Omsendbrief 26/2020

Omsendbrief 26/2020

Administratief
August 04, 2020


Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. J Makau. Ons dra sy gesin in ons gebede.

Heropening van H/S Pretoria-Noord

Na bestudering van die nuutste regulasies uitgevaardig deur die minister op 2 Augustus, bestudering van advies uitgereik deur FEDSAS en SAOU, asook die inagneming van die beste belang van ons leerders is daar in samewerking met die Beheerliggaam van H/S Pretoria-Noord besluit om ons heropening vir kwartaal 3 asvolg aan te pak:

   
Graad 12 3 Augustus (dag 6 groep A)
Graad 11 11 Augustus (dag 2 groep B)
Graad 10 11 Augustus (dag 2 groep B)
Graad 9 17 Augustus (dag 4 groep B)
Graad 8 17 Augustus (dag 4 groep B)
Nuutste skoolkalender

‘n Hersiene skoolkalender is ook deur die Minister uitgereik op 1 Augustus wat ons beplanning aansienlik vergemaklik. Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums:

   
Kwartaal 3 3 Augustus 2020 – 23 Oktober 2020
- (Neem asseblief die datums in paragraaf 2 as die begin vir die verskillende grade)
Graad 12 Rekordeksamen 7 September 2020 – 7 Oktober
Skoolvakansie 24 Oktober 2020 – 1 November 2020
Kwartaal 4 2 November 2020 – 15 Desember 2020
Graad 12 Eindeksamen 6 November – 15 Desember

Ons sal poog om ‘n aangepaste kwartaalprogram so gou doenlik moontlik by u uit te kry. Sien asb. aangehegde kalender vir kwartaal 3.

3de en 4de Kwartaal skooldag
  • Geagte ouers ons het waargeneem dat met die graad 8’s en 9’s se terugkeer was daar redelike verkeersprobleme by die Berglaanhek as gevolg van die groot hoeveelheid verkeer by slegs een uitgang. Ons is egter verplig deur COVID 19 regulasies om slegs van een ingang en uitgang by die skool gebruik te maak. Ons wil poog om hierdie probleem aan te spreek deur ons senior fase, dit is graad 8 en 9 ‘n halfuur vroeër te laat uitkom, dws. om 14H30, vanaf 17 Augustus.
  • Ouers ons besef dat ‘n skooldag tot 15H00 bitter lank raak vir ons leerders en personeel. Ons rotasiestelsel, verlore tyd en langer pouses dwing ons egter om dit so te doen. Indien ons egter by ons beplande program kan hou sal ons egter in die 4de kwartaal weer kan terugkeer na ons normale skooldag tot 14H00. Ons vra ons leerders en personeel om nog vas te byt tot die einde van die 3de kwartaal. Die einde is in sig!
Leierskap: PN Raad - verkiesing

Die bestuursplan vir die PN Raad-verkiesing moes ongelukkig weer hersien word gegewe die skoolsluiting en die nuwe datums sal ook beskikbaar wees in die 3de kwartaal kalender.

Program vir die week

Maandag, 3 Aug:

  • Skool heropen vir Graad 12: Dag 6 groep A.

Dinsdag, 4 Aug:

  • Graad 12, dag 6, groep B.

Woensdag, 5 Aug:

  • Graad 12, dag 1 groep A.

Donderdag, 6 Aug:

  • Graad 12, dag 1, groep B.

Vrydag, 7 Aug:

  • Graad 12, dag 2, groep A.

Maandag, 10 Aug:

  • Skoolvakansiedag: Nasionale Vrouedag.

Dinsdag, 11 Aug:

  • Graad 10 – 12: Dag 2 groep B.

Aflaai aanhangsel

Terug