Omsendbrief 27/2020

Omsendbrief 27/2020

Administratief
August 13, 2020


Geagte ouers
Heropening van H/S Pretoria-Noord

Na bestudering van die nuutste regulasies uitgevaardig deur die minister op 2 Augustus, bestudering van advies uitgereik deur FEDSAS en SAOU, asook die inagneming van die beste belang van ons leerders is daar in samewerking met die Beheerliggaam van H/S Pretoria-Noord besluit om ons heropening vir kwartaal 3 asvolg aan te pak:

   
Graad 9 17 Augustus (dag 4 groep B)
Graad 8 17 Augustus (dag 4 groep B)
H/S Pretoria-Noord 3 tot 13 Augustus

Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week 1 en 2 en graad 10 en 11 se week 1 terug by die skool sonder voorval verloop het en daar word fluks gewerk. Ons skoolbywoning vir hierdie tydperk was 90% vir graad 12, 79% vir graad 11 en 74% vir graad 10. Graad 10 en 11 se skoolbywoning wek kommer. Neem asseblief kennis dat daar ‘n beperkte hoeveelheid tyd is om werk af te handel voor die eindeksamen en leerders wat sonder rede nie skool toe kom nie benadeel hulself. Daar moet voluit gewerk word met die getroue leerders wat teenwoordig is. Alhoewel ons versoek dat leerders wat simptome toon eerder by die huis moet bly, is dit noodsaaklik dat gesonde leerders wel skool toe kom. U sou besef het dat aanlyn-onderrig onder geen omstandighede ‘n plaasvervanger vir ‘n onderwyser in ‘n klas kan wees nie. Hou ook in gedagte dat graad 11 punte gebruik word vir keuring by meeste universiteite.

3de en 4de Kwartaal skooldag vir graad 8 en 9

Geagte ouers ons het waargeneem dat met die graad 8’s en 9’s se terugkeer was daar redelike verkeersprobleme by die Berglaanhek as gevolg van die groot hoeveelheid verkeer by slegs een uitgang. Ons is egter verplig deur COVID 19 regulasies om slegs van een ingang en uitgang by die skool gebruik te maak. Ons wil poog om hierdie probleem aan te spreek deur ons senior fase, dit is graad 8 en 9 ‘n halfuur vroeër te laat uitkom, dws. om 14H30, vanaf hulle terugkeer op 17 Augustus.

Dissipline

Geagte ouers ons het reeds genoem dat dissipline vir ons gedurende hierdie tyd ononderhandelbaar is. Dankie vir 90% van ons leerders wat in hierdie verband absoluut hulle samewerking gee.

Ons het oor die afgelope tyd bietjie skiet gegee oor voorkoms in terme van die haarreëls omdat haarkappers nie oop was nie. Dit is egter so dat haarkappers nou weer ‘n geruime tyd oop is en is dit ons versoek dat ouers asseblief seker sal maak dat hulle kinders se hare en voorkoms voldoen aan die neergelegte skoolreëls.

Merietefunksie trofees

Alle leerders wat wisseltrofees ontvang het tydens die 2019-merietefunksie, moet hierdie trofees asseblief inhandig by juffrou du Plessis sonder versuim.

Program vir die week

Saterdag, 15 Aug:

  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin stiptelik om 08H00 tot 09H15:
  • Graad 12: Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.

Maandag, 17 Aug:

  • Graad 8 – 12, dag 4 groep B.

Dinsdag, 18 Aug:

  • Graad 8 - 12, dag 5, groep A.

Woensdag, 19 Aug:

  • Graad 8 – 12, dag 5 groep B.

Donderdag, 20 Aug:

  • Graad 8 - 12, dag 6, groep A.

Vrydag, 21 Aug:

  • Graad 8- 12, dag 6, groep B.

Saterdag, 22 Aug:

  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin stiptelik om 08H00 tot 09H15.
  • Graad 12: Lewenswetenskappe.

Aflaai aanhangsel

Terug