FAK / Afrikaanse ekspo

FAK / Afrikaanse ekspo

Hierdie kompetisie word deur die FAK geloods om die leerlinge verbonde aan skole of studente verbonde aan universiteite se kreatiewe denke vrye teuels te gee rondom ‘n tema.


PNHS behaal elke jaar puik prestasies in verskeie kategorieë. 2023 het beslis nie teleurgestel nie.

Barco Lombard aangewys as ons junior wenner. Hy verwerf dubbel goud en is ook aangewys as ‘n kategoriewennner vir graad 8 poësie.

Barco Lombard

Wian van der Heever, in graad 12, het twee goue sowel as een dubbel goue sertifikate verwerf. Hy is dus ook aangewys as ons senior wenner.

Na die seisoen:

Daar heers baie opgewondenheid oor wat die tema vir 2024 sal wees, en wat die leerders daarmee sal maak.

Afrigters / Personeel betrokke:

Juf. Du Toit en die Afrikaans Departement.



Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Die Internasionale Afrikaans Ekspo

Die kompetisie bied jaarliks vir skoliere en studente internasionaal die geleentheid om in die Afrikaanse Taal hul kreatiwiteit uit te leef. Ons leerlinge neem jaarliks deel aan die kompetisie. Op grond van die aantal inskrywings het ons skool al drie jaar agtereenvolgend as wenskool met die louere weggestap.

Ons spog ook met verskeie kategoriewenners.

Die afdelings waarin die leerlinge kan deelneem, is: kreatiewe skryfkuns soos opstelle, kortverhale, gedigte, dagboekinskrywings en resensies.

Dan is daar ook visuele uitbeeldings oor 'n bepaalde tema. Die kamera word ook ingespan om temas op 'n interessante manier te belig.



Gallery



Terug