Omsendbrief 32/2020

Omsendbrief 32/2020

Administratief
September 17, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. Manie Swart. Ons dra sy gesin op in ons gebede.

H/S Pretoria-Noord 11 September tot 17 September

Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 99% vir graad 12, 92% vir graad 11, 92% vir graad 10, 93% vir graad 9 en 94% vir graad 8. Ons skoolbesoek is uitstekend baie dankie hiervoor, ons is besig om ons leerders se akademiese jaar te red des ondanks al die terugslae van die jaar.

Kultuur: FAK Afrikaanse Ekspo 2020

Selfs COVID 19 kon ons nie herdie jaar stuit met die Afrikaanse Ekspo nie en ons leerders het fluks aanlyn gewerk!

  • Vir die vierde agtereenvolgende jaar is H/S Pretoria-Noord as die wenner van die kompetisie aangewys met by die 300 inskrywings. Ons deel hierdie jaar ons eerste plek met H/S Goudveld.
  • Baie geluk aan die volgende kategoriewenners: Wian van der Heever (gr. 9) Dagboekinskrywing, Jandré Malan (gr. 10) Dagboekinskrywing, Juanita Lindeque (gr. 11) wen 2 kategorieë met Resensie en Opstel en Jansie Lindeque (gr. 12) Resensie.
  • Ilza Strydom oud-leerder wat tans by UNISA studeer is ook ‘n kategoriewenner vir studente met Dagboekinskrywing.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00. Met die verlaging van COVID regulasies na vlak 1 sal dit nie meer nodig wees om hierdie vergadering virtueel te hou nie en sal dit soos normal in die skoolsaal plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Skoolkalender: 24 / 25 September 2020

Geagte ouers ons bevestig dat Donderdag, 24 September 2020, Erfenisdag is en daarom ‘n vakansiedag, maar dat Vrydag, 25 September 2020 weer ‘n gewone skooldag is volgens die amptelike skoolkalender. Dit is der halwe nie ‘n langnaweek nie. Daar is ook ‘n Toerisme toets geskeduleer vir Saterdag, 26 Septemember 2020. Doen asb. u beplanning hiervolgens. Vanweë ons program, tyd- en mannekragdruk is dit onmoontlik vir ons om individuele reelings te tref om leerders te akkommodeer.

Merietefunksie 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

PNHS Gholfdag: 13 November 2020

Baie dankie vir juffrou Smith wat vir ons skool se gholfspelers hierdie jaar die haas uit die hoed gepluk het en wel vir ons kon voortgaan met die reël van ‘n gholfdag. Al is dit bietjie later in die jaar glo ons, ons gholfspelers sal baie hierna uitsien en beloof dit om weer iets besonder te wees. Dit sal plaasvind by Four Seasons baan op Brits op “gelukkige” Vrydag,13 November 2020. Vierbal-besprekings en putjieborge kan by Mev. Smith by [email protected] of by 071 609 4299 gedoen word. Bespreek maar eerder vroeer as later, ons verwag ‘n redelike toeloop van “Uitgehongerde” gholspelers.

Program vir die week

Vrydag, 18 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Graad 8- 11, dag 4, groep B.

Saterdag, 19 Sept:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Engels graad 9.
    Gasvryheidstudies graad 11.
  • Sessie 2: 09H30 – 10H45: Leerders meld om 09H00 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 09H30:
    Wiskunde graad 8.
    Lewenswetenskappe graad 10.

Maandag, 21 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 5 groep A.

Dinsdag, 22 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 5 groep B.

Woensdag, 23 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 6 groep A.

Donderdag, 24 Sept:

  • Skoolvakansie: Erfenisdag.

Vrydag, 25 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6 groep B.

Saterdag, 26 Sept:

  • Toetsdag
  • Sessie 1: 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Toerisme, graad 10.

Aflaai aanhangsel

Terug