Gasvryheidstudies

Gasvryheidstudies

Gasvryheidstudies is ‘n opwindende studierigting en van die weinige rigtings waar ‘n leerder vanuit die skool in ‘n beroep kan instap.


Ons leerders is baie gewild by tersiêre opleidinginstansies as gevolg van hulle goeie basiese opleiding. Leerders word vakkundig toegerus met teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat hulle in staat stel om suksesvol in die gasvryheidsbedryf te wees.

SPESIALE VEREISTES:

Klasgetalle word beperk sodat leerders praktiese opdragte funksioneel kan uitvoer.

Uniforms ( sjefbaadjie, voorskoot en sjefhoed) word in gr, 10 aangekoop deur die leerders en word tot gr, 12 gebruik.

Kelnerdrag: swart skoollangbroek, wit langmouhemp, skoolskoene en ‘n strikdas.

VAKAKTIWITEITE:

Verpligte klasprakties gebeur weekliks en mag reeds voorskool begin en naskool aanhou. Tydens die prakties klasse oefen die leerders praktiese vaardighede wat dan tydens hul praktiese eksamen getoets word. ‘n Sjef van die week word gekies om die leerders te motiveer om hul beste te lewer tydens praktiese klasse. Leerders ontvang ook ‘n resepteboek wat hul gebruik vir praktiese klasse en mag hou.

Ons reël graag demonstrasies tydens praktiese klasse met plaaslike Hotelskole om leerders se fundamentele kennis oor die vak te verbreed. Anchor Yeast besoek die gr 10-leerders jaarliks om hul te leer brood bak. Hierdie is maar ‘n paar hoogtepunte om na uit te sien in Gasvryheidstudies.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:

Banketbestuur, voedsel en – drankbestuur,menslike hulpbronnebestuurder,restauranteurs, gespesialiseerde sjefs, funksie-koördineerder en spyseniering is maar ‘n paar rigtings.

Ons vak is net suksesvol met hardwerkende, verantwoordelike leerders wat bydra tot ons skool se beeld. Maak die regte vakkeuse en word deel van ons span.


Gallery



Terug