Wetenskappe

Wetenskappe

Wetenskap is 'n vakgebied wat die algemene waarhede of die werking van algemene wette dek, soos verkry en getoets deur wetenskaplike metodes. Die vakgebied bemoei homself met die fisiese wêreld en sy verskynsels.


Natuurwetenskappe:

Graad 8 en 9:

Dit word as inleiding tot graad 10, 11 en 12 Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap bestudeer. Die grondslag word in dié fase gelê vir vedere studie. Die volgende onderwerpe word aangeraak:

  1. Die lewe en lewenswyse
  2. Energie en verandering
  3. Planeet aarde en daarbuite
  4. Materie en materiale

Fisiese wetenskappe:

Graad 10, 11 en 12:

Graad 10,11 en 12 Fisiese Wetenskap is die basis van verdere studie op tersiêre vlak in Chemie en Fisika. Daar word ook van die leerders verwag om die onderwerpe wat bestudeer word in die praktyk toe te pas. Die vak vereis dus wiskundige- en taalvaardighede van ‘n hoë vlak, bo en behalwe logiese denke. Indien ‘n leerder Wiskundige Geletterheid neem mag hy/sy nie Fisiese Wetenskappe neem nie. Die vak bevat die volgende onderwerpe:

  1. Meganika
  2. Golwe en lig
  3. Elektrisiteit en Magnetisme
  4. Chemiese verandering
  5. Chemiese stelsels

Vakaktiwiteite:

Brugbou Kompetisie

Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se brugboukompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem. Elke span ontvang 25 dun stokkies, gom en tou om ‘n baie sterk, maar ook mooi brug te bou. PNHS se leerders is ware brugbouers en dan is daar ook nog ‘n tydsbeperking om die brûe te voltooi.

Waterkompetisie

Jaarliks word daar aan Suid-Afrikaanse instituut van Siviele ingenieurs (SAISI) se waterkompetisie deelgeneem. PNHS hou eers ons eie interne kompetisie om te bepaal watter spanne kan aan die Noord-Gauteng kompetisie kan gaan deelneem. Elke span ontvang ‘n groot oppervlakte waarop 9 blokke geteken is. Drie watertenks word lukraak op die bloke geplaas en ‘n groot water reservoir hang aan ‘n stander met drie liter water in. Die span kry dan tyd om met plastiekpypies ‘n pyplyding te bou om elke waterteken presies met een liter water te voorsien.  Die probleem is dat al die pypies nie ewe dik is nie en die tenks nie ewe ver van die groot tenk af is nie.  Daar word jaarliks aan die Wetenskappe olimpiades deelgeneem

Lewenswetenskappe:

Hier LEEF ons, ons passie vir LEWE en die natuur uit deur gereeld op uitstappies te gaan en deurlopend praktiese ondersoeke uit te voer!!

Vakuitstappies:

  1. DIERETUIN-NAGTOER
  2. STERKFONTEINGROTTE EN MAROPENG
  3. Oornag in die museum


Vir die nuutste uitslae en nog meer foto's volg ons gerus op Facebook:
Facebook blad

Nuutste Nuus


Brugbou

Spanne 2024 wenners:
Posisie Span name Graad Massa van brug in gram Massa gedra tot breek in kilogram Hoeveel keer brug eie massa gedra het
1 Davie Pieterse
Righardt Beytell
James Ashby
11 267 gram 95 kilogram 35,5805243445693
2 Egin van der Wall
Dawid Briel
Prometheus Voyiztzakis
11 245 gram 62 kilogram 25,3061224489796
3 Kaleb Snyman
Mcayla de Klerk
Leine Erasmus
10 221 gram 55 kilogram 24,8868778280543
4 Dehan Joubert
Raygen Christie
Larissa Ellis
10 205 gram 50 kilogram 24,390243902439
5 Marx du Plessis
Rohan Louw
Euan du Plessis
10 307 gram 57 kilogram 18,5667752442997

Mooiste brug:

GP Engelbrecht, Regart van Tonder en Henrico van Tonder ( gr 10)



Gallery



Terug