Karnaval

Karnaval

PNHS bied jaarliks ‘n baie suksesvolle Karnaval aan. Mense kom van heinde en verre om die immergewilde Karnaval by te woon.


Die dag word geken aan die kleurryke mallemeule, smullekker kosstalletjies en handwerkitems wat te koop aangebied word. Die hoogtepunt van die Karnaval is egter die verskeidenheidskonsert wat die aand aangebied word.

Baie bekende kunstenaars was al op die PNHS verhoog en het skares van tot 6000 mense op hul voete gehad. Ons is trots om al name soos Steve Hofmeyr, Jo Black (oud leerder van PNHS), Ricus Nel, Riana Nel, Elvis Blue, Jay, Bok van Blerk, Nicolis Louw en nog vele ander aan ons Karnaval te koppel.

Skryf gerus die eerste Vrydag van Mei-maand nou alreeds in u dagboek neer om nie hierdie geleentheid te mis nie.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Karnaval Mei 2024:

Karnaval Mei 2024

Gallery



Terug