Wintertee

Wintertee

PNHS se dames bied jaarlikse ‘n oggendtee aan wat getuig van styl en klas. Hierdie is ‘n tradisie wat al meer as 10 jaar deel is van die PNHS-geskiedenis en beloof om dames nog vir jare te bederf.


As daar nou een funksie is wat deur Kovid-19 in die wiele gery is, is dit ons spoggeleentheid, naamlik: Die Wintertee.

Die glansgeleentheid vind jaarliks gedurende Augustusmaand plaas. Ons reël ‘n gewilde gasspreker om met ons dames oor ‘n aktuele onderwerp te kom praat. Daar is verskeie gasvrouens- hoofsaaklik Ma’s wat aandui dat hulle ‘n tafel sal dek met hul beste teekoppies en koekbordjies. Dan word van hul verwag om nege dames te nooi om saam met hulle aan tafel te sit en die oggend saam as vriendinne te geniet. Die eetgoed word uit die kaartjieverkope wat die gasvrouens teen ‘n sekere bedrag moet verkoop, gedek. So almal ontvang dieselfde eetgoed. Gewoonlik word daar eers na ‘n besielende boodskap geluister en daarna kuier die dames oor ‘n koppie tee en verversings. Hierdie funksie is nie ‘n fondsinsamelingprojek nie. Dit is ‘n Saterdagoggend waar dames net kan ontlaai en weer gevoed word met goedvoeldinge.

Na die seisoen:

In 2024 maak ons weer van die Wintertee ‘n sukses.

Personeel betrokke:

Juffrou Du Toit en alle voogpersoneel wat briewe huis toe stuur en weer in ontvangs moet neem sodat daar vasgestel kan word hoeveel Ma’s aangedui het, wie wil as gasvrou optree.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Wintertee 2023 – wat ‘n wonderlike oggend was dit nie? Met Lizz Meiring as gasspreker kan mens nie verkeerd gaan nie! Sy het ons behoorlik laat lag en soms het ons ‘n traan of twee afgevee. ‘n Ongelooflike gasspreker is sy beslis. Ons pronk met talentvolle leerders wat ook deel van die oggend se program was. Nelmari Driescher het as ons seremoniemeester opgetree. Zander Kruger het ‘n sangitem gedoen en Anouk Janse van Rensburg en Mia Rynners het ‘n toneelstuk opgevoer om die dames verder te vermaak. Natuurlik het die belangstelling opslae gewek. In so ‘n mate dat van die gasvrouens weggewys moes word. Daar was 40 tafels met ten minste 10 mense aan elke tafel. Dankie aan alle gasvrouens en die anonieme borge waarsonder die spog geleentheid onmoontlik sou wees.



Gallery



Terug