Kunswedstryde

Kunswedstryde

Die leerders skryf jaarliks in vir drie tot vier kompetisies in om hul talente met die wêreld te deel.


Die kunswedstryde bied vir die leerders ’n geleentheid om in verskeie kulturele gebiede te presteer en te groei. Die leerders het ’n geleentheid om teen leerders in ander skole deel te neem, hetsy aanlyn of in persoon.

Daar is verskillende kategorieë waaraan die leerders kan deelneem. Kategorieë soos kreatiewe skryfwerk, sang en vele meer. Die leerders skryf deur die skool in en hou ook op só manier die skool se naam hoog.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Kunswedstryde stel die leerders in staat om hulle vlerke te sprei. Van voordrag tot teken, word daar ’n geleentheid vir elke leerder gebied om hulle kreatiewe kant te wys.

PNHS se leerders pronk behoorlik met hulle goeie prestasies. Die leerders het onderskeidelik die volgende prestasies behaal. Marioné Engelbrecht het drie goue sertifikate verwerf vir vokaal en ligte musiek. André en Beate Haarhoff het elk twee goue sertifikate verwerf vir poësie. Gabriella de Sa het vyf goue sertifikate verwerf vir gedramatiseerde prosa, prosa, karakteruitbeelding, monoloog en poësie. Anouk Janse van Rensburg het die prys van kategoriewenner ontvang vir poësie eie keuse. Sy is ook ’n medaljewenner en het nege goue sertifikate ontvang vir poësie, prosa en samespraak.

Cathleen Roets is ’n kategoriewenner vir prosa. Sy het ook 24 goue sertifikate verwerf vir kreatiewe skryfwerk, prosa, redevoering, poësie, eie skeppende werk, wys en vertel, redenaars, Engelse gedig, Bybelvoordrag, skilder, teken, onvoorbereide leer, waarneming en observasie. Mia Rynners is ’n medaljewenner vir monoloog en karakteruitbeelding. Sy het ook 19 goue sertifikate verwerf in poësie, gedramatiseerde poësie, monoloog en samespraak.

Ons sien uit na 2024 en die hoë hoogtes wat die leerders gaan bereik.



Gallery



Terug