Atletiek

Atletiek

PNHS-atletiek behaal groot suksesse in 2024 sover. Kom word deel van die span in 2024/2025 en behaal saam met ons nog hoër hoogtes.


Atletiek vorm ‘n integrale deel van ons skool se sportprogram in die eerste-, derde- en vierde kwartaal. Dit bied vir elke leerder ‘n geleentheid om betrokke te raak danksy die wye verskeidenheid items waaraan atlete kan deelneem.

Gedurende die seisoen bied ons ‘n Graad 8-byeenkoms aan vir ons nuwelinge, ‘n Interhuis byeenkoms waaraan elke leerder kan deelneem en verskeie ander vrienskaplike byeenkomste om ons atlete voor te berei vir die Pretoria Interhoër byeenkoms.

As skool kompeteer ons skool ook in verskeie elite byeenkomste regoor Suid-Afrika gedurende die jaar. Ons lewer gereeld atlete op wat hulself onderskei op provinsiale en nasionale vlak.

Atletiek bied ook aan elke leerder die geleentheid om by ons geesgroep betrokke te raak en so atlete te ondersteun en aan te spoor.

Kom word deel van die span!

AFRIGTERS / PERSONEEL BETROKKE.

Organiseerder: R Portheine.

Afrigters:
Naellope: R Steyn.
Middelafstande: C Goodinson, R Swart.
Hekkies: R Portheine, M van Coller.
Verspring: D Botes, G van Aswegen.
Hoogspring: N van Niekerk.
Gewigstoot: S Pretorius, F van Vuuren.
Skyfwerp: H Jacobs, G Snyder.
Spiesgooi: B Fourie, J Helena.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


ATLETIEK KWARTAAL 1 VERSLAG 2024

Atletiek vorm ‘n integrale deel van ons skool se sportprogram in die eerste-, derde- en vierde kwartaal. Dit bied vir elke leerder ‘n geleentheid om betrokke te raak danksy die wye verskeidenheid items waaraan atlete kan deelneem.

Lees meer


Gallery



Terug