Omsendbrief 35/2020

Omsendbrief 35/2020

Administratief
October 07, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 2 Oktober tot 8 Oktober2020

Die skool is hierdie week deur die Gauteng Departement van Onderwys besoek vir ‘n geheel skool inspeksie met ‘n fokus op COVID 19 protokol en ontvang ‘n uitstekende verslag. Ons is dankbaar om te rapporteer dat ons graad 12 rekordeksamen suksesvol afgehandel is op Woensdag, 7 Oktober 2020. Ons skoolbywoning vir hierdie week was 100% vir graad 12, 91% vir graad 11, 93% vir graad 10, 92% vir graad 9 en 93% vir graad 8.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00. Met die verlaging van COVID regulasies na vlak 1 sal dit nie meer nodig wees om hierdie vergadering virtueel te hou nie en sal dit soos normaal in die skoolsaal plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Merietefunksie 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

PNHS Gholfdag: 13 November 2020

Baie dankie vir juffrou Smith wat vir ons skool se gholfspelers hierdie jaar die haas uit die hoed gepluk het en wel vir ons kon voortgaan met die reël van ‘n gholfdag. Al is dit bietjie later in die jaar glo ons, ons gholfspelers sal baie hierna uitsien en beloof dit om weer iets besonder te wees. Dit sal plaasvind by Four Seasons baan op Brits op “gelukkige” Vrydag,13 November 2020. Vierbal-besprekings en putjieborge kan by Mev. Smith by [email protected] of by 071 609 4299 gedoen word. Bespreek maar eerder vroeer as later, ons verwag ‘n redelike toeloop van “Uitgehongerde” gholspelers.

Graad 12: Program
  • Vanaf Donderdag 8 Oktober 2020 woon ons graad 12 leerders weer soos normaal skool by, beginnende met dag 5 groep A. Geagte ouers skoolbywoning van 8 Oktober 2020 tot Vrydag 16 Oktober 2020 gaan van kardinale belang wees vir ‘n graad 12. In hierdie tyd sal rekordeksamen vraestelle behandel word en probleemareas uitgestryk word. Dit sal die laaste geleentheid wees om af te rond vir die eindeksamen!
  • Die laaste week van skool, vanaf Maandag, 19 Oktober 2020 begin ons eindeksamen amptelik vir graad 12 en graad 12’s wat nie betrokke is by vraestelle nie sal bloktyd hê: 19 Oktober: LO 19 – 23 Oktober Kuns Prakties 21 Oktober: RTT 22 Oktober: IT
  • Op 23 Oktober sal ons graad 12 leerders hulle 40 dae afsluiting hou, rapporte ontvang asook hulle afskeid uitnodigings.
  • Op 3 November 2020 sal ons graad 12 leerders hulle afsluitings kerkdiens hou in die vorm van ‘n inry-kerkdiens op die sportvelde.
  • Meer gedetaileerde inligting oor hierdie aktiwteite sal per omsendbrief aan u gegee word.
PNHS sport
  • Dit is met groot opgewondenheid dat ons kennis geneem het van die Minister se afkondiging dat geen-kontak sport weer in aanvang mag neem. Ons is tans besig met beplanning vir atletiek asook kondisionering vir wintersporte binnne COVID 19 protokol en sal eersdaags ons oefenprogramme afkondig. Ons glo ons leerders kan nie wag om weer aktief te raak nie.
  • Neem ook kennis dat ons hoofafrigter by tennis, Mnr. Sakkie van Niekerk, sal eerskomende Maandag om 15H00 weer begin met sy afrigtingsessies op PNHS se tennisbane. Ons tennisspelers is almal welkom om aan te sluit vir hierdie gratis afrigtingsessies.
Program vir die week

Vrydag, 9 Okt:

  • Graad 8 -12 dag 5 groep B.

Saterdag, 10 Okt:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Graad 9: Afrikaans.
    Graad 11: Wiskunde.

  • Sessie 2: 09H30 – 10H45: Leerders meld om 09H00 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 09H30:
    Graad 10: Fisiese Wetenskap.
    Graad 10: Wiskundige Geletterdheid
    Graad 8: Afrikaans.

Maandag, 12 Okt:

  • Graad 8 – 12, dag 6 groep A.

Dinsdag, 13 Okt:

  • Graad 8 – 12, dag 6 groep B.

Woensdag, 14 Okt:

  • Graad 8 – 12, dag 1 groep A.

Donderdag, 15 Okt:

  • Graad 8 – 12, dag 1 groep B.

Vrydag, 16 Okt:

  • Graad 8 – 12, dag 2 groep A.

Saterdag, 17 Okt:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Graad 11: Wiskunde.

Aflaai aanhangsel

Terug