Jukskei

Jukskei

“In die baai, pot!” Vir enige jukskeiliefhebber is dit die klank van oorwinning. Dìt is die klank wat jy by PNHS se jukskei sal kan maak en kan hoor!


Jukskei is ‘n 270 jaar oue eg Afrikaanse sport en word beskou as een van die moeilikste spansporte ter wêreld. Jukskei is deur die Voortrekkers gespeel so vroeg as 1743! Hulle het die skeie van die ossewaens gebruik om ‘n pen raak te gooi wat in die grond geplant is. Van daar het die sport ontwikkel en word in drie lande gespeel insluitend die VSA!

Jukskei is ‘n groot uitdaging, omdat twee spanne met vier spelers 23 punte bymekaar moet maak deur die pen om te gooi of om so na as moontlik aan die pen te kom. Om die pen om te gooi is drie punte werd. ’n Lê tel een punt. Sou ’n span meer as 23 punte aanteken, “bars” die span en moet hulle weer van 0 af begin. ’n Wedstryd word oor ’n maksimum van drie skofte gespeel en elke skof is vyf punte werd.

Jukskei oefening begin vroeg in die derde kwartaal en die ligawedstryde vind in September plaas. Hoërskool Pretoria-Noord speel vir die Gauteng-Noord Jukskei Unie en spog met talle leerders wat Gauteng-Noord asook Nasionale kleure vir Jukskei verwerf het.

Kom wees deel van al die pret!

(Na die seisoen)

Ons het onsself hierdie jaar oortref met uitnemende uitslae in ons liga. Presies waarna ons gestreef na 2 jaar se Covid-droogte.

Ons onder 19 A-seuns en onder 16-gemaengde span het beide die Gauteng-Noord liga gewen. Ons onder 19 A-seuns het as ligawenners voortgegaan en Gauteng-Noord verteenwoordig by die jaarlikse Noordvaal Kampioenskappe(voorheen Direkteurs Kampioenskappe) en het derde geëindig tussen al die Noordvaal distrikte. Hierdie is die hoogste skolevlak waar ‘n jukskeispan ‘n skool kan verteenwoordig.

Ons onder 19 B-seunspan en onder 16 A meisies het beide derde in die Gauteng-Noord liga geëindig, en met brons weggestap uit die liga.

Dit is voorwaar lekker om weer terug op die jukskeibane te wees, en daarmee saam het ons sommer vyf provinsiale spelers en een nasionale speler opgelewer. Sonder twyfel iets om op trots te wees.

Ons sien uit na die 2023-seisoen om voort te bou op ons juksei-sukses.

(Afrigters/personeel betrokke)

Organiseerder en afrigter:

Mnr. H. Jacobs

Mnr. Jacobs het sy blootstelling aan jukskei reeds in sy skooljare by PNHS gekry en sedertdien is dit ‘n sport wat hom na aan die hart lê. Hy self provinsiaal deelgeneem op skool en kon ook al die skool in 2013 by die Direkteurs Kampioenskappe verteenwoordig. Hy het in 2022 die onder 16-gemengde span en die onder 16 A-seuns afgerig.

Buite afrigters:

Mandy Sutherland

Mandy het vanjaar ons onder 16 A-meisies en onder 19 B-seuns afgerig. Sy is passievol oor jukskei en het self al op provinsiale vlak deelgeneem en op skool meer as eenkeer aan die Direkteurs Kampioenskappe deelgeneem.

Eric Reyneke

Eric is ‘n oudleerder van PNHS en kan met talle medaljes op sy rak spog, insluitend vanuit die skoleliga, provinsiaal vlak en selfs nasionale vlak. Eric het vanjaar ons onder 19 A-seuns afgerig.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus



Gallery



Terug