Omsendbrief 9/2020

Omsendbrief 9/2020

Administratief
March 09, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed:

Dit is met leedwese wat ons kennis geneem het van die afsterwe van twee van ons ouers, Mnr.WP Herbst pa van Rianco Herbst en Mnr. C.R.O. Leicester stiefpa van Michael Murray. Ons dra hierdie twee gesinne op aan ons Hemelse Vader en vra dat Hy vetroosting vir hulle sal gee met hulle groot verlies.

Interne English Evening, 3 Maart 2020, personeelkamer

Juniors:

Voordrag:

  • Nantes Niemand & Romart Henning (1ste)
  • Shauwron Oliphant (3de)

Toesprake:

  • Chanté Stander (1ste)
  • Chelsea van der Merwe (2de)

Seniors:

Voordrag:

  • Lize Britz (1ste)
  • Kayla Roets (2de)

Toesprake:

  • Lize Britz (1ste)
  • Megan Hayes (2de)
  • Maruché Smith (3de)
Wintersport: PUK 16: Poelwedstryd 1: H/S Delmas, 3 Maart 2020 (weg)

0/15 en 1ste spanne uitgestelde wedstryd

Skool PN Del PN Del PN Del PN Del PN Del
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 5 0 2 0 3 2 0 1 5
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0   0   0   1   0  
Verloor 1   1   1   0   1  
Gelyk 0   0   0   0   0  
Debat: Interne Debat, 4 Maart 2020, saal

Baie geluk aan die volgende spanne wat as wenners uit die stryd tree en die skool by die ATKV Debatkompetisie sal verteenwoordig:

Seniors:

Teenstanders:

  • Lize Britz en Shelieze van Deventer (1ste).
  • Marco Botha en Carla Bronkhorst (2de)

Voorstanders:

  • Anri Louw en Richard Davis (1ste)
  • Kayla Roets en Lenushke van Niekerk (2de)

Juniors:

  • Jemma Els, Cathleen Roets en Istelle Brand. (Slegs een span dring deur).
Atletiek: Gauteng Kampioenskappe, 6 & 7 Maart 2020, Ruimsig
  • Baie geluk aan die volgende atlete wat uitstekend vaar by die Gauteng Kampioenskappe deur plekke te behaal in die finales: Edie van Zyl goud (Hamergooi), Ryan Cilliers brons (spiesgooi), Kyle Engelbrecht 4de (Hoogspring), Lonique Beets 4de (Hamergooi), Chrissie de Beer 7de (Spiesgooi) en 8ste (Gewigstoot), Zain Vorster 8ste (Gewigstoot), Dylan McMaster 8ste (800M) en Amberlee Sutherland8ste (Gewigstoot) en 8ste (Spiesgooi)
  • Ook geluk aan die volgende atlete wat goed presteer in hul uitdun rondtes, maar ongelukkig nie die finales haal nie: Guillaume du Toit (100M), Stephan Steyn (800M), Stephan van Wyk (1500M), Cindy de Koker (800M) en (1500), Nelmari Driescher (400M), Sunéle Naude (100M) en (300MH), Abigaile Grobler (3000M), Chanthal van Aardt (5000M), Dané McNay (Verspring) en Kyle Engelbrecht (Verspring).
Wintersport: PUK 16: Poelwedstryd 2: H/S Oosterland, 7 Maart 2020 (weg)
Skool PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 3 1 2 1 1 3 0 0 0
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0   0   0   2   0  
Verloor 2   2   1   0   1  
Gelyk 0   0   1   0   1  

Spelers van die wedstryd: Nakita Horn (0/14), Annika Jacobs (0/15), Chané Flavell (0/16), Leandri Grobbelaar (2de) en Marné Driescher (1ste)

Skool PN Oost              
Hokkie 1ste 1ste              
Seuns 1 6              
Uitslae tot dusver                  
Gewen 1                
Verloor 1                
Gelyk 0                

Speler van die wedstryd: Andrew Durdle

Skool PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Netbal 15 19 37 5 28 14 32 2 33 8
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0   2   2   2   2  
Verloor 1   0   0   0   0  
Gelyk 1   0   0   0   0  
Skool PN Oost PN Oost PN Oost      
  0/14B 0/14B 0/15B 0/15A 0/16B 0/16B      
Netbal 26 1 29 1          
Uitslae tot dusver                  
Gewen 2   1   0        
Verloor 0   0   0        
Gelyk 0   0   0        
Skool PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost PN Oost
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Rugby 10 10 63 0 27 22 36 7 41 6
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1   2   2   2   2  
Verloor 0   0   0   0   0  
Gelyk 1   0   0   0   0  
Skool PN Oost PN   PN   PN   PN
  0/14B 0/14B 0/15B 0/15B          
Rugby 30 22           7  
Uitslae tot dusver                  
Gewen 1                
Verloor 0                
Gelyk 0                
PUK 16: Skaak

PNHS 1 v/s Oosterland 1. PNHS 1 wen met 13 wedstryde teenoor 8. Geluk aan André Lamusse, Charl Botes, Brian Felgate, Hano Erasmus, Jade Riley wat al hulle wedstryde wen.

Netbalproewe
Netbal: Gauteng Proewe, Tshwane rondte

Baie geluk aan die volgende spelers wat deurdring na die Tshwane rondte proewe:

0/14: Nika van der Westhuizen, Nadia Prinsloo, Qiana Herman en Bianca Nel.

0/15: Jacinda de Lange, Angelique Venter, Marang Mothupi, Mignon de Klerk en Nelmari Driescher.

0/16: Thuto Modise, Lerisha Coetzee, Hesmari Scholtz, Anmari Malan en Chrissie de Beer (11 Maart by Montana).

