Junior stadsraad

Junior stadsraad

Die Junior stadsraad is ‘n organisasie wat terugploeg in die gemeenskap. Ons skool het 2 verteenwoordigers wat jaarliks ons skool op die Junior Stadsraad verteenwoordig


Die Junior stadsraad is ‘n organisasie wat terugploeg in die gemeenskap. Ons skool het 2 verteenwoordigers wat jaarliks ons skool op die Junior Stadsraad verteenwoordig. Daar is ‘n uiters streng keuringsproses wat ‘n paar genomineerde leerders van die skool moet ondergaan. Voordat hulle verkies word om die skool te verteenwoordig, voer die skool se dagbestuur ‘n onderhoud met die geïdentifiseerde leerders om seker te maak dat die beste kandidaat die skool se naam hoog sal hou. Die Junior Stadsraad bestaan uit sowat 40 van Pretoria se skole, almal bymekaar met net een doel end it is om die jeug van Pretoria te verenig.

Die leerders wat ons vanjaar verteenwoordig is Bea-Mae Lombard(graad 10) en Ulrich Gouws(graad 11). Hulle loots jaarliks fondsinsamelingsprojekte soos die Jeugbal, Mnr.en Mej. JCC, Algemene kennis vasvrae en ‘n sportdag. Hierdie is egter nie al nie, hulle het ‘n uitreikprogram regdeur die jaar waar verskillende organisasies besoek word wat nood vir heelwat mense verlig.

Die Junior Stadsraad het vanjaar ook ‘n broodknippie en doppie projek wat hulle soveel moontlik doppies en broodknippies wil herwin. Al die fondse wat ingesamel word gaan aan 2 organisasies wat dit broodnodig het naamlik CHOC (childhood cancer foundation) en Huis Gracia, ‘n kinderhuis wat in die hartjie van die Pretoria-Noord is. Indien jy voel jy doen te min kan jy gerus die vir Ulrich (072 314 9729) of Bea-Mae (072 752 5716) skakel rakende donasies en skenkings



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad



Gallery



Terug