Toneel

Toneel

Die toneelgroepe bring jaarliks tydens die PNNK (Pretoria-Noord Nasionale Kunstefees) top produksies op die planke.


TONEEL

In 2023 het twee splinternuwe tonele die PNHS-verhoog betree.

Meneer Augustine het die teks “Gedagtes van die toekoms” geskryf en juffrou Basson “Barbie – pienk perfeksie”. Daar was ook ‘n derde toneel naamlik “Die stoel” wat gesorg het vir komiese verligting. Hierdie tonele het ons op ‘n emosionele tuimeltrein geneem. Daar is gelag, gehuil en oogklappe het afgeval.

Na die seisoen:

Beide tonele poog om in 2024 deel te neem aan die ATKV-tienertoneelkompetisie en om weer talle toekennings te verwerf. Daar heers baie opwinding oor watter tekste en akteurs 2024 sal oplewer.

Afrigters / Personeel betrokke:

Juffrou A. Pieterse (orgeniseerder)
Juffrou C. Bronkhorst
Meneer B. Augustine
Juffrou M. Basson
Juffrou K. Avenant
Juffrou A. Van Niekerk


ATKV-TIENERTONEEL

Die toneel “Vida de Winter” wat verlede jaar vir die eerste keer op die planke verskyn het, het hierdie jaar deelgeneem aan die ATKV-tienertoneelkompetisie.

Buiten dat dit vet pret was, het PNHS ook naam gemaak. Die teks, geskryf deur juffrou Basson, het ‘n brons toekenning ontvang. Johan Jacobs, as dominee Frik Malherbe, het ook ‘n brons toekenning vir uitsonderlike spel verwerf. Shauwron Oliphant, die verhoog bestuurder, het ‘n silwer toekenning verwerf. PNHS is baie trots op hierdie akteurs en die onkonvesionele teks wat beslis ‘n mens se gedagtes prikkel.

Na die seisoen:

Beide die tonele van 2023 poog om in 2024 aan hierdie kompetisie deel te neem.

Afrigters / Personeel betrokke:

Juffrou M. Basson (Organiseerder)
Juffrou A. Van Niekerk
Juffrou K. Avenant



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus




Gallery



Terug