Geesgroep

Geesgroep

“Al wat jy sien is die Vuurmasjien”, ‘n nuwe tradisie wat in 2018 by PNHS gestig is. Sou jy steeds wonder wie of wat die Vuurmasjien is, dit is die skool se eie gelukbringertjie of beter bekend as ‘n “Mascot”.


Die Vuurmasjien sal by elke denkbare geleentheid gesien word en is veral ‘n ondersteuner by sportbyeenkomste. Hy beeld die skool se veelsydigheid uit met sy sportiewe bou, bril en vriendelike voorkoms. Dit is ook ‘n simbool van die fakkel in die skoolwapen en daarom sal jy gereeld die Vuurmasjien met ‘n fakkel in die hand sien. Tydens die interhoër byeenkoms het die Vuurmasjien ‘n groep van ongeveer 300 rasieleiers en 12 dirigente wat die skool aanpor vanaf die pawiljoen. Hier word gesing en geklap en geskree en kan PNHS met trots sê dat hul die beste ondersteuners het. Die Vuurmasjien breek die hoërskool stereotipes en beeld uit dat daar ‘n plek vir elke leerder by PNHS is. Word daarom deel van die geesgroep en ondersteun die Vuurmasjien.

En onthou… “Gooi water, gooi sand, die Noord is aan die brand!”


Personeel


Me. M. Basson


Gallery



Terug