Omsendbrief 31/2020

Omsendbrief 31/2020

Administratief
September 10, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 4 September tot 10 September

Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 87% vir graad 12, 93% vir graad 11, 90% vir graad 10, 92% vir graad 9 en 93% vir graad 8.

Geboue en Terrein: Vakature: Terrein assistent

Een van ons terreinwerkers het bedank, indien u bewus is van ‘n geskikte persoon wat werk soek, kan aansoeke ingedien word by Mev. Schantel de Wit by die skool se navraetoonbank of elektronies by [email protected]

  • Aansoeke sluit op Vrydag, 11 September 2020 om 14H00.
  • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 54 825-00 per jaar.
  • Posaanvaarding is 1 Oktober 2020.
Leierskap: PN Raad – inhuldiging en hoofleier-verkiesing

Baie dankie vir almal wat deel was van ons andersoortige inhuldiging en weereens baie geluk aan ons nuwe leiers en hulle ouers. Baie geluk aan ons hoofleiers wat gisteraand aangewys is:

Onderhoofleiers:

Leandri Grobbelaar
Wian Snyman
Marianca Muller
Eduan Maree

Hoofleiers:

Alexa Farrel
Elkan van Wyk

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00 op hierdie stadium sal dit noodgedwonge ‘n virtuele vergadering moet wees. Inligting oor prosedure vir registrasie sal nog deurgegee word. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Skoolkalender: 24 / 25 September 2020

Geagte ouers ons bevestig dat Donderdag, 24 September 2020, Erfenisdag is en daarom ‘n vakansiedag, maar dat Vrydag, 25 September 2020 weer ‘n gewone skooldag is volgens die amptelike skoolkalender. Dit is der halwe nie ‘n langnaweek nie. Daar is ook ‘n Toerisme toets geskeduleer vir Saterdag, 26 Septemember 2020. Doen asb. u beplanning hiervolgens. Vanweë ons program, tyd- en mannekragdruk is dit onmoontlik vir ons om individuele reelings te tref om leerders te akkommodeer.

Merietefunksie 2020: Aktiwiteite buite skoolverband

Enige provinsiale en nasionale prestasies vir aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief by juffrou Swanepoel in K 62 aangemeld word met bewyse vir meriete-erkenning.

Program vir die week

Vrydag, 11 Sept:

  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Graad 8- 12, dag 2, groep A.

Saterdag, 12 Sept:

  • Toetsdag
  • Sessie 1 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Lewenswetenskappe graad 11 (saal).
    Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis graad 8 (verskeie lokale)
  • Sessie 2 09H30 – 10H45: Leerders meld om 09H00 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 09H30:
    Sosiale Wetenskappe: Geografie graad 9 (verskeie lokale)
    Gasvryheidstudies graad 10 (saal)

Maandag, 14 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 2 groep B.

Dinsdag, 15 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 3 groep A.

Woensdag, 16 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 11, dag 3 groep B.

Donderdag, 17 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4 groep A.

Vrydag, 18 Sept:

  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4 groep B.

Saterdag, 19 Sept:

  • Toetsdag
  • Sessie 1 08H00 – 09H15: Leerders meld 07H30 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 08H00:
    Engels graad 9.
    Gasvryheidstudies graad 11.
  • Sessie 2 09H30 – 10H45: Leerders meld om 09H00 aan by Berglaanhek en toets begin stiptelik om 09H30:
    Wiskunde graad 8.
    Lewenswetenskappe graad 10.

Aflaai aanhangsel

Terug