Omsendbrief 42/2020

Omsendbrief 42/2020

Administratief
December 08, 2020


Geagte ouers
Graad 12 herskryf van Wiskunde en Wetenskap

Almal is reeds bewus van die polemiek rondom die herskryf van hierdie vraestelle soos bekend gemaak deur die minister van Basiese Onderwys op Vrydag, 4 Desember 2020. Neem kennis dat dit vir ons net so groot teleustelling is dat 99% leerders en skole wat geensins betrokke was nie, saam met minder as 1% gestraf word en dat ons leerders se uitmergelende jaar nog langer uitgerek word.

Ons advies is egter dat dit beter is vir ons leerders om te beplan en voorbereid te wees vir die herskryf van die vraestelle as om al ons hoop te plaas op moontlike hofinterdikte, wat moontlik kan slaag of nie. Lees ook FEDSAS se baie insigewende nuusbrief, soos vir u aangeheg. In die lig hiervan wil ons werklik ons leerders aanbeveel om hierdie gebeure eerder as ‘n geleentheid te beskou om punte te verbeter, as ‘n terugslag!

Datums vir herskryf, soos ontvang:

  • 15 Desember 2020 = Wiskunde vraestel 2 om 14H00.
  • 17 Desember 2020 = Fisiese Wetenskap vraestel 2 om 09H00.

Dankie ook aan ons personeel wat bereid is om ons graad 12’s te ondersteun in hul voorbereiding:

  • Me. Agenbag sal ‘n hersieningsessie vir die Fisiese Wetenskap leerders in die saal aanbied op 16 Desember 2020 vanaf 08H00 – 13H00.
  • Mev. Erasmus sal op Woensdag, 9 Desember 2020 vanaf 12H00 – 14H00, ‘n teorie sessie vir Wiskunde vraestel 2 in die saal aanbied.

Dieselfde sessie vir Wiskunde vraestel 2 teorie sal ook op Donderdag, 10 Desember 2020 vanaf 12H30 – 14H00 in die saal aangebied word vir leerders wat Woensdag moes voorberei vir Gasvryheidstudies van Donderdag.

Mev Erasmus sal ook op Maandag. 14 Desember 2020, vanaf 09H00 – 12H00 in die saal ‘n verdere hersieningsessie aanbied waartydens vraestel 2 uitgewerk sal word.

Rapporte graad 8 – 11 op 15 Desember 2020

Net die volgende inligting om die proses vlot en binne regulasies te laat verloop:

  • Slegs leerders sal toegelaat word by die Berglaanhek vir inteken.
  • Ten einde ‘n toeloop en verkeersopeenhopings te verhoed vra ons dat:
    Graad 8 en 9 hulle rapporte sal afhaal vanaf 08H00 – 09H00
    Graad 10 en 11 hulle rapporte sal afhaal van 09H00 – 10H00.
  • Rapporte word in voogklasse uitgedeel.
Beplanning 2021

Geagte ouer neem kennis dat ons op 15 Desember 2020 wel ook ‘n verdere skrywe sal laat uitgaan oor die hantering van die 2021 skooljaar.

Aflaai aanhangsel

Terug