Olimpiades

Olimpiades

By H/S Pretoria-Noord presteer ons nie net in die klaskamer nie, maar ook in Olimpiades. Ons neem jaarliks deel aan beide die Junior en Senior Afrikaanse Olimpaide sowel as die Lewenswetenskap en Wiskunde Olimpaides.


Ons het die afgelope twee jaar pragtige uitslae in beide die Junior en Senior Olimpiades behaal met Lize Britz wat in 2017, 2de nasionaal geëindig het in die Junior Afrikaanse Olimpiade en Lisa Kruger wat in 2018 derde nasionaal geëindig het in die Senior Afrikaanse Olimpiade. James Pretorius het ook Internasionaal Suid-Afrika verteenwoordig met Lewenswetenskappe. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom by dié groeiende aktiwiteit.


Terug