0/17: Anuk Steyn, Chazelle Swart en Danielle Pretorius (11 Maart by Montana).

0/18: Amberlee Sutherland, Danel Potgieter en Narissa Maritz (9 Maart Centurion).

Hokkie: Gauteng-Noord Proewe, 1ste rondte, 9 Maart 2020

0/14: Angie Hills en Nikita Horn.

0/15: Minna Pohlman, Annika Jacobs en Lené Nel.

0/16: Cassidy Kinnear en Arushka Gomes.

0/18: Wilma de Beer, Henrike Human, Jeanne Wernick en Kayla Pieters.

Voorkoms en Simbole

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons in ‘n groter wordende mate optel dat kinders eie borduurwerk op hulle “bench jackets” doen en selfs daarop skryf. Dit word glad nie toegelaat dat leerders so iets doen op enige van hulle skooldragstukke nie. Skooldrag is amptelik gepatenteerde drag wat aan ‘n skool behoort en daar mag nie daaraan verander word nie. Indien klere gemerk word, word dit aan die binnekant van sodanige kledingstuk gedoen. Ondersteun ons asseblief om hierdie euwel uit te roei, daar sal dissiplinêr opgetree word teen leerders wat hierdie reel oortree.

“Slimhorlosies”

Soos wat tegnologie ontwikkel so kring die grense van ons probleme ook verder uit. Dit is so dat slimhorlosies so ontwikkel het dat daar deesdae oproepe en ook SMSé daarmee gestuur kan word.

  1. Neem asseblief kennis dat dit teen die toets en eksamenreëls is om ‘n slimhorlosie tydens ‘n toets of eksamen te dra. Dit is onmoontlik vir ons personeel om eers elke leerder se slimhorlosie deur te gaan om te bepaal wat die funksies daarvan is, om te bepaal of dit vir oneerlikheid ingespan kan word aldan nie.
  2. Indien ‘n slimhorlosie dieselfde funksies as ‘n selfoon het geld dieselfde reëls daarvoor as ‘n selfoon gedurende ‘n gewone lesperiode.
Korona Virus (Covid-19)

Geagte ouer soos u reeds bewus is, is die eerste gevalle van die virus reeds in Suid-Afrika gediagnoseer. Ons sal graag dit wil hanteer vir wat dit is en algemene histerie wil verhoed. As skool sal ons graag tydige identifisering wil verseker en daarmee saam verspreiding tot die minimum wil beperk. Vir tydige identifisering kan ons gaan kyk na die WGO se riglyn vir algemene simptome wat die volgende simptome insluit: hoofpyn, hoes, kortasemheid / asemnood, spierpyn, koors en moegheid.

  • Ons versoek dat ouers hul kinders deeglik moniteer tuis.
  • Indien hierdie simptome geidentifiseer word, versoek dat u onmiddellike mediese hulp sal kry vir u kind.
  • Indien ‘n leerder of ouer gediagnoseer word met die virus dat die skool onmiddellik in kennis gestel sal word daarvan.
  • Aangesien die virus soos enige griep en verkoue versprei vra ons dat daar voorkomend opgetree word deur u kind te leer om voorkomende gedrag aan te leer soos gereeld hande te was, nie met hande aan of in die mond te vat nie, nie oë te vryf nie, kos, koeldrank te deel nie, hoes in die mou nie in die hand nie, verhoed fisiese kontak met ander selfs handskud. Indien moontlik hou maar ‘n botteltjie hand saniteerder byderhand en gee maar gereeld aanvullende vitamines.
  • Die skool sal van sy kant af poog om genoegsame en sterker seep in kleedkamers te voorsien en sal ook met leerders kommunikeer oor voorkomende gedrag.
Program vir die week

Maandag, 9 Mrt:

  • Karnaval bemarking, 08H00, saal.
  • 0/18 Netbalproewe, 14H30, H/S Centurion.
  • 0/14 Hokkieproewe, 14H30, Woodhill College.
  • 0/16 Hokkieproewe, 14H30, DSG St Mary’s.
  • 0/18 Hokkieproewe, 14H30, Hatfield Christian School.

Dinsdag, 10 Mrt:

  • Toetsdag.
  • Wêreldkennis Olimpiade inskrywings sluit, 14H00, by Afrikaanse personeel.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 3, 14H15 -15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11, restaurantaand, 18H15, restaurant.
  • Hokkie Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.

Woensdag, 11 Mrt:

  • Adissionele Akademiese uur graad 8 tot 11, 14H15 - 15H15, alle vakpersoneel beskikbaar.
  • Interne Vasvra, 14H15, K 17 – K 24.
  • Netbalproewe 0/16, 0/17 en 0/18, 14H30, H/S Montana.
  • Tennis: Dogters 1ste span v/s Crawford College, 14H30, tuis.
  • Tennis Dogters 2de span v/s Silverton, 14H30, tuis.

Donderdag, 12 Mrt:

  • Toetsdag.
  • Fotografieklub, 14H15, K.74.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 4, 14H15 - 15H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11, restaurantaand, 18H15, restaurant.
  • Tennis: Seuns 0/15 v/s Pretoria Boys High, 14H30, tuis.

Vrydag, 13 Mrt:

  • Interne Water Kompetisie, 14H15 - 16H00, saal.
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s H/S Akasia, 14H30, weg.

Saterdag, 14 Mrt:

  • PUK 16 Poelwedstryd 3: PNHS v/s Stofberg, 09H00, tuis.

Maandag, 16 Mrt:

  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 5, 14H15 - 15H15.

Dinsdag, 17 Mrt:

  • Fotodag, aktiwiteite 1ste kwartaal, 08H00, saal.
  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 6, 14H15 - 15H15.
  • 0/16 Netbalproewe, 14H30, H/S Montana.

Aflaai aanhangsel

Terug