Omsendbrief 33/2020

Omsendbrief 33/2020

Administratief
September 25, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 18 September tot 25 September

Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk. Ons graad 12 se rekordeksamen verloop vlot en ons asseserings vir ander grade op Saterdae is op datum. Dankie vir almal se samewerking en opoffering om ons kinders se akademiese jaar te red.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 100% vir graad 12, 92% vir graad 11, 95% vir graad 10, 92% vir graad 9 en 93% vir graad 8. Ons skoolbesoek is uitstekend.

Akademie: Top 10 graad 8 en 9

Baie geluk aan die volgende leerders wat hulself onderskei het as die top presteerders in hul onderskeie grade:

Graad 8 Graad 9
1. Bea-Mae Lombard 93,1% 1. Marco J v Rensburg 92,9%
1. Juane Pretorius 93,1% 2. Nantes Niemand 92,7%
3. Nika van der Westhuizen 91,0% 3. Jemma Els 91,8%
4. Feane Reis 90,9% 3. IstelleBrand 91,8%
5. Fiona de Beer 90,2% 5. Taryn Hayes 91,4%
6. Meghan Daneel 89,0% 6. Lisa Langley 90,9%
7. Qiana Herrmann 88,0% 7. Kayla Jacobs 90,8%
7. Tenique van Vuren 88,0% 8. Carel Greyling 90,4%
9. Andre Haarhoff 87,7% 9. Eleni Trifyllis 90,2%
10. Ranchelle Viljoen 87,0% 10. Megan Delport 90,0%
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00. Met die verlaging van COVID regulasies na vlak 1 sal dit nie meer nodig wees om hierdie vergadering virtueel te hou nie en sal dit soos normaal in die skoolsaal plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Skoolkalender: 24 / 25 September 2020

Geagte ouers ons bevestig dat Donderdag, 24 September 2020, Erfenisdag is en daarom ‘n vakansiedag, maar dat Vrydag, 25 September 2020 weer ‘n gewone skooldag is volgens die amptelike skoolkalender. Dit is der halwe nie ‘n langnaweek nie. Daar is ook ‘n Toerisme toets geskeduleer vir Saterdag, 26 Septemember 2020. Doen asb. u beplanning hiervolgens. Vanweë ons program, tyd- en mannekragdruk is dit onmoontlik vir ons om individuele reelings te tref om leerders te akkommodeer.

Geagte ouers ons verneem ook dat die boodskap rondloop dat dit slegs skole is wat nie op datum is met hul akademiese werk nie, wat moet oop bly, dit is ‘n infame leuen. Soos u reeds sekerlik besef is PNHS een van die min skole wat juis op datum is met ons akademiese program as gevolg van verskeie opofferings. Die feit dat PNHS oop is op 25 September is as gevolg van ‘n direkte departementele opdrag, sien asseblief aangehegte skrywe.

Merietefunksie 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

PNHS Gholfdag: 13 November 2020

Baie dankie vir juffrou Smith wat vir ons skool se gholfspelers hierdie jaar die haas uit die hoed gepluk het en wel vir ons kon voortgaan met die reël van ‘n gholfdag. Al is dit bietjie later in die jaar glo ons, ons gholfspelers sal baie hierna uitsien en beloof dit om weer iets besonder te wees. Dit sal plaasvind by Four Seasons baan op Brits op “gelukkige” Vrydag,13 November 2020. Vierbal-besprekings en putjieborge kan by Mev. Smith by [email protected] of by 071 609 4299 gedoen word. Bespreek maar eerder vroeer as later, ons verwag ‘n redelike toeloop van “Uitgehongerde” gholspelers.

Program vir die week

Vrydag, 25 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6 groep B.

Saterdag, 26 Sept:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Toerisme, graad 10.

Maandag, 28 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1 groep A.

Dinsdag, 29 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1 groep B.

Woensdag, 30 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2 groep A.

Donderdag, 1 Okt:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2 groep B.

Vrydag, 2 Okt:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3 groep A.

Saterdag, 3 Okt:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Fisiese Wetenskap, graad 11.
    Wiskundige Geletterdheid, graad 11.
    Natuur Wetenskap, graad 8.
  • Sessie 2 09H30 – 10H45: Leerders meld om 09H00 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 09H30:
    Wiskunde, graad 10.
    Natuur Wetenskap, graad 9.

Aflaai aanhangsel

Terug