Revue

Revue

PNHS se revue sal enige kultuurliefhebber se tone laat omkrul van lekkerkry. Dit is geen geheim dat die vertonings iets vir almal inhou en dat die revue elke jaar oor ‘n tema beskik wat die gehoor se hartsnare ,op ‘n voelgoed wyse, roer nie.


Die oudisies word al vroeg in Februarie afgelê en daarna begin die leerders volstoom oefen. Die leerders oefen twee maal per week, Dinsdae en Donderdae, van 16:00-18:00

Saam met die danspassies, wat deur ‘n gekwalifiseerde dansinstrukteur uitgewerk is, om by die tema en storielyn te pas, word daar ook ‘n klankopname gemaak waar daar ongeveer twintig leerders gekies word vir die opname.

Dit is ook natuurlik gepas dat die leerders in die regte kostuums en gegrimeer is en daarom lyk die groep elke jaar spoggerig op die verhoog. Buiten vir die oefen, hou die revue hope pret en ontspanning vir die leerders in en word nuwe vriendskapsbande gesmee.

Kompetisies en optredes skop vroeg in die derde kwartaal af en die groep neem elke jaar deel aan Kaleidoskope (Staatsteater), Noorderkruin Kunstefees, Afrikaanse Kunsvereniging Pretoria Kunswedstryd, PNNK Talentaand, Tswane Jeugkunstefees (Staatsteater), die Wonderliggiefees en enige ander geleentheid wat oor hul pad kom, deel.

In die vierde kwartaal sluit die groep hul seisoen af met ‘n aand se genot by Barnyard wat met die jare ‘n revue-tradisie geword het. Maak los jou litte, laat spat met die blinkers en sing uit volle bors, want by PNHS se revue is dit ‘n fees om op die verhoog te wees.

Afrigters / Personeel betrokke:

Belinda van Vuuren (Choreograaf + eienaar van Studio 5)
Abagail Goldberg (Hulp- choreograaf)
Juffrou Basson (Organiseerder)
Juffrou van Niekerk
Juffrou Avenant



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Hierdie jaar was ‘n reuse sukses vir PNHS-revue. Daar is aan talle kompetisies deelgeneem en die skool se naam is deur die bank hoog gehou.

Die revue het onder andere deelgeneem aan Kaleidoskoop en die Revue Championships, waar ons beide kere vierde plek behaal het. Daar is ook aan die 8Beats- kompetisie deelgeneem. Verder het ons ook gepronk by die Tshwane Youth Arts Festival en die Wonderliggiefees. Die revue het hierdie jaar hulde gebring aan legendes van die musiekbedryf, onder andere Michael Jackson, Tina Turner, Britney Spears en ons eie Theuns Jordaan. Hulle skitterende kostuums het beslis uit gestaan tussen die res.

Na die seisoen:

Die revue-organiseerders voer reeds groot planne in die mou vir 2024 en streef daarna om net hoër hoogtes te bereik.



Gallery



Terug