Netbal

Netbal

PNHS Netbal gee elke dogter die geleentheid om haar potensiaal uit te leef deur geesdriftige en kwaliteit afrigting.


Pretoria-Noord spog met vyf pragtige weervaste netbalbane met spreiligte. Die bane word gereeld opgegradeer en is ‘n aanwins vir ons skool.

Netbal is ‘n dames wintersport wat reeds vroeg in Januarie afskop. Die netbalspanne neem jaarliks deel aan die NWU-16 toernooi asook die Jubilee B liga wat saamgestel is uit 3 verskillende distrikte. Die O/15-span neem deel aan die Kay Motsepe toernooi. Die laaste wedstryde word begin Junie by die Tshwane uitspele gespeel.

Gedurende Augustus neem ons ook deel aan die Fast 5 liga.

NA DIE SEISOEN:

Ons is trots op die spanne wat deursettingsvermoë getoon het en in 2023 goeie prestasies gelewer het.

PNHS netbal verower ‘n algehele 4de plek by die NWU-16 toernooi.

Die O/15 A span neem deel aan die Kay Motsepe toernooi. Die span eindig vierde in die distrik en dring deur na die Gauteng uitspele.

Die volgende speelster het ‘n uitsonderlike prestasie behaal:

Nelmari Driescher: 0/21 West Rand – Netball Spar National Championships deelname.

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE:

Organiseerder: M. Lindeque

Afrigters: E. Fraser, L. Venter-Krüger, H. Louw, L. du Toit, M. van Coller, L. van Staden, J. de Lange, R. Portheine en E. Steyn.

Tegniese tafel:

T. de Beer asook PNHS Netbal Akademie



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Netbal - 2024

Die netbalseisoen van 2023 het vele suksesse opgelewer. Ons gaan beslis daarop voortbou. Ons netbalspanne oefen regdeur die jaar om te verseker dat ons fiks en gereed is vir die NWU-16 reeks asook die Jubilee B liga. Op 1 Februarie het ons ‘n suksesvolle ouer-netbal-inligtingsbraai gehad. Op 10 Februarie is dit ons groot interne proewe dag waar elke speelster die geleentheid kry om haarself te bewys. Ons bied ook met trots ‘n Laerskole Rugby- en netbaldag aan op 17 Februarie waar 0/13A speelsters deelneem. Hou asb ons kwartaalprogram dop vir verdere datums.

Ons sien uit na 2024 se netbalseisoen!


Gallery



Terug