Omsendbrief 7/2020

Omsendbrief 7/2020

Administratief
February 24, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed:

Ons verwelkom Mnr. J Vorster by ons skool wat vanaf 1 Maart by Mnr. T Kruger by Tegnologie en IGO graad 11, sal oorneem.

Byeenkoms: Overkruin, 21 Februarie 2020
  • Word ongelukkig uitgestel weens reën en donderweer.
  • Volgende byeenkoms is B-Bond Interhoër Donderdag, 27 Februarie 2020, by die Universiteit van Pretoria se LC de Villiers stadion. Die atlete vergader reeds om 06H35 in hul atletiekdrag in die skoolsaal waarna hulle per bus sal vertrek na LC de Villiers. Ons Geesgroep kom gewone tyd om 07H20 in die binneplein bymekaar in Vrydaghemp en swart kort / langbroek, waarna hulle per bus na LC de Villiers sal vertrek. Busses al terug wees by die skool om en by 19H00. Die skool sal gesluit wees vir die res van ons leerders, aangesien LC de Villiers net ‘n beperkte groep leerders van 250 per skool kan akkommodeer.
Tennis

19 Februarie:

PNHS dogters 1ste span v/s Rietondale, tuis. PNHS 1 wen met 59 potte teenoor 8. Baie geluk aan Nicole Bosman (10-2), Christel Mostert (10-1), Anke Stoltz (8-3) en Maruché Smith (10-1) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons dogters 1ste span se derde ligawedstryd waarvan hulle drie wen.

PNHS dogters 2de span v/s FH Odendaal 1, weg. PNHS 2 verloor met 28 potte teenoor 39. Baie geluk aan Lenushke van Niekerk (9-2) wat haar wedstryd wen. Dit was ons 2de span se tweede ligawedstryd waarvan hulle beide verloor.

Program vir die week

Maandag, 24 Feb:

  • Toetsdag.
  • Swem: D-Bond Interhoër, 14H15, Hillcrest. Busse vertrek om 12H30 vanaf PNHS.

Dinsdag, 25 Feb:

  • Gasvryheidstudies: Graad 11 kelneropleiding en PAT bespreking, 14H00, restaurant.
  • Geboue en Terreivergadering, 15H00, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.

Woensdag, 26 Feb:

  • Toetsdag.
  • Adissionele Akademiese uur graad 8 tot 11, 14H15 - 15H15, alle vakpersoneel beskikbaar.
  • Tennis: Dogters 1ste span v/s Southdowns 1, 14H30, tuis. Tennis: Dogters 2de span v/s Curro Roodeplaat 2, 14H30, weg.

Donderdag, 27 Feb:

  • Atletiek B-bond Interhoër, LC de Villiers stadion, 09H00. Atlete vertrek 06H15 en Geesgroep 07H20 vanaf PNHS. Skool gesluit vir res van leerders. Busse terug om en by 19H00.

Vrydag, 28 Feb:

  • Waardebalkie handtekeninge, voogperiode.
  • BBM, 12H00, maroelaboom.
  • Wintersport PUK 16: Poelwedstryd 1, PNHS v/s Delmas, 14H30, tuis.

Maandag, 2 Mrt:

  • Youth for Understanding South-Africa, 08H00, saal.
  • Karnaval verkope begin.

Dinsdag, 3 Mrt:

  • Adissionele Akademiese uur graad 12 sleutel 1, 14H15 - 15H15.
  • Gasvryheidstudies graad 12 restaurantaand, 18H00, restaurant.
  • English Evening, personeelkamer, 17H30.

Aflaai aanhangsel

Terug