Omsendbrief 25/2020

Omsendbrief 25/2020

Administratief
July 27, 2020


Geagte ouers
Geskeduleerde toetse vir Saterdag 1 Augustus 2020

Neem asseblief kennis dat die toetse geskeduleer vir Saterdag, 1 Augustus 2020, wel nog voortgaan. Dit is graad 11 Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid 08H00 – 09H15. Dan sessie 2 graad 10 Engels 09H30 – 09H40. Dit sal al ons assesering vir die Tweede Kwartaal afsluit en verseker dat ons kinders presies op datum is, wanneer hulle vir kwartaal 3 terugkeer op 24 Augustus 2020. Die sluiting van skole, soos deurgegee in die vorige omsendbrief was gebasseer op ‘n vermindering van getalle binne die skole dit is waarom graad 12 wel na ‘n ruskans van 1 week weer terugkeer. Hierdie toetse is geskeduleer volgens hierdie beginsel. Ons vra om verskoning vir die miskommunikasie wat op: “whatsap”- groepe gedoen is en vra dat u begrip sal hê dat dit reaksie is op inligting wat ter elfder ure in die media gekommunikeer is en nie op ‘n amptelike kommunikasie van die skool nie.

Boeke in sluitkassies

Ouers neem asseblief kennis dat met die skielike aankondiging besef ons, ons A groep leerders se boeke kan nog in hul sluitkassies wees. Alhowel die skool weer gesluit is, sal Phillip weer vanaf Maandag 27 Julie tot Vrydag 31 Julie vanaf 08H00 – 14H00 diens doen by die Berglaanhek en leerders help om hul boeke te ontruim vir aanlyn onderrig.

H/S Pretoria-Noord 3de kwartaalprogram

Die dagbestuur het vanoggend ons 3de kwartaalprogram gefinaliseer. Ek het versoek dat dit so vinnig as moontlik via die D6 kommunikeerder aan ouers beskikbaar gestel word sodat ouers en leerders hulself solank kan orienteer ten opsigte van die skoolprogram wanneer ons terugkeer na hierdie sluiting. Dit is wel onderhewig aan verandering gegewe COVID 19 regulasies en kommunikasies van die Departement van Onderwys.

Leierskap: PN Raad - verkiesing

Die bestuursplan vir die PN Raad-verkiesing moes ongelukkig weer hersien word gegewe die skoolsluiting en die nuwe datums sal ook beskikbaar wees in die 3de kwartaal kalender.

Program vir die week

Maandag, 27 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Dinsdag, 28 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Woensdag, 29 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Donderdag, 30 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, Opstel van stembriewe.

Vrydag, 31 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, kontrole van stembriewe.

Saterdag, 1 Aug:

  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir inteken.
    Toets begin 08H00 tot 09H15.
  • Graad 11: Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 09H00 aan by Berglaanhek vir inteken.
    Toets begin 09H30 tot 10H40.
    Graad 10: Engels.

Maandag, 3 Aug:

  • Graad 12 skool heropen. Rotasie dag 6 groep A
  • Graad 8-11 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, kontrole van stembriewe.

Aflaai aanhangsel

Terug