Omsendbrief 37/2020

Omsendbrief 37/2020

Administratief
October 15, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 9 Oktober tot 15 Oktober2020

Ons is dankbaar om by die tweede laaste week van skool vir hierdie kwartaal te wees. Personeel is tans besig om finaal af te rond vir die jaareindassesering, wat in aanvang sal neem twee dae na die begin van die nuwe kwartaal. Maak asseblief seker dat u die asseseringsrooster asook werksafbakenings onder oë kry.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 78% vir graad 12, 93% vir graad 11, 93% vir graad 10, 92% vir graad 9 en 94% vir graad 8.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, geskeduleer is vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00. Met die verlaging van COVID regulasies na vlak 1 sal dit nie meer nodig wees om hierdie vergadering virtueel te hou nie en sal dit soos normaal in die skoolsaal plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer.

Volgens die nuutste sirkulêre van die hoof van die Gauteng Onderwys Departement, wat hierdie week verskyn het,word ‘n kworum van 15% nie meer vereis nie. Die vergadering van Dinsdag, 20 Oktober 2020 sal daarom voortgaan met of sonder ‘n kworum.

Ons is egter van mening dat hierdie sirkulêr eers bekragtig moet word deur gepromulgeerde regulasies van die LUR en indien dit nie voor Maandag, 9 November 2020 gebeur nie sal ons wel ‘n opvolg vergadering hou op Maandag, 9 November 2020 om 18H00 in die skoolsaal. Indien die promulgering wel voor genoemde datum plaasvind sal die vergadering van 9 November 2020 verval.

Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae. Ons voorgestelde begroting sal ‘n 8,7% verhoging van R 150-00 per maand oor 11 maande impliseer, dit is R 1800 per maand oor 11 maande of R 19 800-00 per jaar.

Agenda

Vir die Agemene Jaarvergadering wat gaan plaasvind op Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00 in die skoolsaal van H/S Pretoria-Noord.

  1. Opening en Verwelkoming - Mnr. H Bester
  2. Presensie - Mnr. H Bester
  3. Jaarverslag 2020 - Mnr. CJC Driescher
  4. Toelatingsbeleid - Mnr. S Samons
  5. Begroting en Goedkeuring - Dr. L Scholtz
  6. Afsluiting - Mnr. H Bronkhorst

Ouers wat bywoon, maak gebruik van die Berglaanhek, personeel sal beskikbaar wees om u in te teken. Parkering sal by die Maroelaboom en netbalbane beskikbaar wees.

Merietefunksie 22 Oktober 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

PNHS Gholfdag: 13 November 2020

Baie dankie vir juffrou Smith wat vir ons skool se gholfspelers hierdie jaar die haas uit die hoed gepluk het en wel vir ons kon voortgaan met die reël van ‘n gholfdag. Al is dit bietjie later in die jaar glo ons, ons gholfspelers sal baie hierna uitsien en beloof dit om weer iets besonder te wees. Dit sal plaasvind by Four Seasons baan op Brits op “gelukkige” Vrydag,13 November 2020. Vierbal-besprekings en putjieborge kan by Mev. Smith by [email protected] of by 071 609 4299 gedoen word. Bespreek maar eerder vroeer as later, ons verwag ‘n redelike toeloop van “Uitgehongerde” gholspelers.

Graad 12: Program
  • Die laaste week van skool, vanaf Maandag, 19 Oktober 2020 begin ons eindeksamen amptelik vir graad 12 en graad 12’s wat nie betrokke is by vraestelle nie sal bloktyd hê: 19 Oktober: LO 19 – 23 Oktober: Kuns Prakties 21 Oktober: RTT 22 Oktober: IT
  • Op 23 Oktober sal ons graad 12 leerders hulle 40 dae afsluiting hou, rapporte ontvang asook hulle afskeid uitnodigings.
  • Op 3 November 2020 sal ons graad 12 leerders hulle afsluitings kerkdiens hou in die vorm van ‘n inry-kerkdiens op die sportvelde.
  • Meer gedetaileerde inligting oor hierdie aktiwteite sal per omsendbrief aan u gegee word.
PNHS sport
  • Ons sportoefenprogram sal weer in aanvang neem op Maandag, 19 Oktober 2020. Dit sal die vorm aanneem van kondisionering in vaardighede, krag en beweeglikheid. Oefeninge sal plaasvind binne rotasiegroepe en slegs leerders wat binne die skool is sal daardie betrokke dae kan sport beoefen. Atletiekoefeninge sal vanaf 15H15 tot 16H15 plaasvind en wintersporte vanaf 16H15 tot 17H15. Sien asseblief aangehegte sportprotokol soos opgestel deur ons sportkoordineerder, Mnr. K van Rensburg.
  • Neem ook kennis dat ons hoofafrigter by tennis, Mnr. Sakkie van Niekerk, op Maandae vanaf 15H00 weer begin met sy afrigtingsessies op PNHS se tennisbane. Ons tennisspelers is almal welkom om aan te sluit vir hierdie gratis afrigtingsessies.
Program vir die week

Vrydag, 16 Okt:

  • Graad 8 -12 dag 2 groep A.

Saterdag, 17 Okt:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Graad 11: Wiskunde.

Maandag, 19 Okt:

  • Graad 12 eindeksamen – LO
    Graad 8 – 11, dag 2 groep B.

Dinsdag, 20 Okt:

  • Graad 12 eindeksamen – Visuele Kuns Prakties
    Graad 8 – 11, dag 3 groep A.
    Algemene Ouervergadering, 18H00, saal.

Woensdag, 21 Okt:

  • Graad 12 eindeksamen – Visuele Kuns Prakties Graad 12 eindeksamen – RTT Prakties
    Graad 8 – 11, dag 3 groep B.

Donderdag, 22 Okt:

  • Graad 12 eindeksamen – Visuele Kuns Prakties Graad 12 eindeksamen – IT Prakties.
    Graad 8 – 11, dag 4 groep A.
    Merietefunksie 2020

Vrydag, 23 Okt:

  • Graad 12 eindeksamen – Visuele Kuns Prakties. Graad 12 Fourty Days
    Graad 12 Afskeid uitnodigings
    Graad 8 – 11, dag 4 groep B.
    Skool sluit vir Oktober reses.

Maandag, 2 Nov:

  • Skool heropen
  • Graad 12 eindeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5 groep A

Aflaai aanhangsel

Terug