Gholf

Gholf

Ons nooi almal wat graag deel wil wees van die aktiwiteit, ook die wat wonder of hulle kan gholf speel.


PNHS skryf 4 spanne in vir die ligas en 1 span vir die PUK 16 week.

Ons neem deel aan die Pretoria Liga (Gauteng Noord) asook aan die PUK 16 reeks.

Jy benodig jou eie volledige stel gholfstokke.

Verslag aangaande gholf – 2018

Ons het 3 spanne wat aan die liga deelgeneem het. Ons het die jaar afgeskop met die PUK 16 span wat die eerste keer in die PUK 16 se geskiedenis die gholf afdeling gewen het.

Tiaan de Jager, Ivan Bouwer, Dylan McMaster en Cinteché du Plessis het ons skool se naam hoog gehou.

Die gholf liga het ons minder sukses behaal. Die eerste span het teen Brits, Hartbeespoort en Pretoria Boys High gewen, maar moes ongelukkig die knie buig teen AHS 6 en Menlopark.

Die tweede span kon net een wedstryd wen, en so ook die derde span.


Personeel


Mnr. CJC. Driescher

Mnr. D. Retief

Mnr. F. Venter

Mnr. G. van Aswegen

Mnr. H. Badenhorst


Gallery



Terug