engelbrecht en Mnr. Dawid Moolman.
  2. Saaidag: Een saaidag per kwartaal vir nie-bederfbare produkte. Daar is ‘n deurlopende projek om nie-bederfbare produkte in geelemmers in klasse te sit. Elke onderwyser het ‘n spesifieke produk wat hulle insamel.
  3. Broodjies: Tans ontvang 45 leerders daagliks tydens eerste pouse broodjies in die gasvryheidstudiessentrum se kombuis. ‘n Netwerk van ouers maak dit moontlik.
  4. Kospakkies: Vrydae word kospakkies per gesin uitgedeel. Elke pakkie bestaan uit twee brode en 12 eiers (wanneer moontlik word langlewe melk saamgegee). Daar word addisioneel kos (wat beskikbaar is) en toiletware uitgedeel. ‘n Groot behoefte bestaan deurgangs aan pasta, rys, blikkieskos en toiletware. Die skool ontvang een keer ‘n kwartaal sanitêre doekies van die “Help Hetta projek.”
  5. Klerebank – Die Noordehoekie: Skoolklere is deurlopend beskikbaar. Sportklere word aan die hoofafrigters voorsien. Ons poog daarna dat alle leerders dieselfde moet lyk. Diensure is Maandae en Donderdae vanaf 7:00 – 8:00. Indien bogenoemde tye die ouers nie pas nie,kan hul die skool kontak en kontak besonderhede laat waarna daar met die ouer ‘n spesifieke afspraak tyd gereël kan word. Me. Antoinette (ouma Toy) en Noordehoekiespan is daar met opehande om te help waar hul kan.
  6. Dogtersbadkamer: Die badkamer is toegerus met spuitgoed, naelknippers en sanitêre doekies.
  7. Seunsbadkamer: Die badkamer is toegerus met spuitgoed, skoenpolitoer/borsels en naelknippers.
  8. Skryfbehoeftes: Elke klas het ‘n blikkie met skryfbehoeftes vir gebruik van alle leerders. Skrifte kan oorgetrek word in die Mediasentrum. Daar is ‘n volledig toegeruste mediasentrum tot die leerders se beskikking. In Januarie is daar altyd leerders wat gedurende pouse en na skool hul boeke kom oortrek.Daar is ook behulpsame medialeiers wat leerders help om boeke vir werk en ontspanning te vind en rekenaars waar leerders hul take kan tik en uitdruk.
  9. Matriekafskeid: Leerders word sover moontlik gehelp met uitgawes vir die matriekafskeid.
  10. Verjaarsdae: Die omgeeleerders ontvang ‘n koek, koeldrank en skyfies met hul verjaarsdag.
  11. Kersprojek: Aan die einde van die jaar word daar ‘n geleentheid geskep waar die leerders bederf kan word.
  12. Finansiële ondersteuning: Ons poog om leerders te help met uitstappies,aankoop van toerusting bv IGO sakke,ens

HELP OM ‘N VERSKIL TE MAAK EN KAN RAAK BETROKKE BY DIE PNHS FAMILIE:

Kontak Tanya Breytenbach (082 601 6878). (Voorsitter) Organiseerder Me. de Beer en Prins.

‘n Omgewing waar alle leerders veilig voel deur om te gee vir mekaar, ongeag jou omstandighede. PNHS, ‘n omgee omgewing.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad



Gallery



Terug