Omsendbrief 29/2020

Omsendbrief 29/2020

Administratief
August 27, 2020


Geagte ouers
H/S Pretoria-Noord 20 tot 27 Augustus

Die week het sonder voorval verloop en daar word fluks gewerk.

Ons skoolbywoning vir hierdie week was 95% vir graad 12, 90% vir graad 11, 88% vir graad 10, 89% vir graad 9 en 90% vir graad 8. Ons skoolbesoek is goed, met graad 8 en 9 wie se skoolbesoek ook mooi verbeter het.

Geboue en Terrein: Vakature: Terrein assistent

Een van ons terreinwerkers het bedank, indien u bewus is van ‘n geskikte persoon wat werk soek, kan aansoeke ingedien word by Mev. Schantell de Wit by die skool se navraetoonbank of elektronies by [email protected]

  • Aansoeke sluit op Vrydag, 11 September 2020 om 14H00.
  • Salaris is ‘n insluitende pakket van R 54 825-00 per jaar.
  • Posaanvaarding is 1 Oktober 2020.
Graad 12 Afskeid

Geagte ouers soos beloof hier is ons terugvoer oor ons matriekafskeid. Na ‘n meningsopname onder ons graad 12 leerders is die volgende besluite bekragtig deur die Beheerliggaam se Uitvoerende Komitee gisteraand:

  • Ons graad 12 afskeid word geherskeduleer vir 12 Desember 2020, dit sal nou plaasvind by Villa Rosa.
  • Uitnodigings sal eersdaags uitgereik word aan ons graad 12’s.
  • Indien die regulasies rondom sosiale byeenkomste teen 23 November 2020 (twee weke voor die beplande afskeid) nog nie verander het nie sal die afskeid vir 2020 ongelukkig afgestel moet word en sal graad 12’s hulle funksiegelde terug ontvang.

Weens die onsekerheid wat maar bly hang rondom die geleentheid wil ons weer ons ouers versoek om nie buitensporige gelde daarop te spandeer nie, ‘n netjiese rok of pak wat reeds in die kas hang sal heeltemal voldoende wees.

Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2021 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 20 Oktober 2020 om 18H00 op hierdie stadium sal dit noodgedwonge ‘n virtuele vergadering moet wees. Inligting oor prosedure vir registrasie sal nog deurgegee word. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering en u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 20 Oktober 2020 is nie sal die vergadering op Maandag, 9 November 2020 plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Maandag, 6 Oktober 2020 vir insae.

Program vir die week

Maandag, 31 Aug:

  • Graad 8 – 12, dag 3 groep B.
  • PN Raad-Bekendmaking van die PN-Raad.

Dinsdag, 1 Sept:

  • Graad 8 - 12, dag 4, groep A.
  • PN Raad:-Observasie en diens.

Woensdag, 2 Sept:

  • Graad 8 – 12, dag 4 groep B.
  • PN Raad: Observasie en diens.

Donderdag, 3 Sept:

  • Graad 8 - 12, dag 5, groep A.
  • PN Raad: Observasie en diens.

Vrydag, 4 Sept:

  • Graad 8- 12, dag 5, groep B.
  • PN Raad: Observasie en diens.
  • PN Raad: dagkamp: 15H00 – 18H00.

Saterdag, 5 Sept:

  • PN Raad: dagkamp: 08H00 - 18H00.

Sondag, 6 Sept:

  • PN Raad: dagkamp: 08H00 – 13H00.
  • PN Raad: Hoofleierverkiesing.

Aflaai aanhangsel

Terug